by

Soms sien n ou maar net dit wat jy wil sien.

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

Gesonde jong mense is in hul hordes hier af Kaap toe om die Two Oceans marathon te gaan hardloop.

Suster se kind, sy vrou en kinders is ook hier af met kar en treiler. Goed gehardloop en op pad terug naby

Laingsburg bars die Venterwaentjie se band. Geen probleem, ruil net gou wiele om, maar toe vind hy uit sy spaarwiel

is gesteel daar waar hulle innie Kaap oornag het. Los n seun by die treiler en jaag in na Laingsburg, alles is toe.

Terug na die treiler, vrou en kinders is gatvol, pak alles oor in motor, “abandon” die treiler en ry terug Vrystaat toe.

Suster drink tee by my, sy  bel om te hoor hoe vorder hulle en vind toe uit van treiler. Ek vat die foon.

“Draai terug man,” se ek, ” ek sal die probleem oplos”.

” Nee Oom, hierie Kaapse mense wil nie help nie, nie eers die vrou by die garage nie, hulle gooi net petrol, verder niks en ken niemand nie. Dis n  regte  gattie plek daai.”

” Gee my vyf minute,” vra ek.

Ek bel die hotel, dis nie n heilige vakansiedag nie, die kroeg moet oop wees. Ek kry iemand op die lyn. Ja, hy ken van treilers,

sal hom nou gaan haal, het n spaarwiel te koop ook. Niks staan  vir sy hande verkeerd nie. Sal enigiets doen vir

n man in nood.

Ek bel die seun.

Ek: Draai terug, treiler is reg, hier is  ou Hennie se selfoonnomer.

Seun: Ek is al tagtig kilos weg, ek laaik nie daai dorp nie en ek laaik nie daai mense mense nie, en hy gaan my n fortuin vra. Ek hoor hoe die vrou en kinders in die agtergrond luidkeels saam met hom stem.

Ek: Daai treiler is R8,000 werd, draai terug.

Hy doen dit  en oor n uur of so bel hy ons terug.

Seun: Hy wil nie geld vat nie, Oom , die man is arm, was by sy huis, is baie arm. Hy se ek moet vir hom blesbokbiltong saambring as ek weer eendag verbykom. Hy wil glad nie geld vat nie.

Aan sy stemtoon kan ek hoor die seun het iets gesien wat hy die eerste keer heeltemaal mis gekyk het.

3 antwoorde op Soms sien n ou maar net dit wat jy wil sien.

  1. Dis seker die fout wat ons almal die maklikste kan maak, né, om mense of plekke so vinnig op te som en te dink ons is reg.

  2. lyk my Laingsburg trek probleme soos wat magneet ystervylsels trek.

  3. smella het gesê op Mei 2, 2011

    Mooi storie, diep, opregte mense in Laingsburg, dis duidelik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.