Die aarde het toe nie vergaan nie, maar dit gaan rof.
Mei 28, 2011 in Sonder kategorie
Die snare wat hier in Bloem van huis tot huis rondgedraf het met die boodskap dat ons onse tasse moet pak vir die wegraping,
is nou skoonveld. Soek seker nou weer huurhuise en karre.Die een ou en sy buddies moet glo n hotel duisende betaal
vir hulle naweek se bymekaarkomslag daar.
Maar dit gaan steeds wild hier op ons planeet. Net in my eie familie het in hierdie week n jong vrou n pothole geslaan, bakkie
het gerol en afgeskryf. Sy ly darem net aan skok. Nog n neef word van sy fiets af gery deur n wilde motoris, tragies
sterf hy later aan breinbeserings. n Jong man, broerskind, kom van die werk en n ellendige taxi swaai voor hom in, slaan
n pothole op sy motorfiets en val. Hy loop rond met verbande, maar het oorleef. Nog n jong man beland in n hospitaal
met n allergie vir n spinnekop byt, kry daar n weerstandige hospitaal kiem in die long en sterf na n paar dae.
Ja, ons verpleeg en begrawe jong mense, almal onder die veertig jaar oud, dis tragies, dis hartverskeurend, dis verkeerd.
Intussen spreek n paar polisiemanne n skool toe oor misdaad en veiligheid en n paar uur daarna word hulle self vir
verkragting van n 16 jarige meisie gearresteer, blykbaar van dieselfde skool. Nog twee senior polisiemanne word gearresteer
weens diefstal van derduisende rande se bewystukke uit die veilige pakhuis van die polisie.
Die premier van Limpopo spreek sy mense toe en bring hulde aan sy twee helde, Mugabe en Ghadafi, hulle is volgens hom reg en bewonderingswaardig. En Malema sing nog steeds terwyl ses mense in die hof getuig hoe hulle n jong plaasboer
sy vrou en n babadogter wreed vermoor het.
Maar die DA het veld gewen en n slim ou in die polisie maak n veselglas renoster met die moeder van alle renosterhorings.
Widdiewe gewaar hom om 2 uur op n donker nag en skiet hul magasyne leeg, maar hy wil nie val nie. Toe is die polisie op hulle
en dis oorlog; een dood en n klomp is gevang.
Nee, my vriend, ons moet nie tou opgooi nie, die goeie mense in hierdie land gaan nog wen, ons moet miskien net n bietjie meer hardegat ook word.
Onlangse kommentare