n Briefie in n boek.
April 3, 2011 in Sonder kategorie
Wanneer n boer sy plaas verkoop omdat sy seun nie wil boer en sy dogter se man nog minder; dan hou hy
lewensreg uit op die huis en n lappie grond om daar te bly tot hy doodgaan. Die nuwe boere het nie die huis
nodig nie, want hulle bly deesdae almal in die dorp.
So sterf n vriend van my twee jaar na sy vrou. Alleen het hy daar op die plaas gebly, uit eie keuse.Dogter in Kanada
en die seun in Australia. Het die afgelope jaar dikwels hier by my aangekom as hy die dokters besoek. Verlede maand
toe n week hier gebly, want hulle moes ondersoek en toetse doen, toe opereer en drie dae daarna is hy dood.
Ek bel sy suster daar van die hospitaal, iemand anders antwoord, die suster kuier in die Kaap, sal probeer om die
nommer te kry, want haar selfoon is af. Hy pas maar net die meenthuis op, is nie familie nie.
Ek stuur SMS na die seun, maar wat se n mens?. Bel my oor jou Pa, asb. Die dogter ook. My vriend se dood was
half onverwags, self vir die dokters. My vrou tref reelings, pak sy goedjies in, ek sit in n wagkamer met n boek wat my
vriend gelees het. “Fanie se veldskooldae”, geskryf deur PJ. Schoeman. Daar val n papiertjie uit, met potlood is
daar in bewerige handskrif groot geskryf:
in my lewe gesien hoe die winde waai net waar hul wil,
nooit uitgevind vanwaar dit kom
nooit uitgevind waarheen dit gaan
hom maar net gehoor en gevoel
altyd geweet daar is n Wind wat oor ons waai
en Hy waai net waar hy wil.
Ek hoor die een verpleegster vra my vrou,” Is dit die oorledene se broer wat daar sit?”
My vrou se, nee, net sy vriend.
In my gedagtes dink ek, ja, my broer, deur die Groot Wind word ons aangedryf soos tolbosse oor die vlaktes van die lewe.
Waarom en waarheen weet ons nie.
monicahaddad het gesê op April 3, 2011
‘n vriend in nood is ‘n broer…..
Neffertiti het gesê op April 3, 2011
Mooi loop!
Maankind2 het gesê op April 3, 2011
XXX
HeavyHenry het gesê op April 3, 2011
Nice!
Geitjie1 het gesê op April 3, 2011
Gelukkig was jy daar vir hom……….klink of hy maar alleen was.
Bileamsedonkie het gesê op April 3, 2011
Spreuke sê daar is ‘n vriend wat nader as ‘n broer is. Sulke mense is maar baie skaars vandag. Dankie vir jou omgee- dit maak ‘n verskil in die gang van die wêreld, al sien jy dit dalk nie so nie.
Ou-Top het gesê op April 3, 2011
Tyd vat vriende en familie stadigaan weg van jou, deur ouderdom, siekte, kinders se behoeftes,finansies en selfs die toestand van ons paaie.Naderhand is dit net jy,jou katel, jou bedkassie, jou brille, jou pille jou hond, jou Bybel, jou telefoon, en die windpomp daar buite.
As jy so iemand ken, gaan kuier of gaan haal hom vir n fliek, n basaar, visvang in n dam, n troue, enigiets, gaan haal hom net vir n dag. Selfs in die stad is daar baie sulke mense.
SuritaBotha het gesê op April 4, 2011
Trane in my oe vir al die ou mense wat sonder hulle kinders moet sterf oor die omstandighede in hierdie land
Planeet.Stander het gesê op April 4, 2011
Ai Ou Top, gaan gaan sommer hierdie week ‘n paar draaie ry wat agterwee geraak het.
bloukaap het gesê op April 4, 2011
dagsê Outop
loudavisi het gesê op April 9, 2011
xxx