by

Ek vrek maar ek bliksem.

Maart 17, 2011 in Sonder kategorie

In dieselfde  koerant lees ek vanoggend van skermunkle dokters en hul pasient. Die een dokter is aaangekla

dat hy valslik vir n man n sertifikaat  verskaf het dat hy kanker het en so het die pasient ewe fluks n polis van

R 5 miljoen vir ongeskiktheid laat uitbetaal. Die dokter en  sal seker van die rol geskrap word en hy  en sy pasient sal

seker ook vir jare tronk toe gaan vir bedrog.

Op die volgende bladsy is Schabir Schaik, n dokter het ook destyds vir hom n sertifikaat gegee dat hy terminaal siek is

en die tronk gelaat moet word om in vrede binne die volgende paar maande by sy huis te sterf. Dis al n paar jaar gelede

en wat doen Schabir? Nee, hy ontaard in n vurige gholfspeler en hy raak so sterk van al die oefening  dat hy sommer

n ander ou op die stoepe van die kerk laaitsout  bliksem.

Nee, ons beleef interessante tye hier.

9 antwoorde op Ek vrek maar ek bliksem.

  1. thenack het gesê op Maart 17, 2011

    Ja…Nee….kom ons gaan vang liewer vis

  2. louisna het gesê op Maart 17, 2011

    Hallo Top. Ja dit is eintlik belaglik.

  3. bloukaap het gesê op Maart 17, 2011

    iemand het iemand ‘n pampoen gerol voor-dood
    en
    iemand wat amper dood is rol pampoene
    Outop, dit klink my die groente tuin rank listig
    dalk moet iemand gif vir die luise spuit

  4. TS het gesê op Maart 17, 2011

    Iemand sê nou die dag dat die ANC die man nie in die tronk kan bekostig nie.

  5. Maankind2 het gesê op Maart 17, 2011

    Ek lag so hulpelose laggie…

  6. Ou-Top het gesê op Maart 17, 2011

    Nou praat jy Thenack, die babers en geel vis wil nou dikvreet vir die winterslaap. As ek so daar teen die Vaalrivier se walle onder n stokou wilgerboom sit met my lyne in die water,dan val die worries sommer weg. En as die visarend en die bosfisant roep, dan lag ek saggies, die mens kan maar hoer en remoer hier op aarde, God se goed bly staan. Hy kyk vir ons.

  7. Ou-Top het gesê op Maart 17, 2011

    Ja, daai listige stingels wat soos duwweljies in n vrugbare mielieland rank

  8. lisabeth het gesê op Maart 18, 2011

    Ja’k, en regte goeie mense gaan regtig dood want hulle kry nie sertifikate of goeie behandeling nie.

  9. thenack het gesê op Maart 22, 2011

    Dit klink soos ‘n plan, en ja, daar is wonderlike ontvlugting in god se skepping!

Los ’n antwoord vir lisabeth. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.