by

Vergewe die kinders wat hulle weet nie wat hulle doen nie.

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

As jy oorsee bly en n Ma en Pa in Suid Afrika het moet jy versigtig en oplettend te werk gaan met jou kommunikasie

middels. n Ou vriend kom kyk gister krieket saam met my, hy is nie sy gewone self nie, is gewoonlik opgewek, ingelig en

vol kwinkslae, n plesier om saam mee te kuier. Na die wedstryd klink ons n glasie op die Proteas se oorwinning. Toe kom die

die ding uit.

Hy en sy vrou het op Skype met die kind en kleinkinders gepraat. Toe groet hulle na n halfuur se praat, maar op een of ander manier het hulle daar oorsee nie afgeskakel nie. My ou vriend vertel bedroef.

Vriend:  Ek hoor iemand beveel: Now take of those stupid portraits from the wall, our friends are arriving now. Toe haal  my

seun die ou portette af, dis van ons en die plaas waar hy grootgeword het. Dit was so vinnig, ek wou keer, maar

my vrou het dit ook gesien en gehoor. Ek sou haar so graag dit wou spaar, man.

Ek sit daar en dink. Ek vertel hom wat eenkeer met my gebeur het met die selfoon. Ook gegroet en hulle het nie afgeskakel.

Maar ek was gelukkig, my vrou was nie by, en dit was nie so erg nie. Maar dit het my laat besef dat ek lastig kan raak.

Dat ek myself meer op die agtergrond moet skuif, dat die kinders hulle eie lewe nou het en moet aangaan.

Ek: Maar Piet, onthou jy nie toe ons jonk en vol dinge was nie. Onthou jy nog hoe ons gese het, ag nee donder tog, hierdie naweek hou ons paartie en nou wil Pa en Ma kom kuier. Onthou jy nog toe jy die oggend vir My Pa gese het

ek  is al weg klas toe, toe le ek met babelaas in die bed . Hy het gebel net voor hulle hom hospitaal toe geneem het.

Ons skink nog n glasie Drosdy low alcohol, twee glase  is ons limit, dan word ons vaak. Ons is oud, afgeleef, eenkant en vergete, ons pla mense al.

Toe drink ons ewe hardegat nog n glasie wyn en ons maak ons harte oop vir mekaar. Teen die tyd wat die vrouens

terugkom van waar hulle was, toe is ons alweer sterk en onafhanklik, het al klaar ons jagtrip vir die winter beplan en

ons gaan die vrouens vanaand bederf met n snoekbraai op my gasbraaier in die garage, want dit reen buite en die wereld is mooi, kyk hoe bars die granate oop van die reen, ons moet vir die vrouens gaan pluk en skoonmaak.

Ja, platgeslaan en opgestaan, ons het nog baie om voor dankbaar te wees, soos mooi en gesonde kinders en kleinkinders.

As hulle net n bietjie meer bedagsaam kan wees.

17 antwoorde op Vergewe die kinders wat hulle weet nie wat hulle doen nie.

  1. TS het gesê op Maart 13, 2011

    Sjoe dit moes seker niks lekker gewees het. Wonder net waarom die kinders verplig gevoel het om die foto’s in die eerste plek op te hang? Soms doen sê mens dinge om jou ouers te spaar, maar die is nie baie eerlik nie.

  2. Ja tog…kinders en hulse dinge.

  3. HeavyHenry het gesê op Maart 13, 2011

    Dis ‘n bietjie simpel – vir wat sit die ouens so aan – dis mos nie nodig nie!

  4. Ou-Top het gesê op Maart 13, 2011

    Ek het n ander ou vriend wie se vrou oorlede is en hy huur n woonstel in n semi ouetehuis. Sy plaas en ander bates is in n Trust en word alles verhuur. Hy kry elke Saterdag en Sondag besoeke van sy kinders, hulle bederf hom. In dieselfde ouetehuis sit oumense wat alles voor die tyd uitgedeel het, hulle word nooit besoek nie. Hulle vrek van eensaamheid. Die lewe is soms moerse simpel, ja. n Man moet net nie jou sin vir humor verloor nie.

  5. Dis sad. Ek dink kinders hou tog maar baie goed in ‘n kas wat net uitgestal word as ouers kom kuiers. Alles pas nie altyd by die dekor in nie 🙂 Dis soos daardie ongewenste geskenk wat jy per ongeluk na vyf jaar vir die gewer teruggee 🙂

  6. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Ek is bly dat jy ‘n ou vriend het en dat julle effe harregat raak (soms)
    Kinders het hulle eie lewens en ons probeer maar om nie in te meng nie.

  7. DapperMuis het gesê op Maart 13, 2011

    my hart is seer vir jou en jou pella..

  8. Geitjie1 het gesê op Maart 13, 2011

    Eina

  9. Vetjan het gesê op Maart 13, 2011

    Ou Top, die eintlike fucked up ding is dat die outjie hoegenaamd portrette en goed net vir die show agter op die muur sit, plaas almal is net hulleself.

  10. lisabeth het gesê op Maart 14, 2011

    Gee my jou seun se e-pos adres dat ek vir hom ‘n link na die blogs toe kan stuur want hy mis GROOT! Die Ingelse vrou sallie die blogs kan lees nie, en dit sal haar lykmy ook nie pla nie.

  11. Die boer in my is nou sommer bemoerd. Dink jou mater moet die volgende gesprek met die kinders afsluit met: “You may now take of those stupid portraits from the wall.”

  12. Maankind2 het gesê op Maart 14, 2011

    Ek huil nou, want ek was ook die week in geen onsekere terme vertel dat ek … toemaar.

  13. vuurklip het gesê op Maart 14, 2011

    Pa I

    wat was dit pa
    wat het jou laat kom
    na afrika?

    en hier ver van huis
    het jy my laat staan
    en toe doodgegaan

    dit was veels te gou pa
    want ek wou nog eers …
    sê dat ek van jou hou pa
    en met jou vriende maak pa
    en rondkinkink
    en biertjies drink

    maar nou is dit te laat pa
    te laat vir al die vrae vra
    ek wou nog soveel weet pa
    van jou
    en ma …

    saterdagaand 22 augustus 1992
    vuurklip

  14. perskepit het gesê op Maart 15, 2011

    Sjoe, dit het my nogal tranerig gemaak. Ek het ook oorsee gewoon en gewoonlik aspris die Skype aangelos sodat my ma kon sien wat ek en Kleinpit aanvang. Ek hoop tog my dogter is eendag so lief vir my soos wat ek vir my ma is.

  15. Ou-Top het gesê op Maart 15, 2011

    Hel man Vuurklip, ek wou dit ook nog vir my eie Pa gese het, alles wat is was al gewees. Ons moet onsself nie te veel ontstel nie. Eintlik is en was ons almal baie lief vir mekaar. Kyk maar wat maak n Pa as n buitestaander sleg praat van sy kind, en kyk maar wat maak n seun as jy sy Pa stamp en vloek.

  16. abrham het gesê op Maart 16, 2011

    ou top, ons draai saam met die aarde in sirkels om die son. lente,somer,herfs en winter is ona almal se lot. ‘n sirkel het nie ‘n begin of eindpunt nie. eendag hoop ek om saam met jou en piet ‘n dop te drink wat nie na nastergal proe nie. spooktrap.

  17. skaawagter het gesê op April 6, 2011

    Ons pa (van vyf dogters) sou op 31 Maart 100 jaar uod geword het. Nou skryf ons almal op wat ons van hom onthou, sit ou kiekies by; vra mense en familie uit oor hoe hulle hom ervaar het…miskien word dit n familieboek. Hy het darem twee jaar in n rystoel gehad om alles in orde te kry en vir ons vir oulaas te vertel oor sy lewe…motorneuronsiekte op 70.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.