by

Renostersindroom..

Maart 8, 2011 in Sonder kategorie

Daar is van nuwejaar tot vandag 56 renosters vermoor  en vermoorde boere het verlede week op 68 gestaan.

Ons loop dus nog los voor. Ons koerant, die Volksblad het op die voorblad vanoggend aangekondig van die renosters

en hoeveel organisasies en regerings departemente veg teen die renosterrowers. Die enigste organisasie wat

doeltreffend teen plaasmoorde kon optree is deur die regering tot niet gemaak, die ou Kommandostelsel.

Hoekom word renosters uitgeroei? Vele navorsing deur slim mense het bewys dis vir Oosterse mense met papwiele

n kitsoplossing, ook maak die drink van die gemaalde renosterhoring jou skatryk en gesond, jy beleef ongekende geluk. Dis in die mense se brein

gehamer. Die horings is duur, verskriklik duur en dus is dit n uitstekende  sakegeleentheid vir skermunkels.

Hoekom word boere vermoor? Die slimmes se dis maar gewone misdaad, maklike teikens. Ander se die vooraf benadeeldes

wil ons van die plase verdryf om grond soos in Zimbabwe ,verniet te bekom.

Die redes raak al minder van belang, die gevolge is wat tel.  Renosters word minder en wildboere wil nie meer daarmee

boer nie. Families van boere wat vermoor is, wil ook nie meer boer nie, hulle gee pad.

Dis waarom n ou boer van 68 jaar oud, volgens Flenters, koers kry na n land soos Georgie, daar is geen renosters nie

en daar is nog nie n boer op sy plaas vermoor nie. n Ou kan skoon begin en dalk in vrede en rus eindig daar tussen jou sonneblomme en jou beeste.

13 antwoorde op Renostersindroom..

  1. HeavyHenry het gesê op Maart 8, 2011

    “…die ou Kommandostelsel.”

    Hoekom kan mens nie sommer self die ding weer aan die gang kry nie – dit was tog in elk geval vrywilligers, en niemand kan mens keer om te in groepe te patrolleer nie…

  2. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Want dis by wyse van wetgewing verbied, is glo bang die ouens bring n soort weermag op die been, en eintlik is dit net n selfverdediging meganisme.

  3. Trakie het gesê op Maart 8, 2011

    Ek weet van een gebied waar ‘n kommandostelsel steeds in werking is, ten spyte daarvan dat wetgewing dit verbied. Moontlik is daar nog sulke plekke.

  4. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Kelkiewyn, jy het my dag gemaak, ek hoop daai manne byt vas, haal my hoed af, dis al hoe ons arme boere gaan oorleef.

  5. Neander het gesê op Maart 8, 2011

    Hierdie is ‘n tragiese blog, ou top.
    Jy moet onder aan elkeen kommentaar, dan kry hulle dit direk.

  6. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Dankie Neander.

  7. Blikskottel het gesê op Maart 8, 2011

    Die ergste vam alles is, is daat daar blankes is wat die hele ding probeer afmaak en hoop dat dinge sal regkom. Dit sal nie, daarom dat ons moet stry vir ‘n apart blanke volkstaat. Dar is geen ander manier vir blankes om suksesvol te wees op die lange duur nie.

  8. Vetjan het gesê op Maart 8, 2011

    Is daar ‘n webwerf of iets waar mens kan sien wie die 68 slagoffers is, of akkurate inligting kan kry?

  9. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    My vriend, daar sal in Afrika nooit n blanke volkstaat wees nie, en as daar een sou wees sal hy so getreiter word dat almal sal opgee. Nee, ons sal almal maar moet saamwerk, die goeie sal die slegte uiteindelik oorwin, as gelowige bid ek hiervoor. Die helfte van die blankes is goed en die helfte van swartes is goed, hulle sal oorwin. Maar ek is sommige dae swak en sleg, dan smeek ek my vrou om kliphard vir ons Psalm 91 te lees. Dan gaan ek weer aan, maar trek gaan ek nie trek nie, nie Volkstaat toe nie, nie Georgie toe nie, nie Australia toe nie, nie eers Weskaap toe nie, nee ek bly en stoei en val net hier waar ek is, in die middel van die Vrystaat. Tot die einde toe.

  10. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Agrisa en Solidariteit is al wat ek van weet, verder lees ek maar in koerante.

  11. Vetjan het gesê op Maart 8, 2011

    so waar presies kom die syfer van 68 vandaan?

  12. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Jy sal maar moet gaan soek Petrus, ek lees net die Volksblad, Sunday Times en die Lanbouweekblad. Dit is die laaste syfer wat in my kop vasgesteek het. Kan nie Stywe Lyne, Magnum of Weg wees nie.Sal jou laat weet na die volgende moord, staan dan gewoonlik in die koerant. Mind you, Nampo sal ook weet.

  13. Ou-Top het gesê op Maart 8, 2011

    Petrus Pap vra my vas oor plaasmoord statisieke. Wat ek wel kon vind is dat News 24 op 22 Februarie vanjaar berig het dat daar vanaf 1 Desember 2010 tot 15 Januarie 2011, dis oor n perode van n maand en n half, 60 boere vermoor is. Miskien kan slimmer mense as ek help.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.