by

Om jou kleinkind op te pas is het soms sy plesiere.

Maart 1, 2011 in Sonder kategorie

Die twee snare is vyf en agt jaar oud. Ek moet hulle vir drie ure besig hou by my huis. Hulle is woeilig en lewendig ,jong. Eers n bietjie teiken skiet met my stokou windbuks, onwettig natuurlik hier in die stad, maar darem teen n konkreet muur. Toe n DVD wat ek self uitgesoek het, ” Lake Placed” oor n wreedaardige krokodil so groot soos n bus.

Ons kou gemmerkoekies en drink Oros. Die fliek is kwaai, veral die kleitjie se oë is so groot soos pierings. Iewers in die fliek het iemand na die krokodil verwys as n ” ancient creature”.  Na die fliek wil die kleintjie by my weet.

 Kleintjie: Oupa, wat is n ancient creature?.

Oupa: My kind dis iets wat verskriklik oud is, hy het baie dinge oorleef en is stokoud.

Kleintjie sit n oomblik skeefkoppie en dink .

Kleintjie: Oupa, is Oupa n ancient creature?

Ek kan nie dadelik antwoord nie, want ek verstik half aan my gemmerkoekie.

Oupa, nadat hy klaar verstik en gelag het: Jy kan maar so sê my kind, Oupa is seker al n  ancient creature, ja.

Oudste kleinkind: Oupa wat is geloof, Oupa, hulle praat by die skool en in Sondagskool van geloof.

Ek haal die ou kinderbybel van die rak en wys hom waar die tienderjarige David soos n dwergie voor Goliath die Egiptenaar staan.

Oupa: Sien jy die knapie, hy het net n slingervel gehad, kyk hoe groot is Goliath en sy wapens. Hy het Goliath met een hou met sy slingervel, dis amper n ding soos n kettie, morsdood gegooi, Net met een klein ronde rivierklippie. En weet jy wat het hy die aand daarna om die kampvuur vir sy tjommies vertel.

Altwee in n koor:  Wat?

Oupa: Hy het vir hulle gesê hy was eers verskrilik bang, maar toe sit hy sy beste klippie in die slingervel terwyl hy hoor hoe lag ou Goliath vir hom, het vir hom soos  donderweer geklink.

In n koor terwyl hulle oë vasgenael is op die pragtige tekenprent:  Jis, Oupa, ek sou weg gehol het.

Oupa: Ja, David sê vir hulle  toe hy sien hoe groot en sterk ou Goliath is, toe skreeu hy sommer kliphard, ” Dankie Liewe Vader, dankie dat hy so groot is. Nou kan ek hom glad nie mis nie.  

Dis geloof my kind.

3 antwoorde op Om jou kleinkind op te pas is het soms sy plesiere.

  1. louisna het gesê op Maart 1, 2011

    Pragtig Top. Ek sien uit na die dag wat ek ook my eie derde geslag in my arms kan vashou.

  2. loudavisi het gesê op Maart 1, 2011

    Deur die oe van ‘n kind sien ons beter.

    Noudat ek ook een het, sien ek wat hy sien en so sien ek dinge wat ek lanklaas bewus van was.
    Ek beplan my middae met Ezra vooruit – na gelang van die weer. Not easy! Was vandag te warm vir die swembad, toe hou ons party in die sandput. …kosbaar!

  3. louisna het gesê op Maart 1, 2011

    Ek wens ook therina. Oudste word 25 en vry nog in die bondel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.