by

n Uitlander laat my stotter.

Februarie 13, 2011 in Sonder kategorie

Jy kry n soort mens wat n onderwerp fanaties kan navors, n soort beheptheid. Hierdie een kom uit Australia en is behep met ons land se geskiedenis en veral ons destydse bosoorlog.  Hy is werklik ingelig en het elke boek daaroor gelees . Nou wil hy by my weet.

” You did won the war, but why did you loose your country?”

Het ons die oorlog gewen?   Ek dink aan n senior ou in die Panster afdeling wat op n heuwel nie ver van Lauanda die hoofstad van Angola, gestaan het.  Hulle het net gewag vir n bevel dan sou hulle Luanda binne n dag oorrompel het. Toe kom n boodskap; draai terug. Verbeel die ou  het gesê van Pik Botha, toe na die Generaals en toe na hulle. Draai terug en kom huistoe.

Het ons die land verloor?  Ek weet nie, soms voel dit vir my so. Soms voel ek nee, ons gaan redelik aan hier. Dis anders nou, maar  daar voor in die wapad brand n lig.

n Land kan sy mense verloor, ja, want mense kom en gaan maar op hierdie aardbol.

Maar jy kan nie n land verloor nie, nee, die Soutpansberg, die Drakensberge, die Vrystaatse vlaktes, ou Tafelberg, die riviere en en die damme. Hulle is sterk en geduldig, hulle sal altyd daar wees. Die land sal altyd daar wees, dis maar net ons mensies wat soms hier kom rammetjie uitnek raak.

Gelukkig net vir kort rukkies, dan maak die land jou weer  mak of dood.

3 antwoorde op n Uitlander laat my stotter.

  1. Ek hou darem baie van alles wat jy skryf.

  2. Balans het gesê op Februarie 14, 2011

    Ek lees in ‘n ouer pos van Lds en Makwassie.
    Jy is seker al vroeg uit die omgewing?
    Ek was later lank genoeg daar om aangeme en onaangename herinneringe te he.
    Nogal waar dat die land jou leer en vorm.

  3. zephur het gesê op Februarie 14, 2011

    Ons het ‘ons land’ verloor maar nie die land nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.