by

Izak de Villiers skryf so mooi oor ons demokrasie en ons gesonde grondwet.

Februarie 5, 2011 in Sonder kategorie

Ek skep amper moed vir ons land toe ek gister Izak se stuk lees. Het eintlik gegaan oor hoekom vrouens minder verdien as mans vir dieselfde werk. Izak het waardering vir ons nuwe demokratiese land en ons grondwet wat almal gelyk stel.  Ek ook.

Maar iets pla my die hele nag , dis alles waar en mooi, maar hoekom voel ek steeds onrustig? Vanoggend het ek die antwoord vir myself gekry.

n Werklik demokratiese land is n land waar  indien een party die verkiesing sou verloor, die ander partye dit dadelik so sal aanvaar.

Nou kan ek met die beste wil in die wereld nie sien hoe die ANC dit sal aanvaar as Helen Zille of Buthelezi die verkiesing sou wen nie. Dit sal hier dan  veel erger gaan  as in Egipte of in Zimbabwe .

Op papier lyk alles dus goed en wel, maar miskien het ons inderdaad slegs n skyn demokrasie.

4 antwoorde op Izak de Villiers skryf so mooi oor ons demokrasie en ons gesonde grondwet.

  1. Jip, ons het ‘n een party k’Afrika demokrasie. En dit is nie demokrasie soos die res van die wereld dit verstaan nie.

  2. Ek stem saam Ou Top!
    Ons moet maar soetjies loop en fluister.

  3. Ou-Top het gesê op Februarie 6, 2011

    Ons moet seker maar hoop die ANC regeer vir ewig, miskien was Ou Kortbroek reg, if you cant beat them join them. Maar dan weer, ou Pik en Breyten en Andre Brink en vele ander het al klaar weer bedank as lede van die ANC.

    Die meeste Arikaners het egter deesdae die houding om maar toe te laat dat Gods water maar oor Gods akker loop. Om in n soort van n “survival mode” in te gaan en fatalisties tehoop vir die beste

  4. zephur het gesê op Februarie 8, 2011

    Die fliek goeters op Ouboet se blog…

    ‘I’ll be back’ – Terminator

    ‘Do you feel lucky punk’ – Dirty Harry

    ‘Houston, we have a problem’ – Apollo 13

    ‘Beam me up Scotty’ – Star Trek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.