My vriend is n miljoenêr en hy is besig om te vrek van die honger.
Februarie 2, 2011 in Sonder kategorie
Ons twee praat al weke hieroor en gister bring hy al sy bewyse . Ons sit by n tafel en ek maak sy somme. Hy vertou my, want van skool af was ek baie slimmer as hy.
Die ou het na sy aftrede met n paket van byna R1,600,000 sy huislening van R300,000 afbetaal en die res lekker veilig in n bank gaan belê om sonder bekommernis af te tree. Kinders klaar groot en almal uit die huis, net hy en die vrou en twee brakke.
Sy huis is vandag R1,000,000 (een miljoen) werd en hy skuld niks daarop. Hy het R 1,300,000 op vaste belegging by n bank wat mens dikwels op Noot vir Noot sien. Hy kry rofweg 7% rente per jaar. My vriend is dus R2,300,000 sterk, die huis se waarde en die belegging saam. Nie sleg nie, maar hoekom sukkel hy dan?
Ons begin op n kant, eers sy inkomste per maand. Die bank betaal hom 7% rente per jaar op R1,300,000 en dis R91,000 per jaar en per maand is dit R7,385. Daarop vat Jan Taks rofweg, 20% en los dus vir hom R5,908 per maand om van te leef.
Inkomste per maand =R 5,908
Sy uitgawes per maand.
Erfbelasting = R350
Sanitasie = R200
Telefoon = R400
Apteek = R450 ( vir goed wat nie deur sy mediese fonds betaal word nie)
Elektrieseteit = R1,600
Water = R350
Assuransie op huis = R275
Assuransie op losgoed in huis = R250
Assuransie op motor = R375
Lewenspolis = R300
Begrafnispolis = R100
Hondekos = R 80
Melk = R120
Petrol = R400
Begroot vir klere = R100
Onderhoud van motor = R250 ( Bande, diens en so aan)
Kruideniersware en waspoeier = R900
TV Lisensie = R25
Wegry van blare, takke ens. = R30 ( hy kan nie self asgate toe gaan nie, laas beroof daar, het nie meer n selfoon nie)
Verf van geute, of huis, krane ens.= R100
Koerant = R110
Kerk =R 80 ( R10 per Sondag per kop)
Maalvleis = R320
Mieliemeel = R45
Een pampoen = R24
Een koolkop = R 6
Hoendervlerkies = R32
Eeen pakkie hoenderlewer = R8
Totale uitgawes = R7,600
Tekort per maand = R 1,692
Ek sê toe hy moet die huis verkoop, die geld belê en net op sy rente leef. Hy sê ja, hy het dit getraai, maar die ouetehuis vra hom en sy vrou saam R10,400 per maand, kos ingesluit. As hy die huis verkoop en die eiendomsagent betaal het, bly daar R920,000 oor en die bank betaal hom rente daarop van 7%, dis R 64,400 per jaar en nou val hy wat inkomste betref in n ander bracket by Jan Taks.
Hy het nou R1,300,000 van die eerste belegging en R920,000 van die huis, dis R 2,220,000-00 op vaste belegging. Teen 7% gee
dit nou R 155,400 per jaar en dus R 12,950 per maand waarvan die tax nou 25% vat, daar bly dus R9,713 per maand oor vir hom en sy vrou.
Die ouetehuis vra R10,400-00 per maand en hy het net R9,713. Hy kan dit nie doen nie.
“En ” sê hy , ” die veearts vra R250 om n hond uit te sit, ons het twee ; en die lorrie vra ons R2,000 om die meubeltjies te skuif na die ouetehuis se woonstel. Ons moet nog apteekgoed koop en darem n melkie of koffie vir die woonstel, en ek moet n koerant met almal daar deel.”
Hy sit n oomblik stil en dink. Dan sê hy. ” En die huur daar gaan elke jaar met 8% op, as n ou langer as n jaar daar leef is jy diep in die skuld, so jy moet voor die begin van die tweede jaar sterf . As ek gelukkig is en in die eerste jaar wegval, kry my vrou darem die lewenspolis, dan kan sy so vyf jaar aangaan, maar dan moet sy ook maar die emmer skop of sy sit op straat.”
Genade mens, die lewe het verander. Seker die lat ek op 62 nog werk.
Maankind2 het gesê op Februarie 2, 2011
In ons kringe is dit presies wat met baie mense die geval is. En van jou kapitaal kan jy nie sommer net begin leef nie, wat as hulle nog 20 jaar leef? Waar sou die snypunt wees waar hulle dit kon begin doen?
louisna het gesê op Februarie 2, 2011
Miljoener vandag beteken niks.
Kantelson het gesê op Februarie 2, 2011
Sjoe, dit laat mens dink oor voorberei vir die oudag! Ek hoop jou vriend kry ‘n uitweg.
rosiemetdorings het gesê op Februarie 2, 2011
mens moet deesdae so lank as moontlik bly werk, daar is net nie ‘n ander keuse, geld se waarde val net te vinnig.
loudavisi het gesê op Februarie 2, 2011
Dit kos fyn beplanning om dit so uit te werk, Ou Top. Ek sal dus nie sommer kan aftree nie…ai! Ons makelaar het laasweek seker 3 keer vir ons besoek om sommetjies te maak. Dit lyk nie goed nie.
raymond 2009 het gesê op Februarie 2, 2011
Dit is n skande dat n mens sy hele lewe werk om op sy oudag te sukkel.
Die rente wat die banke betaal is diefstal as jy in ag neem die bank koste wat ons betaal en geldmorsery van die banke.
Ek het verlede jaar duisende rande spandeer om kort termyn beleggers te trek teen 16% rente maar elke advertensie het langsaan n berig gehad waar bedrog met beleggers se geld gepleeg is.
maryke-anne het gesê op Februarie 2, 2011
Oh wow! Dit is sadder as sad!
Vetjan het gesê op Februarie 2, 2011
Eish, en as julle saam op skool was dan is julle ewe oud. Hy sal weer moet gaan werk. Daar is nie ‘n ander manier nie.
Ek reken baie is maar in dieselfde…. of nog swakker posisie.
Ou-Top het gesê op Februarie 2, 2011
Hallo Krokkie, gaan goed met my. Ek sal moet spit om daai R6 miljoen waarvan jy praat bymekaar te maak. En ek is seker baie ander ook. Slaan jy nog yster, hoe het met eksamens gegaan. Ek hou koerante dop om te sien of jy nie n minister of n regter geword het nie. Hoop rerig dit gaan goed met jou.
Ou-Top het gesê op Februarie 2, 2011
Hy kan nie Petrus, asma en sulke goed.
vanheerden33 het gesê op Februarie 2, 2011
Dit is skrikwekkend – en so baie om ons sit in die selfde bootjie …… gn wonder my adviseer wil heeltyd hê ek moet meer maandeliks in my pensioen insit nie … om te dink teen daai tyd gan R6m seker vokol wees!
Planeet.Stander het gesê op Februarie 3, 2011
Net ‘n vragie – weet jou vriend se kinders van hul ouers se finansiele situasie?
bothajs het gesê op Februarie 3, 2011
Skrikwekkend! Wat so “sad” is, hy en sy vrou sukkel om aan die lewe te bly, en die kinders erf die miljoene.
Ou-Top het gesê op Februarie 3, 2011
Planeet, my vriend is van die outydse eenvoudige en trotse soort, ek wou al self sy kinders bel, want hy steek dit weg van hulle. Ek is besig om vir hom n werkie te kry en ek het voorgestel hulle verkoop die huis en kry n tweeslaapkamer meenthuisie vir R600,000. Ons gaan met karre spekuleer, niemand kan n kar regmaak soos ou Stompie nie. Die meenthuis laat nie diere toe nie, ek het aangebied om die ou twee rumatiekagtige brakke met die punt twee twee te skiet, kosteloos, en ek sal hul begrawe ook. Moet nou nie weer almal op die bandwagon spring en sê ek is n moordenaar nie, ek red menslike lewens hier.