by

Skreeuend oor duisende seemyle heen herken ons mekaar se stem.

Februarie 1, 2011 in Sonder kategorie

My kleinkind in Perth is amper een jaar oud, hulle maak n video van hom en sy hond op die sand by die see. Hy kruip en seil. voel die water en hang aan die Labrador se stert. As ek net vir een minuut daar kon wees. Die video was te lank, ek download en toe “cap” hulle my en ek het geen internet nie, kan nie eers op Skype met hom praat nie. Ja, ons praa elke Sondag met mekaar, in ons geheime taal, sommer vir n uur of langer. terwyl hy in sy stoeltjie voor die laptop sit.

Toe bel my seun Sondag en sê die kind weet dis praatdag hy is onmoontlik, hy druk die selfoon teen die knaap se oor. Ek roep hom en maak my visarend geluid waarvan hy so baie hou. Ek hoor hom skreeu, hy gryp die selfoon en druk die verkeerde knop en ek word afgesny. My seun bel weer.

” Pa, jy sal dit nie glo nie, hy weet dis Pa. Het Pa gehoor hoe lag hy? Dis die eerste keer vandag. Ek druk dit weer teen sy oor, ek sal sy hande weghou.”

Ek  praat en roep sy naam.  Hy antwoord iets in ons taal. Ek kry  n lastige knop in my keel en  maak toe maar soos n bosduif vir hom, dan  hoor ek hoe hy skater van die lag.

Dis genoeg, dis heeltemaal genoeg vir sy Oupa hier in Afrika.

Veilig bly en groei ou Seuna, hier by ons gaan dit soms n bietjie rof. Buurman oorkant die straat is die naweek in donkernag en digte reën, van als beroof en seer geslaan.

5 antwoorde op Skreeuend oor duisende seemyle heen herken ons mekaar se stem.

  1. Ai, Ou Top.
    My hart gaan uit na jou!
    Ek het vandag vir ‘n hele uur die voorreg gehad om met my kleinkind in die swembad te baljaar – ek gaan nie skuldig voel nie.

  2. skryf het gesê op Februarie 1, 2011

    Komaan, jy weet jy kan… jy weet jy wil…

  3. Ou-Top het gesê op Februarie 1, 2011

    n Ou boom kan jy nie oorplant nie, my vriend, net jong boompies vat in vreemde plekke.

  4. Ai! Ek is jammer oor jou buurman, en oor jou kleinkind ver is…!

  5. bothajs het gesê op Februarie 2, 2011

    Ag Shamepies….kan Oupa nie maar bietjie gaan kuier nie?
    Dis so hartseer, seuntjies het Oupas nodig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.