by

Is my pad vorentoe dan uitgekap?

Januarie 22, 2011 in Sonder kategorie

Nee, ek glo nie daaraan nie, want dan sal ek vrek van depressie. Pruimtwak het nou die dag hiervan gepraat. Dat daar so n begrip onder sekere nasies en gelowe bestaan, is waar. Dat alles wat gebeur reeds in die groet boek geskryf staan, jy kan niks daaraan doen nie, aanvaar dit maar net so en gaan aan.

Ek kan nie, ek wil nie, ek glo ek kan myself en my lewe verander as ek wil. Ek kan slegter word as ek wil of ek kan beter word as ek wil. God het my as mens keusus gegee. Indien nie, dan is ek maar net n zombi.

Jare gelede het ek as negentienjarige in n peleton gestaan terwyl n hardegat korporaal ons welkom heet by 1 Valskermbataljon. Sy weerbarstige toespraak, met hier en daar n vloekwoord in, kan ek tot vandag toe onthou. Een van sy sinne was as volg.

” Ek kan eerste minister word as ek wil, ek kan John Vorster se werk doen as ek wil, dis alles in jou hart, jy moet die hart en die wil daarvoor hê. Jy kan enigiets word, n snydokter of n boemelaar, n slapgat of n soldaat. Hier ruk ons vir jou uit jy slapgat lewetjie uit. Ons soek manne met harte hier op die Rooiplaas.”

Ja, sy naam was Korporaal At Schoeman, en ek dink hy het sy loopbaan as Bigadier ge-eindig.

7 antwoorde op Is my pad vorentoe dan uitgekap?

  1. As ons net wil!
    Ek glo die destydse weermag het van seuns manne gemaak.

  2. Ek het ook ‘n AT Schoeman geken, so 3 jaar ouer as ekself! Sweer dis hy.

  3. Ja-nee sonder ‘n wil maak dinge nie sin nie.

  4. louisna het gesê op Januarie 23, 2011

    Pragtig Top. Mens kan jou eie toekoms skep.

  5. Is sy toepraak nie teenstrydig nie? Hy laat die keuse aan jou oor, maar dan sê hy hulle gaan julle slapgat lewens verander, of hoe?
    Dan het jy mos nie meer ‘n keuse nie.

  6. Ou-Top het gesê op Januarie 23, 2011

    Nee, Nefertiti,tydens die keuring wat n maand lank duur, kon jy enige tyd handdoek ingooi en binne vyf minute is jou trommel gepak en is jy op pad Infanterie toe. Die keuse was altyd joune.

  7. keuse keuse keuse

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.