by

Moet nooit vir n Nerd sê hy is n Pateet nie.

Januarie 8, 2011 in Sonder kategorie

Op 37 jaar oud bly hy nog by sy Ma, hy is ongetroud, het n goeie werk en is baie saggeaard. Hy bring sy tyd om met boeke en computors. Hy is lank en maer, bleek en het n bossiekop vir hare. Ek hoor die jonges sê hy is n nerd. Sy Ma is ons vriendin en sy is hier voor Dingaansdag weg see toe saam met haar ander seun. Die twee singende geel kanaries het sy by die nerd gelos, hy moet die huis en die kanaries oppas tot sy terugkom. Die kanaries is haar lieflingkindertjies.

Kom ons sê die nerd se naam is Pietertjie. Hy pas die huis mooi op, maar die dag na Krismis bel hy sewe uur die oggend. Hy hakkel skoon van ontsteltenis.

Pietertjie: Oom Toppie jy moet kom, hier is moord en doodslag by die huis!

Ek jaag soontoe. In die kanaraie hok wat hy laasnag buite op n tafel van die oop stoep vergeet het, lê net vier puntjies van die vlerkies en ook vier pienk pooitjies. As ek hy is sal ek emigreer voor sy Ma terugkom, sy kan nogal moeilik raak. Hy oorweeg dit sterk, en toe sê ek die verkeerde ding.

Ek: Heerlikheid Pietertjie, jy kan soms so pateties wees. Jou Ma gaan haar of dood huil of sy gaan vir jou dood bliksem.

Hy staar na my en ek kon presies die oomblik bepaal toe hy verander het na n wreedaardige monster.

In n ysige stem vra hy of Oom George op vakansie is. Ek se nee. Hy vat oom George se selfoonnmmer. George  was n fitter en turner by die ou Spoorweë, hy kan enigsites van yster maak.

Twee dae na nuwe jaar bel Pietertjie my, ek moet kom, hy het die kwaaddoener.

George het vir hom n vanghok gemaak. Binne die hok het Pietertjie n vars stuk snoek van Captain Dorego vasgebind. Die kat is in en die valdeur het agter hom toegeslaan.

Ek sien nie die hok daar op die stoep nie, Pietertjie is besig met sy derde Windhoek Lite.

Ek: Maar waar is die blikslaer nou?

Pietertjie: Ek was so kwaad vir hom Oom, toe gryp ek die hok om hom grasperk toe te dra, toe krap die bliksem my deur die tralies. Toe bind ek die grassnyer se elektriese kabel aan die hok, toe sleep ek hom uit tot op die gras. Hy grom en sis aanmekaar vir my. Ek wou hom kalmeer met n dispirin en melk om hom SPCA toe te vat. Dis n groot grou kat vol luise en goed.

Hy vat nog n sluk Windhoek Lite.

Pietertjie: Toe sien ek die swembad hier agter my en ek sleep die hok so skuins oor die hoek tot dit in die water val. Toe gaan haal ek na paar biere uit die yskas Toe ek weer hier kom toe is hy stil in sy hok daar op die bodem.

In n netjiese seephouerkassie, mooi uitgevoer met wattetjies, lê die vlerkies en die pote. Vir sy Ma om te begrawe, sê hy.

Pietertjie: Ek het nie die moed om hom uit te trek nie. Oom.  Ek gril as ek dink wat ek gedoen het. Ek kan nie glo hoe maklik dit was om n kat te vermoor nie. Ek is nou skoon naar. Ek dink ek gaan kots.

Ek sien hoe sy hande bewe as hy die bierbottel neersit.

Ek maak vir hom nog een oop en vir myself ook een.

” Pieter”,  sê ek vir hom, “soms moet n man doen wat jy moet doen, soms is dit die regte ding en soms is dit die verkeerde ding.

 Maar ek dink in hierdie geval bly dit n geheim tussen ons twee, dis beter so. Miskien moet ek en jy more petshop toe gaan, jy weet jou Ma se oë is ook nie meer wat dit was nie.”

So begin ek alweer die nuwe jaar as n sondaar.

7 antwoorde op Moet nooit vir n Nerd sê hy is n Pateet nie.

  1. simplybe het gesê op Januarie 8, 2011

    O genade… Dis verskriklik. ‘n geval van “Stille waters?”

  2. Jy sal maar met jou gewete moet saamleef!

    ( 😀 )

  3. jannel1 het gesê op Januarie 8, 2011

    Ten minste het hy nie ‘n kat geskiet nie…

  4. Pietertjie gaan nog eendag ‘n yster word!

    🙂

  5. TS het gesê op Januarie 8, 2011

    ag nee die kat het net gedoen wat katte doen, maar Pietertjie doen toe nie wat mans behoort te doen … ek hoop hy kry nagmerries

  6. Gaudi het gesê op Januarie 8, 2011

    Petshopboys keep nou prisoners.Cheap prys vir ‘n man se ontwaking….Kon Mamma gewees het…..

  7. Ou-Top het gesê op Januarie 9, 2011

    Nee, ag wat ek kry nie nagmerries hieroor nie. Hier is duisende rotte, muise en wilde voëls in Bloemfontein, vir wat wil die wilde kat nou twee vasgekeerde voëltjies kom vreet. Miskien moes Pieter maar n kat geskiet het, Jan Twak.
    Ja, ek noem hom nie meer Pietertjie nie. Ek dink Henry het n punt beet. As inbrekers en diewe weet wat ek weet sal hulle lig loop vir daardie huis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.