n Goeie vrou is haar gewig in goud werd.
Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie
As ek pyn het op n Sondag gaan ek nie saam met my vrou kerk toe nie, sy gaan laai maar alleen die twee oumense van die
ouetehuis op en ek bly agter. Soms, as ek graag alleen wil wees soos vandag, dan lieg ek vir haar oor die pyn net om tuis
te bly. Ek wil graag ietsie in stilte oor my vrou skryf. Ek gee haar maar n skuilnaam hier, sy is nou Bella.
Toe ek haar ontmoet het as stadsmeisie was sy bang vir alle insekte en reptiele. Van bees of bokslag en jou eie vleis en
biltong maak het sy niks geweet en het gegril vir rou vleis en bloed. Dit was lank gelede, ek vertel nou maar net hoe ons
hierdie winter drie blesbokke gaan skiet het om ons eie biltong, droeewors en pasteivleis te maak.
Ons pak die vorige aand al alles in die treiler, sy het n lysie waarop ons werk, al ons proviand is netjies in plastiekhouers
met deksels gepak. Sy maak tot seker dat ek in my jagtrommel, my jagmes, knipmes, vleismesse, verkyker, pleisters
en staaldruppels het.
Vyfuur die oggend ry ons en net na sewe is ons daar. Dis n klein ou sandsteen plaashuisie waar alles met gas werk, die stoepie
is toegebou en het n ingeboude vuurmaakplek. Daar is bosse en rantjies al om jou. Sy pak al ons goedjies netjies uit in die
kombuis en lapa.
Die boer se seun is daar, ons gaan twee uur die middag jag.
Bella: Die Oom wil vanjaar voorle jag doen, hy loop te swaar nou
Boerseun: Lekker plek daar aan die kant van die groot rant, gaan tannie saam?
Bella: Natuurlik, ek gaan hom nie daar alleen laat le nie. Ek wil mos sien hoe skiet hy ons bokke.
So gaan ons leplek vind agter drie groot klippe aan die voet van die rant. Bella het n grondseiltjie, kombers en ons twee
opvou kampstoeltjies. Dis koud, Boerseun ry so links om deur die plaas nadat ons die windrigting bepaal het. Bella het haar vinger gelek en in die lug gehou, ja, sy stem saam met ons die wind kom vanaf die weste.
Ons kry ons sitplekke en ek moet oor die klip aanle as die bokke verbykom. Ek is jammer vir my geweer se hout op die klip
en dink, demmit ek het die kussingkie vergeet. Daar haal Bella hom uit die groot rottangmandie ; sy glimlag net.
Boerseun het gevra ek moet die grootste ram met die wit horings probeer skiet, hy word te oud om te teel en hou die jong vrugbare ramme weg van die ooie. Bella loer deur die verkyker, ek so nou en dan deur my geweer se teleskoop.
Ons hoor hulle hoewe op die klippe van die rant eerste,voor ons hulle nog kon sien, hulle kom nie op die gelykgrond aan nie.
Bella fluister: Hier kom hulle verby, ja daar is hy, derde van voor, die een met die wit horings.
Ek; Is jy seker Bella? Is dit nie n groot ou ooi daai nie.
Bella: Man dis n ram, kan sy tossie ook sien.
Een skoot en daar het ons vleis.
Bella haal n silwer plat botteltjie uit die mandjie, sy het wragtig skelmpies Old Brown Sjerrie saamgebring. En dit is so
blerrie koud.
Bella: Vat n sluk Ou Top, mooi skoot, ons gaan skoon vleis he. Jy is n ou doring, man. Ag vat twee slukke, jy kan
die ander twee bokke more skiet.
Ja vriende, ek het Bella nooit gedwing om te verander om soos ek te wees nie, sy het dit oor die jare self gedoen.
Nou sit ek en wonder hier, is dit omdat sy lief is vir my, of wou sy maar net uiteindelik konfrontasie vermy.
Lyk vir my ou Bellatjie is rerig lief vir my.
DallaSePa het gesê op Oktober 31, 2010
Pratig
louisna het gesê op Oktober 31, 2010
OBS is die beste kombers as mens gaan jag.
maryke-anne het gesê op Oktober 31, 2010
Ek dink sy’s lief vir jou en sy’t ontdek dat sy iets nuuts aan kan leer en geniet ook.
Great skrywe.
Ou-Top het gesê op Oktober 31, 2010
Baie jare gelede toe Bella nog gemoan het oor ek bokke jag het ek haar na n abbatoir geneem om te sien waar kom fillet steak en karoolamtjops vandaan. Sy was verstom om te sien hulle skok n skaap eers elektries aan sy kop, dan hang hulloe hom aan sy agterpote op en hy ruk die hele tyd, dan sny hulle sy keel af om goed te bloei.
Die beeste word met n rewolwer wat n kort ysterpen uitskiet in pleks van n koeel, dan slaan hy lam neer en word keelaf gesny terwyl hy spook om aan die lewe te bly.
Nee wat, ek skiet eerder n bok een skoot, n duisendste van n sekond en hy is genadiglik dood.
Dan moet jy n hoenderslagplaas besoek, dis erg.
Bella stem saam.
pasella het gesê op Oktober 31, 2010
Pragtige ode aan Bella, maar ai, ek moet nou so ‘n bleoderige stykie gaan braai!
Ou-Top het gesê op Oktober 31, 2010
My heerlikheid, jammer ek het almal so ontstel hier,wou maar eintlik net voorspraak doen vir jagplase, wildsplase en boere. Is moeg om altyd in koerante en tydskrifte te lees hoe barbaars jag nou eintlik is. Terloops, n vroue professor van Port Elizbath het bewys dat Blesbokvleis byna O persent cholestrol bevat.Ek wil nie se hoeveel cholestrol bevat skaap of beesvleis nie, netnou kom skiet julle al ons blesbokke in die VRystaat.
Planeet.Stander het gesê op November 1, 2010
Jy’s ‘n Ou Toppie na my hart. My ‘Bella’ het in Brazilie groot geraak hier aangekom as ‘n tree hugger, letterlik. Sy het my geleer van bome vashou vir hulle positiewe energie en ek het haar geleer van volhoubare benutting dmv jag.
Ou-Top het gesê op November 1, 2010
Planeet, wat is hierdie boomvashouery? Sal graag meer wil weet, klink vreemd op die oor.