by

Ek, die Ou Top van Afrika , ek is n sondige ou man.

Oktober 17, 2010 in Sonder kategorie

Soms wanneer depressie en probleme soos n donker wolk oor my kom hang, dan bel ek my ou neef.

Gister het ek weer morbied geraak. Kan ons  more n plan  maak. Hy  weier nooit, want ons sit maar basies met dieselfde probleme. Ons kom vir twee ure bymekaar en behandel onsself vir depressie. Werk soos n bom, elke keer,  doen dit so een  keer in drie maande.

Ja, nog n kind het besluit hy gaan emigreer, toe kom die donker wolk. Neef moet kom help. Die vrouens moet kerk toe en daarna n gaar hoender by Pick en Pay gaan koop. Dan het ek en ou neef genoeg tyd vir ons dinge.

Ons behandeling werk so, dit kan net op n Sondag gedoen word en jy moet iemand by jou hê wat in dieselfde tydvak as jy jonk was. Daar moet nie mense wees waarvoor jy skaam gaan kry vir jou gedrag nie. Ons twee vrouens gaan kerk toe, ek en hy kom in my TV.  kamer bymekaar. In die somer bring hy n paar biere, in die winter n Olaf Berg. Ek het die CD wat ons op die TV speel. Hierdie Videos is op my versoek en my vrou se kontakte gemaak deur al die musiek  wat ek en my neef in ons jeug van gehou het, op een CD vas te vang. Van verskillende sangers. Ons rook elkeen n sigaar en maak n dop terwyl ons kyk na die videopnames. Ons sing saam, ons spring rond. Ek dink as my kinders n video hiervan moet sien emigreer hulle almal. Ander mense ons twee sou sien sal dadelik beraders en die polisiesielkundiges stuur.

Ja, ons raas my maat, ons sit die musiek kliphard, want my bure is ook in die kerk. Ek sal seker maar eendag in die hel beland hieroor, maar daarna voel ons albei so goed en jonk, en vol moed, sommer lus vir die lewe. Dit werk soos n bom, al jul jonger mense wat hier lees, kry dieselfde videos en sit dit op een CD vir jou Pa of Oupa vir Kersfees. Ons is die geslag wat die meeste suffer, vra maar vir Boetie is de Bliksem in. Dis ons geslag daardie. Maar weet julle ons het ook baie lekker tye gehad, baie lekkerder as julle.

Ek gee vir julle die volledige behandeling wat ons ou-toppe volg hier onder aan . Gebruik enige volgorde, maar wissel af tussen vinnige en stadige musiek, netnou slaan jou Pa morsdood neer. Party dele speel ons twee of drie keer, verhoog die impak, jy kan maar sê dis n dubbeldosis.

The Righteous Brothers met   – You have lost that loving feeling.

John Denver      – Sunshine on my shoulder en Country road.

Joe Cocker       –  Up to where we belong en With a little help of my friends.

Fats Domino          – Blue Berry Hill.

Elvis-   Shake rattle and Roll en Jailhouse Rock.

Chuck Berry    – Johny be good.

Buddy Holly    – That will be the day en Oh Boy.

The Big Bopper   – Chantilly Lace.

The Hollies-        He aint heavy he is my brother en Long cool woman in a black dress.

Jerry Lee Lewis       – Breathless.

Litlle Richard —      Long Tall Sally.

Creedence Clearwater revival— Bad moon rising{ het hom met eerste probeerslag per abuis uitgelaat}

Eddie Cochraine —  Summertime Blues en Dont blame it on me. Niemand kan soos hierdie kêreltjie beweeg nie.       

Roy Oberson-     Pretty woman.

Ons het dit vandag weer gedoen, en die vrouens het n bietjie vroeg teruggekom. Ons was besig met die laaste klanke van Eddie se Dont blame it on me. Jy moes hul gesigte gesien het. My neef is vlugvoetig van gedagtes, hy sit die musiek blitsig met die remote oor na Pretty Women van Roy Oberson, en hy gryp sy vrou en begin dans. My vrou wil met n skuins koppie weet hoekom staan die koffietafel daar teen die TV, dans ek en ou neef dan met mekaar.

Ek gryp haar maar en begin soos ou neef te dans op Prety woman se maat. Ek knyp haar op haar boud en sy bloos tot in haar nek.

“Orige ou man,” sê sy, maar ek ken haar,  sy geniet dit gate uit.

Die donker wolk is weg. Nou kan dinge maar weer kom soos hulle wil.

11 antwoorde op Ek, die Ou Top van Afrika , ek is n sondige ou man.

  1. Maghitta het gesê op Oktober 17, 2010

    🙂 dit klink heerlik, ja mens moet die lewe voluit geniet en lewe
    [goeie musiek smaak]

  2. loudavisi het gesê op Oktober 17, 2010

    O, jou sondige, stout man!
    Ons kom sekerlik uit dieselfde era, want ek het met daai musiek grootgeword.
    Baie slim van julle, en uitstekende beplanning om dit in kerktyd te doen!

  3. louisna het gesê op Oktober 17, 2010

    Met die uitsondering van John Denver is dit pragtige musiek.

  4. jr_hewing het gesê op Oktober 17, 2010

    lekker!

  5. Ou-Top het gesê op Oktober 17, 2010

    Vir Ouboet. My Pa het jare gelede op sy hospitaalbed vir my gesê. ” Ou seun as ek net vir een dag nog op die lande kon werk, met die son op my blaaie”. Nee, ek sal daai plaat altyd speel.

  6. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Lekker musiek, so uit my jong tyd uit.

  7. TS het gesê op Oktober 17, 2010

    Die klink na ‘n plan!

  8. lisabeth het gesê op Oktober 18, 2010

    Musiek alleen is al terapie. Musiek met herinneringe is groter terapie (as dit positiewe herinneringe is!!!) Om musiek met herinneringe met ‘n maat te kan deel is ‘n terapeutiese Voorreg!!

  9. Berwick het gesê op Oktober 18, 2010

    Yes!

  10. bloukaap het gesê op Oktober 18, 2010

    he aint heavy ….. ja, nou lat jy my dink aan ‘n ander lewe, ‘n ander tyd, ‘n ander EK

  11. Ou-Top het gesê op Oktober 19, 2010

    Pruimtwak, n mens verloor nooit jou ander ek nie, dis maar altyd daar, gaan haal hom n slag uit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.