by

My blinde hond en die vuvuzela..

Augustus 23, 2010 in Sonder kategorie

Smooky is klaar groot, blind soos n mol maar sy ander sintuie het oorontwikkel, veral na die aanval op ons so paar maande gelede. Hy het groot geskrik en ek dink dit het sy groeihormone in sy neus en ore verskriklik gestimuleer. Dis al verdedigging wat hy het, as hy voor die tyd kan hoor of ruik hier kom moeilikheid. Hy hoor die sagte voetval van n vreemde kat drie uur in die nag buite ons huis op die grasperk. Hy kan n veldmuis teen n hoë spoed jaag deur net sy neus op die grond te hou, en hy vang hulle soms!

Nou kyk ons sokker, ek en my blinde hond. Bafana speel gelykop  en ek begin drome kry oor die worldcup. Toe wen ons vir Frankryk en ek gaan koop dadelik vir my n goudgeel vuvuzela. Ek blaas en Smooky huil sulke lang note soos n wolf. Dit help niks, Bafana hou aan verloor. Ek bêre die vuzela en Saterdag haal ek hom weer uit toe die Bokke teen die All Blacks daar in Soweto speel. Ek blaas verwoed en Smooky huil kliphard saam. Dit werk en ons wen. Maar toe haal hulle vir klein  Hougaard van die veld af en later ook vir Jean Smith die Vrystater. Onmiddellik is daar n insinking in ons spel en wragtig hier kom die All Blacks en wen ons.

Pietertjie, belowe nou vir oom, jy haal nooit weer n goeie speler van die veld af nie, nooit nie. Ja en ek het die vuvuzela nou maar as speelding vir Smooky gegee, hy kan daarmee maak wat hy wil. Daai ding bring net bad luck vir my spanne.

Nou weet ek nie of ek my vandag iets verbeel het nie, maar tienuur elke oggend is dit honde voertyd by ons, en so een minuut voor tien kon ek sweer daar blaas nou n vuvuzela hier voor ons huis waar Smooky by  die hondebakke staan!

6 antwoorde op My blinde hond en die vuvuzela..

  1. Ha vir Smooky!

  2. eie eie Outop …….. man ek is steeds bly jy is weer terug

  3. pasella het gesê op Augustus 23, 2010

    So ‘n bas-vuvu?

  4. Ou-Top het gesê op Augustus 23, 2010

    Ek kom kyk op my blog en is half verleë en skrikkerig. Hier is dan net die geleerdes en die groot kanonne wat antwoord. n Beskeie dankie van my kant, eintlik is ek n baie slegter mens as wat julle almal dink. Ja, ek is maar n soort van n woerwap en tog soms baie voor op die wa.

  5. Naand Oom!

  6. zephur het gesê op Augustus 24, 2010

    Welkom terug OuTop.

    Ja hoekom nie net die mense wat goed is op die veld los nie…

    Woefwoefvuvu

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.