by

Die perskeboom blom pienk in die wind.

Augustus 22, 2010 in Sonder kategorie

Die boom stoot sy pienk blomme eers as die nagtemperatuur nie meer vriespunt haal nie. Die ou langhaar wolf strompel uit sy grot en asem die lentelug gulsig in. Hy sien hoe die Augustuswinde oor die vlaktes waai, die rooigras se sade wuif soos hande in die wind, miskien kom die lentereën vroeg vanjaar.

Dit was n lang winter hierie, pyne en siekte het hom in sy grot gehou. Hy strek sy stywe  bene een vir een  en luister hoe sy  verkalkte skarniere kraak soos hulle stadig weer in regte plekke val.

Hy snuif  teen die wind. Is dit die reuk van n verdwaalde skaap wat daar uit die rantjie laer af kom?

Bliksem, maar n man is honger!

Die oggendson laat die bloed gou weer loop. Oor die los klippes voor sy grot struikelstap hy stadig windop in die rigting van die reuk. Sy krom lyf is maer en dun, sy hare gekoek en grou, die brandwag dassie hou hom dop en sien dat sy ou vyandf vanjaar geen gevaar sal  inhou nie. Hy is en lyk gedaan. 

Die ou wolf is nou oud genoeg, sy jare meet hy nou maar van winter tot winter.

Hy het dit wragtig weer gemaak. Verlig of teleurgesteld maak nou nie  saak, hy moet daardie skaaplam kry.

n Man moet tog  doen wat sy hande vind om te doen.

7 antwoorde op Die perskeboom blom pienk in die wind.

  1. Ja so is dit, die een se dood is die ander se brood……

  2. outop, ek is die moerigheid vol van moan, waa was jy? jirre jy kannie so verdwyn sonner notice nie. by the way, ek dink my 2e laaste inskrywing was nogal aan jou opgedra. die een oor die tannie by die ouetehuis

  3. louisna het gesê op Augustus 22, 2010

    Welkom terug Top. Ons het jou sprankel gemis.

  4. Hallo vreemdeling!

  5. Ou-Top het gesê op Augustus 22, 2010

    Dag almal, die ou wolf het uit sy grot gekruip. Soos my stokou tuinjong gister vir my sê,
    “Oubaas, ons het hom gemaak. Fuckdup en gedaan, maar ons is nog hier”.
    Dankie aan almal hier, nooit gedink julle sal my onthou. Deesda maar net n asempie in die wind,tog met n oog wat skerp wil kyk, soos n perd kan kyk!

    Dankie Pruim vir daai opgespore gedig, jy sal nie glo vir hoeveel mense ek dit nou gaan stuur; hulle het hom daai tyd gelees en soek hom alewig bymy.

  6. Outop, kyk, soos die ingelse sê, all fair in love and war, maa, ek dink ons moet ‘n deal maak, as jy gat verdwyn vir tydlank, beter jy ons lat weet. jy weet hoe gatit, en soms jou ou bliksem, worry mens mos bietjie, en , soos jy tyd kry, skryf man! ons is honger om jou dinge te lees.

  7. Dankie tog jy’s weer hier!
    Ons verlang vreeslik, Ou Top.
    En dan skinner ons ook nog oor jou…net mooi goed.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.