Kleinkind loer vir my.
Februarie 19, 2010 in Sonder kategorie
Hy hou daarvan as ek sy ruggie saggies vryf, hy suig soms sy duim, hy het sterk longe, jy besef dit as hy skree vir kos. Hy is twee dae oud en kry net bies. Dokters hier het n helse lang naam vir bies, by ons ken enige plaaskind dit. Daardie eerste paar dae se snaakse melk wat uit die borste van n soogdier kom en die baba sterk maak teen kieme. Hier is so baie verpleegsters en dokters wat elkeen n joppie kom doen, ek het al begin wonder of daar fout is met die kind.
In n koevert daar op die stoel is n brief van die plaalike LP, heet elke kind welkom in die wereld. Nog n brief wat se die ouers kry n geskenk van die staat, R35,000-00. Nog ander briewe en n vyfgang video wat jou leer om n baba groot te maak tot 4 jaar oud, dan kry jy seker nog n video.
Ek kyk in sy ogies en ek fluister skelm vir hom, jy sal nog kom kuier, dan gaan ek en jy n fisant skiet en braai, sommer n stukkie baber ook, en jy gaan leer kettie skiet en kleilat gooi. En vuurmaak, tent opslaan. Sy ogies volg my gedurig.
In my binneste se n ander stemmetjie vir my, ” Not in your life , my mate”.
Nee, vandag is ek in n ander bui, wonder of ek hom nie kan uitsmokkel hier nie. Hoekom kry ek hom so jammer, of kry ek eintlik maar net myself jammer?
Dit gaan tog goed met die kinders hier.
monicahaddad het gesê op Februarie 19, 2010
Ek deel jou benoudheid
avega het gesê op Februarie 21, 2010
Ek deel jou vreugde. My eerste kleinkind is op 15 Feb gebore. Sy naam is ook Ethan (strong and optimistic, solid and enduring). Het jy geweet Psalm 89 is geskryf deur Ethan, ‘n Ezrahiet, musikant in koning Dawid se paleis? Vega
Ou-Top het gesê op Februarie 22, 2010
Baie dankie vir jul belangstelling en bemoediggende woorde. Ook Vega vir die betekenis van die naam Ethan.
bloukaap het gesê op Februarie 22, 2010
Outop, eintlik is ek bly jy is daar in die Kangeroo wêreld, want ek hoor, sedert die Afrikaners daar ingetrek het, het die gem IQ van die Aussie-dom toegeneem. Wel immers begin hulle al dink daaraan om die kroon uit die Suiderster verreblik van hul vlag te verwyder …..
loudavisi het gesê op Maart 7, 2010
Gelukkig is daar Skype. Nou sal jy daagliks sien hoe hy ontwikkel en hy sal jou ken.
Ek weet nie hoe om te troos nie. Ek hoef net oor die pad te stap om myne te sien.