Trekvolk is koning in Aus.
Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Die land is verskriklik groot, onmenslik groot en droog, jy moet nie verkeerd ry en verdwaal nie. Niemand sal jou ooit weer vind nie. Die groot stede is drie ure se vlieg met n Boeiing van mekaar af. Niemand van Perth gaan kuier met n kar vir iemand in Sydney nie. So veroorsaak dit dat n man in Brisbane groot word, daar trou, daar werk en aftree, en hy was nog nooit in Perth of Melbourne nie. Dit het weer veroorsaak dat n nuwe nasie gevorm word, die Aussies self noem hierdie mense, “The Grey Nomads.” Selfs advertensie firmas “target” hierdie stam , want hulle is glo ryk en koop maklik. Kombis, tente, verkykers, kameras, spesiale klere teen die son se hitte, bootjies , rumatiekpille en so aan.
Die Grey Nomads is dus ou afgetrede mense wat n Kombi Camper koop en dan die pad vat om rondom Australia te ry, so kuier, kuier van plek tot plek. So ontmoet ek n ou Grey Nomad en sy vrou op n braai by n vriend van my seun.
“Took us three years, my mate. Three wonderfull years of our lives”, se die ou snaar vir my. ” As a matter of fact, we’ve been home for only five months now. Feels strange to sit in one place all the time, mate, very strange.”
Later die aand, ( ja, almal sit nog buite, want selfs teen 10 uur is dit nog lekker buite), hoor ek die ou grys Nomad praat met ander Aussies daar. ” Yes, if everything goes fine, we’ll be leaving on the first of April again. Lots of places we missed the first time around, lots of places.”
Wonder nou hoeveel Grey Nomads is daar in Suid Afrika, dit klink mos nou vir my na n lekker lewe. Ons sal die ding net n bietjie beter moet beplan as die Aussies, by ons is daar leeus en ander gevaarlike dinge wat op jou pad kan kom.
Ek meen hier in Aussieland is die grootste gevaar vir n Grey Nomad dat sy rumatiekpille kan opraak daar waar geen apteek meer is nie en hy dalk nie sal kan afstap na die helder poel water daar onder die waterval waar hy in die oggende sommer met die een hand was en skeer terwyl hy met die ander hand gou n vet forel vir brekvis uitpluk nie.
Kom ons stig so nomadiese groep; dink net, geen vaste adres, geen water en ligte rekenings, geen telebemarkers wat jou pes nie, nie eers die Ontvanger of die spietkops weet waar is jy nie. Permament op pad. Ons noem onself die Ostrons.
Vir : “Ons trek rond”.
Suid Afrika se eie inheemse trekvolk.
Onlangse kommentare