by

Ek pak vir Perth.

Januarie 23, 2010 in Sonder kategorie

My kleinkind skop verwoed in sy Ma se pens, want hy weet sy Oupa kom en ons wil graag bladskud as hy die eerste lewenslig aanskou. Ek sal moet roer as ek betyds daar wil wees en dit lyk al meer of die mannetjie presies op my verjaarsdag gaan verskyn. Nou is ek nog bang die verdomde vliegtuig val en ek sien hom nooit. Genade tog, die senuwees knaag.

Ek kom net vir al  my spookvriende sê ek gaan vir ses weke van lyn af wees om met my klein kangaroo seuntjie te gaan speel. En ek vat vir hom so klein wollerige  Afrika leeutjie saam, ja nie n Amerikaanse teddybear nie. Dan kan hy in die aande met die leeutjie speel en dink waar kom sy Oupa hier in Afrika vandaan en of hy eendag dalk sal wil terugkom na waar hy hoort.

Hoe op aarde gaan ek oor ses weke afskeid neem van die mannetjie.

Fok tog !

8 antwoorde op Ek pak vir Perth.

  1. Goeie idee! Geniet!

  2. OupA … geniet, smokkel so biki biltong tussen die onderbroeke in!

    ps – ons wag vir jou … het hulle nie internet in Aussie-land nie?
    ;-))

  3. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Lekker bladskud oupa.

  4. Hoekom laat mens se kinders mens MAAK vlieg?

    Ek klim wragtag nie in daai ding nie!

    Sterkte, en voorspoed met alles.

  5. Sterkte oom Ou Top. En geniet die trippie.

  6. Met moeite Oupa, met moeite en groot hartseer..

  7. zephur het gesê op Januarie 25, 2010

    Sterkte daar Ou Top…hoop kleinman is ‘n groot boereseun.

  8. jip , gaan rof raak………

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.