by

Ek en my vrou is ietwat skynheilige mense.

Januarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Het gister iets oor Laatlam se vertrek geskryf en so baie van julle het so mooi ge-antwoord. Ek sit netnou en lees julle skrywes weer n slag op my blog en vroutjie wil weet wat glimlag ek so.

” My gesiglose vriende verstaan en ken my pyn” sê ek,  “ek voel hulle warm handdrukke en vertroostende  kloppe op my skouer. Sommige sit vandag net soos ons in dieselfde  Groot Stilte by hul huise” .

Sy draai net daar om en gaan was die twee borde wat ons vir middagete gebruik het, ek gaan loer en sien sy was dat die trane spat.

Ek mompel dat ek buite n sigaret gaan rook, ek wil nie hê sy moet sien ek pik n traantjie weg nie. So steek ons die hartseer vir mekaar weg, probeer ons mekaar troos is dit erger.

Buite sit ek en dink aan daai ou liedjie, dink sy naam was Jack The Knife, waar hy sing ‘ The first cut is the deepest’.

Ja, die eerste Sondag alleen is maar n bliksem.

Dankie julle klomp “aliens” vir julle ondersteuning.

12 antwoorde op Ek en my vrou is ietwat skynheilige mense.

  1. Ons vaar in bekende waters;-)

  2. Sjoe, ek weet presies waarvan jy praat. Twee borde, messe ens. En die kere wat jy ‘per ongeluk’ te veel kos maak, maar eintlik hoop iemand val ongenooid in. Die stilte … shit, sterkte.

  3. Toe die jongeling Engeland toe is vir twee jaar, en ons hom by die lughawe groet, huil ek en Hartman so dat nie een van ons kon sien om te bestuur nie.

    Gelukkig gaan dit ook verby en raak mens gou gewoond.

    Drukkie vir julle tweetjies.

  4. Net teedrink?

  5. ‘Alleen’ … almal is dan hier Oom.
    Vasbyt …
    Drukkie vir die Tante …

  6. Daar’s ietsie te sê vir spookvriende hê…

  7. Onthou jy nog:

    When your baby
    leaves you all alone
    and nobody,
    calls you on the phone
    don’t you feel like crying….?

    Simpatie Ou Maat.

  8. Ou Top, dié nou van ‘n kind wat gereeld moet groet. Ons huil ook so in die stilligheid, maar ons vermoeë om aan te gaan en aan te hou is dikwels gesetel in die wete dat ma en pa net ‘n telefoonoproep ver is. Sterkte vir julle!

  9. Ou-Top het gesê op Januarie 10, 2010

    Daar kom Shlwanjan met die regte naam wat my bly ontwyk het,” Spookvriende”.
    Julle oulike klomp Spookvriende.

  10. voue het gesê op Januarie 10, 2010

    Sterkte, dit word oor tyd makliker om hulle minder om jou te he’

  11. Trakie het gesê op Januarie 11, 2010

    Van nog ‘n spookvriend wat ook verkies om ‘n traan in privaatheid weg te pink: Sterkte!

  12. mens kan min dinge werklik meet, veral dit wat seer maak ………want die; ‘hoe lank is ‘n stuk tou’ vraag….ken net die hart se riem

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.