by

As die kinders ry word alles stil.

Januarie 9, 2010 in Sonder kategorie

Laatlam het toe al haar vakke daar op Ikeys goed deurgekom, op ander gebiede het sy blykbaar ook nie te sleg gevaar nie. Sy het nou n kêrel, en hulle twee het gister teruggery Kaap toe. Nou sit ek hier in die groot stilte onder my akkerboom en dink.

Sy maak vir hom brekfis en skink vir hom Oros. Hy vee die haarkrulletjie uit haar oë en hou soms haar handjie vas. Hy praat sag en mooi met haar. Ek hou nogal van hom.

Waarom voel ek dan eensklaps so hartseer en alleen?

Met die vyf seuns was dit dan heeltemaal anders.

11 antwoorde op As die kinders ry word alles stil.

  1. Toemaar ek ken daai gevoel – dit bly jou meisiekind – jou baby –

  2. Ai OT. Die skielike alleen. Maar onthou, die troos van trots, dat jy iets van jou sien, dat als was ie tevergeefs. Trane van blydskap!!!

  3. ai ek verstaan….

  4. Ek se altyd, die wonderlikste geskenk aan ouers van ‘n dogter is dat haar man/vriend/boyfriend haar liefhet.

    Nevvermaaind die res, solank hy haar liefhet.

  5. Meisies is mos maar Pa se kind…

  6. saal13 het gesê op Januarie 9, 2010

    Dis mooi-hartseer mos.

  7. Outop ‘n mens se meisiekinders is mos jou meisiekinders. Mens gee hulle nie graag af aan ‘n ander mansmens nie, maar so is dit ne? Lekker dag!

  8. Angelor het gesê op Januarie 10, 2010

    Myne is die dag voor Kersfees verloof, dit is n moeilike kol om te vul, al is daar vrede en vreugde, hy maak ook mooi met haar, n goeie seun…

  9. Ai A … laat jy my nou smile!

  10. Ai. Sterkte vir julle, inderdaad, ja.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.