by

Wit Afrikaners en Swartmense doen dieselfde ding.

September 21, 2008 in Sonder kategorie

Eienaardig dat net swart- en witmense lief is vir byname gee. Geen Indiër, Portugees, Griek, Jood of
Engelsman sal ooit sy kind of vriend die volgende noem nie. En hierdie name kom sommer uit gister se koerant:

Wit: Os; Windpomp; Byl; Bees; Spikkels; Windhond; Slang; Spook; Klippies; Skillie.

Swart: Ice; Spike; Beast; Killer; Sticks; Wiseman; Fats; Tiger; en onder die boksers het elke een n bynaam.

As dit by humor kom, is dit weer dieselfde ding. Val iemand van n perd af of ry iemand met sy fiets teen n kar se oop deur vas, sal die ander nasies onmiddellik simpatie betoon, jammer kry en help. Wit Afrikaners en Swartmense sal eers onbedaardelik aan die lag gaan en dan eers hulp verleen.

Kom dit by kos, stem hulle weer ooreen: potjiekos of “stew”  en pap is n voorkeur kos. Geen ander nasie eet byvoorbeeld gebakte skaapkop of afval nie.

Nou sien ek soms dat swartmense in die parlement begin hoedens dra nes ou PW se mense. Die vrouens dra hoedens nes ons ou Afrikaner tannies. Swart en wit hou van drank, gaan kyk maar in die jolplekke wie drink die meeste. Dis ons. Gaan kyk in die taverns, dis hulle. Ons en hulle slaan ook maklik aan ons vrouens om hul op die regte pad te hou.

Kyk in die koerante wie pleeg gesinsmoorde, dis ons Afrikaners en die Swartmense. Geen ander nasie doen so iets nie. Albei bewonder sterk mense wat kan baklei. As ons n geldjie vinnig en onwettig kan maak, dan doen ons dit. As ons n gewillige of soms onwillige mooi vrou n knypie aan die boud kan gee, dan doen ons dit.

Kyk nou weer in die politiek, hulle kan ook nie saamstaan nie, net soos ons ou klomp Afrikaners. Wat nou met Mbeki gebeur is presies wat met ou Generaal Smuts destyds gebeur het.

Ja, ons kleur verskil, maar ons is presies dieselfde soort mens. Roekelose kinders van Afrika.

11 antwoorde op Wit Afrikaners en Swartmense doen dieselfde ding.

  1. Ceara het gesê op September 21, 2008

    Jy het my nou laat glimlag! Maar jy is verkeerd oor die skaapkop.. ‘n hele paar nasies eet dit- het bv baie lekker skaapkop geeet in griekeland.

  2. Dit is so waar. Ek weet nie wie het wie se kultuur begin aanneem nie. Maar ek praat maar min oor hierdie goed, bang my regte kleur wys.
    Dit is vir my baie interressant dat jy my ma en die tandeborsel uit daai stuk opgetel het, want met die 4 onderwerpe was jy die enigste wat daarop reageer het. En dit spesifiek was vir my baie poignent, terwyl die ander net praat was. Daardie dag het ek eintlik vertel van hoe aaklig dit van my was dat ek vir my gryse ou moeder waag gril het…..

  3. desia het gesê op September 22, 2008

    In Kanada is daar dikwels gesinsmoorde, en onder al die verskillende tipes nasies en rasse wat hier woon.

  4. Ou-Top het gesê op September 22, 2008

    In Kanada? Maar my niggie en haar man het soontoe ge-emigreer omdat dit so rustig en veilig is daar. Wat ontstel die mense dan in daai mooi land?

  5. Ou-Top het gesê op September 22, 2008

    Skaapkop eet in Griekeland? Is dit waar of is dit n Griek wat in SA groot geword het, of n Afrikaner vrou getrou het?

  6. Ceara het gesê op September 22, 2008

    Nee dis waar Ou Top, en dis algemeen ook. Dit word aangebied in al die tavernas in Griekeland wat vleis verkoop… Gaan kyk gerus.. :-). Hulle noem dit kefalaki..

  7. Ceara het gesê op September 22, 2008

    LOL! laat jy my nou lag oor die naam… Ek mis nooit jou blog nie.. wens jy het meer geskryf.

  8. Ou-Top het gesê op September 22, 2008

    Die uitlanders, dis nou mense wat langer as vyf jaar gelede ons land verlaat het, sê vir my op hul onlangse besoek hier dieselfde ding, ons witmense word nou nes die swartmense en die swartmense word net soos ons.Maar hulle sê ook dieselfde ding as Kleinboer, hulle mis die verskillende nasies, die tradisies, die tale, die musiek, die reuke, die spontaniteit van ons mense, die geraas, die smouse en die stalletjies.

  9. trouby het gesê op September 25, 2008

    Ja-nee Ou Top…my oorlede pa sou nou gesê het “Bokka, nou is ons in ons moer”

  10. Interressante waarnemings en gedagtes…miskien som jou laaste sin dit op?

    L

  11. Dankie vir die mooi woorde Ou Top…en vir die kuier…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.