by

Dan is daar die Wenners.

September 14, 2008 in Sonder kategorie

My peetkind het net my name en nie my van nie, maar ek hou van die outjie. Hy lag altyd, is altyd vrolik en positief oor die lewe. Kan Xhosa en Sotho lekker praat. Trek in stad toe op 23, want die plaas is te klein om vir almal te sorg.

Bly n maand of twee by my, tot hy werk kan kry. Dit gebeur nie en ek sien sy ogies is soms hartseer. Sy vernedering  voel ek met n stok aan. Ons dink aanmekaar, dan kry ons n plan. Dit het so begin:

Hy sê,” Oom weet, die boere verkoop al hul skape, want dit word gesteel. Deesdae sommer veertig op n slag. Die wat oorbly is oorgelaat aan die genade van die rooikatte en jakkalse wat daar naby ons in die reservate skuil. My Pa ook. Hy teel nou meer blesbokke as skape. Jagters kom jag vir biltong, soms maak ons self biltong en ek versprei dit vir Pa aan winkeltjies, tot hier in Bloemfontein. Maar petrol is duur en die jagters is so vol nonsens. Drink te veel, kwes bokke en stry daaroor, dan moet jy nog vir hulle braai en die vleis bewerk. Almal stry oor pryse, n ou word moeg daarvoor. As ons net die bokke straight forward kon verkoop het soos n skaap, al moet ons hulle self slag en aanry. Dan sal n ou goed doen”.

Ek sit en dink oor n artikel wat ek gelees het van n professor daar in Port Elizabeth. n Blesbok het zero cholestrol, glad nie soos n skaap- of beesvleis wat vrot is van die cholestrol nie. Die ryk witmense wat so neerslaan van koronêre siketes, sal dit mos koop. Dan is daar die miljoene swartmense  en arm witmense wat deesdae net hoender en vis kan bekostig. Ook maar teen n helse prys. Rooivleis is verskriklik duur.

As jy n blesbok karkas vir 14 dae in n koelkamer hang dan is sy vleis net so sag soos n skaap se vleis, jy kan hom tot braai. Kookvleis sal dan ook maklik wees. Vars bokvleis moet ure gekook word voordat dit sag is.

Ons doen n proef, Peetkind gaan skiet n bok op sy Pa se plaas en ek vind n vriend met n koelkamer. Ons hang die bok. Op die vyftiende dag saag ons hom op in tjops en blokkies vleis, nes n skaap. Ons somme is gemaak, die karkas weeg 45 kg en ons betaal sy Pa R550. Dis R12 per kilo. Ons maak die vleis op in pakkies en vra R26 per kg.

Ons eerste proeflopie is daar waar mense se pensioen maandeliks uitbetaal word. Ons braai van die vleis en laat hulle proe, dis verniet, ons advertensie  mos nou. Hier teen eenuur is die vleis als verkoop.

Ons gaan skiet nou vier bokke. Die Pa gee skuld, want die eerste bok het ons klaar betaal. Weer koelkamer toe vir veertien dae. Toe weer betaalpunt toe. Teen eenuur toe die vleis begin min raak, wil ons kliente mekaar te lyf gaan om die laaste pakkies te koop.

My vrou wil die horries kry omdat ons in die “Lokasie” verkoop. Ons stel twee bodyguards aan, sommer local snare wat die mense ken.  Die besigheid loop soos die wind. Staan nou op twaalf bokke per week, nadat die”bodyguards” ons ander staanplekke uitgewys het. Afrika se mense is rooivleis eters. Laatlam het vir ons n mooi kleur plakaat gemaak wat wys hoe n blesbok klyk.

Hier sit ons nou ons wins en uitwerk. Ongeveer R 300 per bok, na uitgawes. Dis R3,600 per week en
R14,000 per maand. Die besigheid groei nog steeds.

Peetkind is op koers, ek tree uit en hy vat n swart vennoot, een van die “bodyguards”. Hulle gaan nou groter gaan. Kan nou n winkeltjie daar te huur kry.

Die blanke mark? Nee wat, ons het probeer, hulle stry te veel oor pryse en sê wildsvleis ruik te aardig as dit kook.

Skiet maar liewer n koronêr.

15 antwoorde op Dan is daar die Wenners.

  1. trouby het gesê op September 14, 2008

    Laat my dink aan my eie Alicia. Was, stryk en maak skoon vyf dae van die week. Saterdae verkoop sy ou klere en stukkies staalwol op Kaapstad stasie. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

  2. Dis so ‘n positiewe skrywe die!
    Ja, die wat koronere skiet is werklik geseend om so weelderig en neusoptrekkerig te leef! (lol)

  3. Ceara het gesê op September 14, 2008

    Wildsvleis ruik aardig as dit kook? Liewe hemel… Hulle verdien beslis nie die vleis nie, jy is heeltemaal reg. Ek het baie van hierdie skrywer gehou Ou Top.

  4. hoed af vir jou poging . grand benadering . dis hoe dit gedoen moet word. doet so voort .

  5. rubyt het gesê op September 14, 2008

    Ou Top
    Ek kan amper nie glo wat ek hier lees nie. Dit klink eerder vir my daars ‘n mens wat te bederf is. Dis die lekkerste vleisies man. Nietemin eks is bly vir die geleentheid wat julle self geskep het hier. Leef en laat leef!

  6. Ou-Top het gesê op September 14, 2008

    Dis nie al beswaar nie, hulle die goed word dan nooit ontwurm of gespuit teen siektes nie, draers van allerhande kieme. Genugtig tog, ons arme blankes weet van min.

  7. rubyt het gesê op September 14, 2008

    Ou Top
    Ek sien hierdie onkundigheid of wat jy dit ook al wil noem , daagliks. Ons mense het bederf geword en oorlams van al die lekkernye. Verstaan jy? Pa het altyd sy arms so in die lug opgegooi as jy nie nou verstaan nie, uit moedeloosheid! Hehe. En so sal almal nog leer totdat hulle se oge oopgegaan het.

  8. Viswyf het gesê op September 14, 2008

    Boer maak inderdaad ‘n plan. Dis goeie geld wat die manne maak. Daar is baie blankes wat wel die vleisie sal geniet. Miskien moet jy bietjie laat weet waar is nog ‘n afset gebied waar wittes ook kan koop.
    Viswyf

  9. ‘n Boer maak ‘n plan. Jy sê 14 dae? Heng ek het Gemsbok geskiet met laaste trip – ons kan nie die vleis eet nie. Vreeslike nasmaak. Die slimouens sê dis die adrenalien en ons stadsjape ken net nie die smaak nie? Wat dink jy?

  10. Ou-Top het gesê op September 15, 2008

    Ek kan maar net sê wat ek ondervind het; n bok wat gekwes en gejaag word, se vleis smaak ook vir my anders, effens seperig. Jy kom dit nie maklik agter van sy biltong nie, maar beslis van die kookvleis. As n bok rustig daar staan en kry n doodskoot, proe sy vleis vir my die beste. Ramme,veral die oues, se vleis is taaier as jong ramme en die ooie.Die hangery in die koelkamer is teen 4 grade.

  11. Ai, so ou wildsvleisie wat reg gestowe is, bly darem koningskos.. Net aan Springbok het ant Sussa nie smaak nie.

  12. Ou-Top het gesê op September 15, 2008

    Sussie, ek stem, sprinbok is sommer n sprinkaantjie, nee, n groot stewige Vrystaatse bleskbokboud, gestop met spek en knoffel en bo-op n bietjie gedroggte pruime. Maar jy bly daar in Bontebok wereld; is maar n blesbok hoor.

  13. zephur het gesê op September 16, 2008

    Entrepeneur in die bloed…

    Wildsvleis is lekker en ek hou daarvan om met dit lekker stews te maak en ook potjies…hou ook van my volstruis fillet steak met bloubessie sous…vinger lekker.

    As dae swaar is en die nood druk dan is jy nie lekkerbekkig en moan oor dit en dat nie, jy oorleef, dis ons witvel se probleem, ‘n man het nie werk nie en as jy hom werk aanbied soos om ‘n muur te verf dan sê hy nee hy doen nie sulke 3de klas werk nie…goed so maar R100 se betaling koop kos my vriend.

  14. zephur het gesê op September 16, 2008

    OK jy kan as jy op die ou se blog staan dit save as Favourite.

    Of makliker wanneer in die ou se Blog klik op “Voeg by tot Blog-Rol” en dan link dit die persoon as ‘n ondersteuner van jou of jy van hom. En op jou “Blog-Rol” net onder “My Merkers” sal dan die name verskyn wat jy dan kan op klik om direk na daai persoon se blog te gaan.

    Hoop dit help. Laat maar weet as daar nog vrae is.

  15. Daar in die Vrystaat (Warden) maak ou ‘Jakkalsjagter’ een Sondag in sy webertjie vir ons so takbok boud gaar. Ek het my vingers afgekou…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.