by

Los gedagtes van n Afrikaanssprekende ou man.

Augustus 13, 2008 in Sonder kategorie

Die gesprekke oor die Pretoria vier het my diep en alleen laat dink. My voorvaders kom uit Duitsland, die banggat Hollanders het arm jong seuns wat deur die Duitse Weermag opgelei was,opgekoop en uitgeskeep na die Kaap. Daar het hulle die voorste uitbreidngs van die Hollanders gaan beskerm teen die inheemse volk, want hulle kon skiet en was glo vreesloos. Hollandse boere het al verder van Kaapstad uitgebrei. Toe vat die Engelse oor, die Hollanders het hulle nie eers teegesit. Toe brei die boere al verder uit, tot teen die Visrivier in die Oo-Kaap , en daar kry hulle met die Xhosas te doen. Piet Retief en sy garde boer toe al van Port Elizabeth, na Uitenhage en Alexandria se kant. Die Xhosas pla hulle en die Engelse regering gaan haal wragtig n klomp softies van Engeland en kom gooi hulle tussen die boere en die Visrivier neer, so tussen Port Alfred en Grahamstad. Die arme Britse Setlaars. Hulle word uitgemoor, die meeste het nog nooit n perd gery of n geweer in sy hand vasgehou nie. Maar hulle oorleef wonder, bo wonder. Pa het akltyd gesê die beste Ingelse kry jy in die Oos-Kaap en dis waar.

Toe word n dronk jong boertjie in die hof in Kaapstad skuldig bevind dat hy die vorige aand n seeman in n tavern dik gedonder het. Die hof wil hom deporteer, hy spring regop in die hof en skreeu” Julle kan nie, ek is n Afrikander”.

So begin ons Afrikaners toe; oud Franse, oud Duitsers, oud Hollanders, oud Portugese en so aan. Toe kom Malan en Verwoerd met die Afrikaner Nasionalisme ding en hulle dryf dit te ver. So vêr dat die Wit Wolf verlede week in die Hooggeregshof van Pretoria, vir die regter sê n swart mens reken hy nie as n mens nie.  Al is hy uit die tronk gelaat nadat hy hoeveel swart mense op straat doodgeskiet het. En  daar naby Marico moet nog n jong seun sy straf nog kry omdat hy met n Lemettford geweer in n plakkerskamp ingestap en begin skiet het. Wie het hierdie kinders grootgemaak?

Ek is n Afrikaner vandat daai bakleierige boertjie eeue gelede in die Kaap vir die hof geskreeu het, julle kan my nie deporteer nie, want ek is hier gebore en ek is n Afrikaner van Afrika.

Almal wat wou en kon het geëmigreer; die wat bly moet nou besef, ons moet aanpas en die beste maak. Maar die ou politici werk nog sterk aan  die  ou Afrikaner Nasionalisme, hulle kaap nog steeds elke Afrikaner byeenkoms, fees of kultuurorganisasie.

Vir hulle wil ek sê:  Moet nie agter ons kinders wegkruip nie. Los ons kinders uit, julle bliksems!

Gelukig sien ek deesdae, die meerderheid van die Afrikanerjeug het klaar geleer om vir homself te dink; julle sal hom nooit meer aan sy neus kan lei met  bog- en slimstories nie. En hy dink anders as julle ou klomp siek Afrikaner fosiele.  Daar is ander Afrikaners ook in hierdie land, die stil en swoegende meerderheid.  Ek sien elke dag hoe hulle woeker. Hou maar dop.

15 antwoorde op Los gedagtes van n Afrikaanssprekende ou man.

  1. Hoor-hoor!

  2. Ou-Top het gesê op Augustus 13, 2008

    Sou n mens vandag kon sê dat n Afrikaner is enigiemand wie se huis- of dan moedertaal Afrikaans is, of hy nou n witmens, n bruinmens of n swartmens is? In ons unieke Afrika opset. Praat Afrikaans, bid in Afrikaans, leer in Afrikaans, skryf in Afrikaans, lees Afrikaans. Volgens my gevoel is dit dan mos n Afrikaner van Afrika.

  3. abrham het gesê op Augustus 13, 2008

    medemenslikheid – ‘n genegebrek waaraan al die inwoners van die land ly. somtyds dink ek ons haat onsself, jy moet jou naaste haat soos jyself – dis wat ek sien en in ons droewige geskiedenis lees. ek maak n doelbewuste keuse om my naaste lief te he soos myself. hy wat ek ter eniger tyd ,dag of nag in my wandel kan aanraak.

    shit, dan loop ek nie eers kerk nie.

  4. abrham het gesê op Augustus 13, 2008

    ou top, die tong spreek dit wat in die siel woon. die taal waarin jou siel praat ( moedertaal) bepaal jou etiket. ek stem saam met jou.

  5. hmmmmm….

    ek kom loer net gou in 🙂
    lekker bly
    xxx

  6. Ou-Top het gesê op Augustus 14, 2008

    Doen dit asseblief Kami. Donkiejare gelede is ek op n elite Afrikaner skool en ons speel rugby teen n Engelse skool. In die kleedkamer sê ons afrigter, wat ook n gesiene onderwyser was in die skool, vir ons.
    ” Onthou die 27,000 Afrikaner kinders en vrouens wat hulle in die konsentrasie kampe vergiftig en vermoor het.Maak hulle dood!”

    Ek was so opgewerk, ek het self n paar ongeoorloofde vuishoue en skoppe ingekry. Kan nie onthou of ek n ou se oor gebyt het nie. Nou sien ek die ou is vandag n hoog aangeskrewe professor en hy dien nogv ” Die Saak”. Net vir interessantheid, die engelse skool was Grey Kollege hier in Bloem. Ja, in daardie dae was ons geleer dis n Ingelse skool.

  7. Ek beaam wat jy sê 100%.

    Dit breek my hart om te sien hoe party ouers nogsteeds hul kinders grootmaak met die mentaliteit dat anderkleuriges ‘tweedeklas-burgers’ is. En die jongmanne wat sprontuit sê: “Ek is ‘n rassis”.

    Red nou ‘n nasie…

    (Gaan kyk my inskrywing van Maandag oor dieselfde onderwerp: “Oor my hart wat swaar klop en die waterkloof 4”)

  8. Ou-Top het gesê op Augustus 14, 2008

    Het hom gelees Michelle, dis wat my so aan die dink gesit het.

  9. Izakdv het gesê op Augustus 14, 2008

    Ek moet die kompliment teruggee! Vir my is die rykwydte van Afrikaanse denke interessant, en uiters verblydend. Daar sal in enige taal en kultuur die ekstreme mense wees. Maar dis lekker om ou toppies te hê wat so lekker op die internet kan saampraat!
    Dankie
    Izak

  10. My kinders moet gekwalifiseerd raak, maar sodat hulle landuit kan gaan.
    Vir my is dit te laat, tensy ek iewers ‘n skatryk dokter kry om my te trou en weg te vat van elke nag se slaap-vrees….

  11. Hallo Ou Top,

    Kontak my asb dringend by [email protected] sodast ek jou betalingsbesonderhede vir jou prysgeld kan kry. Vandag nog asb!

  12. Om ‘n kortgat, petite ou dingetjie te wees, help die kop nie altyd nie. Op 5voet 02 is meeste mense heelwat langer as ek! En om met 5 boeties groot te word het nie gehelp nie: ek kry maar tog soms, so een maal per jaar, die gevoel dat ek iemand wil donner, al weet ek my ou handjies is te klein en te sag.
    Dankie vir die mooi woorde 🙂

  13. Die dogtertjie is deur ‘n bus raakgery toe sy by die skool daaruit geklim het. Was redelik baie media blootstelling.
    My seun, die nerd, het na ekstra wiskunde klasse in matriek, met sy stokou 50cc gery en was 4 dae in ‘n koma na sy ongeluk waar ‘n ongeduldige vrou hom geskraap het. Tot vandag toe moerse penne in sy bene.
    Lollie kry dus nié ‘n scooter nie en ek slat haar byvoorbaat dood as sy naby een kom…. statistiekmakers, die fietsies.
    Dankie vir die getroue besoeke 🙂

  14. zephur het gesê op Augustus 21, 2008

    Hoor Hoor so praat ‘n bek.

    Ek maak my kinders ook groot om nie die kleur te sien nie en hulle noem bruinmense Oom en Tannie, en ek praat ook nooit neerhalig van swart of bruinmense nie, maar iewers in hul wese kom daar iets so nou en dan uit dat ons beter as hulle is en dat hulle net lui is, ek het die saadjie nie geplant nie en ek probeer hom doodmaak, is dit die gene van die voorvaders.

  15. Vetjan het gesê op Augustus 23, 2008

    Ou Top, jou blog lees baie lekker.

    en hoe het die grense nie verskuif nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.