by

Twee giftige blonds kruis my pad.

Julie 17, 2008 in Sonder kategorie

My vrou klae. Sê ek skryf morbiede stories. Nou vertel ek julle maar van my ander hond. Hy het sy vrou Serabi oorleef en is n pragtige spierwit Labrador met die naam van Gambles.

Ses dertig word ek wakker van geluide buite. Dis nog effens donker en ek weet dis te vroeg vir die outjie wat die koerant in my posbus gooi. Ek stap uit en sien Gambles teen die  ysterhek. Aan die  buitekant staan n  regop figuur wat lyk soos n blonde meisiekind. Dis n Afghan teef wat  haar tietjies vir my hond deur die tralies wys. Gambles het skoon vergeet van die rumatiek in sy heup, hy staan en pronk soos n resiesperd, kop omhoog.

Ek weet mos dat my hond lank laas n girlfriend beetgehad het en daarom maak ek toe maar of ek buite gaan kyk of die koerant wel in my posbus is. Die skuifhek laat ek op n skrefie oop, want ek ken my hond. Ek hoor toe hy hier agter my die hek met sy poot oopskuif en hoe die Afghan gretig na binne spring. Ek sien  egter niks en stap maar weer terug na my huis om die ketel aan te sit.

Skielik hoor ek iemand gil daarbuite en vir n oomblik dog ek: O moer, miskien was daai Afghan tog n mens. Ek spring by die voordeur uit en daar staan nog n  seksie blond aan die buitekant van die hek. Ligblou sweetpak aan, rooi lippies, donkerbrille op die kop en sy het n ” choke-chain” in haar hand. Ek dog sy word aangeval soos sy skreeu en ek pluk die hek haastig oop dat sy kan binnekom.

Sy swaai met die”choke-chain” na my kop terwyl sy skreeu.” Jou vieslike ou perverte man, my hond word voor jou oë verkrag en jy staan net daar!!”

Ek gryp die ketting uit haar hand en dit maak haar net meer verwoed.” My hond kos vyf duisend rand en jou basterbrak verkrag haar, man! Skiet hom dood!”

Sy skop na my hond se pens, maar ek keer. Jy sien vriend, as n reunhond sy job behoorlik gedoen het met n bronstige teef, dan sit hulle vas aan mekaar. Dis maar hul natuur. My boerebloed begin egter nou te kook vir hierdie vloekerige  en skopperige rykmansvrou. My hond is mos nou magteloos.

” Jy skop of slaan nie weer aan my hond nie, mevrou, jy sal laat hy sy peester knak! My hond het pampiere, hoor.”

My vrou kom red my uit die situasie, die blondevrou moet maar binne gaan koffie drink tot die natuur sy”grip” op die twee honde verslap het. Vir veiligheid bly ek maar buite, ek hou maar die honde dop.

Toe klok Thomas my tuinjong in vir werk. Hy lag dat jy net tande sien. “My jirre ouwaas, hier kry onse hond sy krismisboksie sommer in die middel van die jaar.”

9 antwoorde op Twee giftige blonds kruis my pad.

  1. Ooe, lekker lag ek nou!

  2. borrels het gesê op Julie 17, 2008

    Dink die ryk blond laat vanmiddag nog ‘n aborsie doen op die ander blond.

  3. bigbigjoe het gesê op Julie 17, 2008

    Ou Top dis duidelik dat die Afghan nie die ware teef in jou storie was nie- veel eerder haar eienaar!

  4. SureSlim het gesê op Julie 17, 2008

    Sit die ouvrou aan die ketting!

  5. hehehehehehehe

  6. Ou-Top het gesê op Julie 17, 2008

    Michelle, jou vir die derde keer nie herken. Jy lyk pragtig meisiekind.

  7. Laat my dink aan die keer in Windhoek, 30 jaar terug, toe ons een middag by die huis kom. Staan toe ‘n kar voor die hek. Die dominee het kom huisbesoek doen, sien. Ons ry in, klim af en, so met die groetslag, tou die bure se Weggooi ons Kleintjie so tussen die dominee se voete deur. Hy het so groot geskrik dat hy hardop se “o moer!”. Ek weet nie wie was skamer nie, pa-hulle of die dominee. Ek wou obslag weet watter speletjie speel hulle dan nou.

  8. ezile het gesê op Julie 18, 2008

    Lekker storie en pragtige foto – jou nuwe aansiggie (avatar klink tog so pretensieus).

  9. trouby het gesê op Julie 19, 2008

    mag ek maar ‘n bietjie mxit taal ingooi en sê LMGA!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.