by

n Ou vriend van my.

Julie 11, 2008 in Sonder kategorie

By die kunstefees stap ek ydel rond en loer na stalletjies en al die mooi dinge daar. Op n kolletjie gras sien ek n man staan met sy hande so oor sy oë asof hy vêr wil kyk. Dadelik herken ek hom. Dis my ou vriend Bessie van die Karoo wat daar staan. Ek haas my daarheen, want ek het hom so vier jaar gelede laas gesien. Hy was saam op skool en ook saam op universiteit. Ons het baie dinge vir die eerste keer in ons lewe saam gedoen.

Vat hom aan sy mou en sê: Bessie jou ou blikslaer wat maak jy hier!

Hy kyk my half verskrik aan en vra: “Wies jy, wat wil jy hê?”   So half asof ek n tsotsi is wat aan sy kardeur klop.

“Dis ek, man, die Ou Top” sê ek vir hom maar ek sien iets in sy oë wat my onrustig maak.

Die man herken my glad nie meer. Sy vrou kom vinnig aangestap en groet my vriendelik.

” O hier is jy,” sê sy en gee vir hom n sosatie aan.

Hy moes uitgehonger gewees het, want hy val dadelik weg terwyl sy skuins tussen ons twee draai en vir my sê; ” Ou Top, Bessie het vergeet nou dinge, het so goed gegaan verlede week, maar ek dink al die mense en die gewoel hier, put hom uit”.

Het so rukkie by hulle gestaan en met haar gesels. Toe loop ek weg.

22 antwoorde op n Ou vriend van my.

  1. SureSlim het gesê op Julie 11, 2008

    Eerste keer wat ek hoor van ‘n man met die naam Bessie.

  2. loudavisi het gesê op Julie 11, 2008

    Die enigste voordeel van alzheimers is dat jy jou eie paaseiers kan wegsteek!
    Oops, sorry, wou nou nie spot nie.

  3. my.aengus het gesê op Julie 11, 2008

    sad 🙁

  4. 🙁

    Hoe oud is julle ?

  5. anskrige het gesê op Julie 11, 2008

    Ag nee, ou Top. (Ons het my pa altyd die ou toppie genoem maar ek en jy is seker dieselfde tyd se geslag).
    Dis so sad en my grootste vrees. Ek dink die paniek om te besef dis jou voorland is seker onbeskryflik.

  6. ZX het gesê op Julie 11, 2008

    As mens se herhinneringe nie eers joune kan bly nie, wat het mens dan? Ons almal aanvaar ouderdom gelate omdat ons streef na die idilliese beeld van onsself, knus ingevroetel op n stoel voor die kaggel, besig om ons kleinkinders met staaltjies uit ons verlede te vermaak. Maar wat as die alzheimer heks ons staaltjies een vir een verober?

  7. Ou-Top het gesê op Julie 11, 2008

    Skuilnaam Melt, dan trap ek op niemand se tone nie. Verlede jaar ook met my gebeur met n ander ou vriend,in die geweerwinkel, met sy vrou, verkoop sy goed. Hy moet net teken. Verskriklike siekte, is dit aan die toeneem en hoekom? Baie vreemde gevoel as jy iemand wat jy ken, skielik raakloop.

  8. Ou-Top het gesê op Julie 11, 2008

    Kietie, laat ek liewer sê dat die jaar toe Mandela destyds uit die tronk gelaat is, was ek op vakansie en op daai lang “stretch” tussen Beaufort wes en De Rust moes ek stilhou om n nood te verlig: dwarsoor die boonste draad van die heining. Hierdie Desember kon ek net die tweede draad van die grond af haal. Dis nogal oud hoor.

  9. kobusmalan het gesê op Julie 12, 2008

    Hi

    As jy op http://www.google.com ingaan tik net ken follet in, en dan kom sy hoofsite sommer heel eerste op.

    Daardie stukkie kom uit sy boek :The modigliani ……… Ekke het dit self oorgetik. Beste groete uit ‘n koue grot

  10. 😉 ek onthou daai jaar goed…was nogals op my 17de verjaarsdag wat hy vrygelaat is… 🙂

    lekker naweek
    xxx

  11. abrham het gesê op Julie 13, 2008

    kan dalk met bessie identifiseer, herfstyd val die blare van uiterlike jonkheid – die innerlike blaarverlies is subtiel, tragies.

  12. Ou-Top het gesê op Julie 13, 2008

    Abrahm,ek is n beginner hier en ek het die naweek spandeer om Sê Net en Vintage Net en al die ander goed te lees so ver ek kon. Vanoggend sit ek hier en dink oor alles. Die ouens wat die beste skryf en die meeste dinge weet en is dan almal in die Kaap. Ek is half skugter vanmore, veral na ek jou post ook gelees het. Ek skryf maar hier omdat ek, nee wag, ek weet self nie hoekom nie, ek voel maar net op n oomblik ek wil iets vertel en hier is niemand om my wat wil luister nie, dan tik ek maar.Maar na die naweek pla my platvloersigheid my nogal kwaai, ek dink ek moet liewer lees as tik. Dankie vir jou mooi woorde. Wil darem ook net hier sê die outjie wat daai storie oor die geskiedenis van Hentiesbaai op Sê Net geskryf het, ek het dit hier opgeslurp soos n dors kameel.

  13. Dalk is Bessie se hardeskyf net vol, en moes hy plek maak vir meer relevante inligting.
    Ek het ok vandag my maters van die Boesmanland gaan opsoek op Facebook, maar ek kon nie hulle name herken nie. Daar was 167 gelys, maar ek ken nie een se naam nie. Dis of ek nie daar was nie, of hulle was nie daar nie. Dalk is hulle van my hardeskyf af, om plek te maak vir jou, Ou Top.
    Dalk moes ek nooit vir 20 jaar weggelam het nie. Dalk moes jy jou vriendskap met Bessie meer gereeld ge-“refresh” het. Dalk het hy nooit vir jou bestaan nie, of jy vir hom….

  14. Ou-Top het gesê op Julie 13, 2008

    Dis presies wat my worry hoender, het onlangs gaan kyk op die plaas waar ek grootgeword het. Ek kon sweer ek was nooit daar nie,op my hardeskyf is alles dan nog so duidelik.

  15. zephur het gesê op Julie 14, 2008

    Ou top dit moet ‘n siek gevoel wees as iemand jou nie meer herken nie….

    Ek weet net ek wil nie graag daai paadjie stap nie en nie weet wie is ek en waar kom ek vandaan nie, dit is om dood te wees op jou voete.

  16. Ou-Top het gesê op Julie 14, 2008

    Zeppie, my eerste gevoel was, ek het so verouderd dat hy my liggaam nie herken nie. Toe voel ek onsigbaar,amper nou nog so.

  17. kerneelsie het gesê op Julie 16, 2008

    Siestog. Ek het geskrik so rukkie terug toe my Ma siek was en ook dinge so vergeet het. Kon nie eens onthou om die koppie te vat waarin sy koffie gemaak het nie. Sy vat sommer die hele ketel… Gelukkig was dit maar net moegheid na die siekbed.
    RE jou vorige inskrywing oor Dis ek Anna… Ek het die boek. Drie keer al gelees. Was nog nooit in my lewe so geskok soos met daai boek nie. Erger nog, die graad 10 leerlinge die kant doen die boek as ‘n voorgeskrewe boek. As ek ‘n ouer was sou ek kapsie gemaak het daarteen.
    Dankie vir die comment. Hoop jy geniet dit sommer baie hier.

  18. ezile het gesê op Julie 17, 2008

    Ek loop nou al heelweek met hierdie skrywe in my kop rond – kon eers nie kommentaar lewer nie. Dit lê soos ‘n klip in my maag. ‘n Wakker brein wens ek ons almal toe – en dat alles gelyk moet stop.

  19. anskrige het gesê op Julie 17, 2008

    Dankie vir die kuier en kompliment: het kom kyk of jy al vir ons ‘n nuwe enetjie het, maar sien jy werk te hard.
    Soek nog van hierdie poignent inskrywings, waar hoe min jy sê aan die einde van jou stuk juis die vuis in die maag is….

  20. mar1234 het gesê op Julie 17, 2008

    Ja dis sad

  21. hoekom so stil?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.