by

Kunstefees in Bloem

Julie 10, 2008 in Sonder kategorie

Groet die grotvrou is n belewenis, die verskillende emosies wat so vinnig verander en oor jou spoel is lekker man. Kry ook n duidelike kykie oor hoe n vrou se kop nou werk as sy honderd persent eerlik is met haarself. Wyk 14 laat mens dink en lag, dis daai ou wat in Orkney Snorkney op TV gespeel het.

Die beste vir my, en dit was verskriklik vir enige iemand wat n verbintenis met n plaas het, was Saad. So n onheilspellende naam, het te doen met grond en n plaas. Mense het daar uitgekom met verstarde, wilde oë; wil met niemand praat, wil net wegkom na sy kar waar hy alleen kan wees. Dis n toneelstuk wat ruk aan die siel van n Suid Afrikaner; erg man. En weet jy wat, daai outjie van Australia wat op Sewende Laan vir Helena, Jan Hendrik se girl wil vry, hy speel daarin. Daai man kan toneelspeel, hoor.

Dan was daar die verskriklike storie, Dis Ek Anna, wat as ek nie verkeerd is nie, die ware verhaal is van die skryfster van die boek met dieselfde naam. Gaan oor molestering van n dogter in gesinsverband. Mens voel soms jy wil op die verhoog klim en skreeu.” Dis genoeg, stop dit nou, geen meer pyn vir hierdie kind. Ek maak jou dood!” n Mens is daarna skaam om te dink jy is ook n man.Genade tog, mag die Groot Trooster hierdie vrou bystaan en bewaar.

Breinbliksem het ek nie voor kans gesien, my dogter wel. Sy sal ook nie meer dieselfde wees nie, sê sy. Sy en haar vriend bewe nou nog as hulle daaroor praat. Nogal geskryf deur n jong Blomfonteinsie skrywer, ene Viljoen. Gaan oor n waansinnige wat n musiekfees bywoon. Jong mense stroom daarheen.

My suster is n halwe suur en enrstige soort mens, verdra nie ligsinnigheid en grappies nie. Haar dogter het haar saamgesleep na die fees en hulle het As jy moeg is, stop en rus gaan kyk. Sy het vanoggend hier ingebars en lag so, sy kan my nie mooi vertel wat sy alles gesien en beleef het nie. Wys jou net die krag van lewendige teater. Soos n ou hier agter my op die kritiekste oomblik van Dis Ek Anna, te hard vir sy vrou gefluister het: Agge nee, ek hoop nie hy gaan die arme meisiekind nou rêrig hier spyker nie!

Maar Saad…. my siel  fladder en voel omgedop. binnekant buite toe. Maar dit was alles klekker, ons land het soveel talent, ons kan net wen. Aleta, Lou en Michelle, as ek nou so vinnig dink, julle moet hierdie stuk gaan sien.

10 antwoorde op Kunstefees in Bloem

  1. marymompel het gesê op Julie 10, 2008

    Ek is ook mal oor die Teater! Self ‘n paar hoofrolle in die skool gespeel! Toe ek in Bloem was, (1979/1908) het ek gereeld luchtye na daai twee toring Kerk gegaan, daar was altyd een of ander opvoering! En dis die laaste keer wat ek naby ‘n Teater was! Hier is die klomp flappe by die werk en die customers erger as ‘n teater!

  2. ezile het gesê op Julie 10, 2008

    Baie dankie dat jy dit met ons deel. Ek is so dankbaar dat teater darem nog gebeur en so ‘n effek kan hê. Ek is nuuskierig oor Saad, sal kyk of ek meer inligting daaroor kan kry.

  3. Windnimf het gesê op Julie 10, 2008

    Ek is baie jaloers. Klink asof dit fantasties was. Het Dis Ek Anna gelees, net so ontstellend kan my net voorstel as jy dit nog op die verhoog ook moet sien. Al Groet die Grotman gekyk, maar nog nie Groet die Grotvrou nie. Breinbliksem ook al gelees.

  4. loudavisi het gesê op Julie 10, 2008

    Jy is een gelukkige Ou Top!

  5. Ou-Top het gesê op Julie 10, 2008

    Wil darem net byvoeg, lyk vir my ons, dis nou die gepeupel soos Neil ons noem, hou baie meer van teater as fliek gaan kyk.Weet julle dat die meeste kaartjies lank voor die tyd uitverkoop was? Nie eers daai sexy girl met die opgepomde lippe en Brad Pitt kon soveel mense lok nie. Nee, die gepeupel hou van konsert, ek kon nie eers vir Cameleon of vir Marius Weyers in daai Andre Brink vertaalde stuk gaan sien nie. Kan hulle nie die fees maar twee weke lank maak nie? Die lekkerste is om na die tyd in die groot biertente te gaan sit en dop terwyl almal praat oor wat hulle gesien en gehoor het.

  6. kobusmalan het gesê op Julie 11, 2008

    Hi – ek skryf na aanleiding van jou notaop liz se blok – gaan kyk gerus wat Ken follet daaroor te se het. Groete

  7. anskrige het gesê op Julie 11, 2008

    weet nie wie Ken Follet is nie?

  8. Ou-Top het gesê op Julie 11, 2008

    Jammer Liz, kry vir Follet toe op Grotman se blog. Interessant. Dankie Grotman, misverstand. Wil bietjie meer lees oor hierdie Follet kêrel.

  9. anskrige het gesê op Julie 11, 2008

    Ek hou daarvan om soms terug te lees op blogs en soms is die internet stadig.
    Doen ons ‘n guns en gaan na jou naam langs “teken uit” regs op jou skerm en dan na die verstellings. Stel asb jou blog dat ons 20 blogs op ‘n slag kan deurblaai.
    Dankie hoor!

  10. suletteb het gesê op Julie 13, 2008

    Ek gaan verseker as ek ooit die geleentheid kry, dankie. Hoe gaan dit met die Ou Top op hierdie Sondagmiddag?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.