by

My vriende in Afrika

Julie 8, 2008 in Sonder kategorie

Dis yskoud hier in Bloem en dit word nou laat vir n ou top soos ek, maar ek wou eers soveel as moontlik blogs belees en hier en daar n antwoord gee. Hier is so n mengelmoes van hartseer, pyn, geluk, vreugde asook angst en onsekerheid. Mag Mam Parra se pyn verdwyn, Borreltjie berusting en geluk weer vind, Aleta se verlange gangbaar raak, Kietie ongeskonde bly, en al die ander deur die Engele beskerm word om aanhoudend hier te skryf. Dis vir my soos een groot konsert van die lewe, drama, liefde, humor, komedie,  en dan sorg ou Neil nog hier en daar vir n bietjie rugby en sexy lywe. Solank ons met mekaar kan praat en vir mekaar stories kan vertel, dan weet en verstaan ons hoe dit hier in Afrika met ons almal syn. Ek gaan hierdie week na ons kunstefees in Bloem, wil Groet die Grotvrou kaan kyk. Maar ek sien Casper de Vries is nie hier, daars nou n snaar wat ons Afrikaners ken. Soms wil ek hom net moer, en soms lag ek my krom. Konsert, of teater soos julle dit noem, is vir my soos poeding, kan nie genoeg daarvan kry. Ons sal almal hier oorleef, soos iemand vanaand hier op n blog gesê het, dink dit was Skitter, hier is baie meer goeie as slegte mense in hierdie land, ons gaan survive en dinge sal regkom. As julle nie vir ons dig en stories vertel nie, as julle nie met al daai interessante inligting en fotos kom nie, as julle nie meer klae, juig of net sug oor die lewe nie, gaan ons almal ten gronde gaan. Ons sal stom raak en aan ons eie slym verstik.

Lekker slaap julle unieke klomp mense van Afrika, selfs julle daar oorsee, ons weet julle harte is nog hier.

9 antwoorde op My vriende in Afrika

  1. Angelor het gesê op Julie 8, 2008

    die toppie gaan ook nou nou snork,.. nag ander toppie…

  2. Ou-Top het gesê op Julie 8, 2008

    Toe moes ek eers daai musiek luister en die gedig lees. Jy sien, dis wat ek van praat. So uit die bloute. En daai perde?
    Dankie.

  3. hellokietie het gesê op Julie 8, 2008

    helloooooooo

    ek het “groet die grotvrou” in pta gekyk…..

  4. bogpraat het gesê op Julie 8, 2008

    Ou top moet mos al ‘n wyse heer wees?
    Hier kom te min shows na my dorp, moet maar wag vir die dvd’s. Ek geniet Caspertjie vir sy liefde vir afrikaans, maar daai donnerse gay, die hoogs aangeklamde rooineus tappet en daai irriterende bruin koplap luis karakters van hom kan maar by die huis bly.
    Ek geniet Oom Kallie Marie maar die meeste, lekker hups op sy oudag…
    Ek wens Grotman wil ‘n draai hier ook kom maak, dit klink na ‘n treffer.

    Nic

  5. Laat weet ons hoe was Groet die Grotvrou, dis een wat ek nog graag wil sien, maar is skrikkerig na ek Groet die Grotman so VERSKRIKLIK baie geniet het.

  6. loudavisi het gesê op Julie 9, 2008

    Ou Toppie, jys kosbaar!

  7. Outop, ja, daardie berge loop rond by Kaapschehoop. Maar ek het noudiedag iets op die radio gehoor dat daar met hulle gemigreer gaan word vir een of ander rede… Ek wag om terugvoer te kry van ons Toerisme kantoor daaroor. Ek het Saterdag (op RSG nogal!) gehoor van ‘n wildtuin hier tussen ons en Badplaas, hulle is nou besig om die plek meer ‘op die map te sit’. Ken jy die omgewing van my?

  8. zephur het gesê op Julie 9, 2008

    Ou Toppie jy slaan die spyker op die kop, die blogs het so ‘n manier om ons nugter te hou en so ook op ‘n manier bymekaar te hou.

    Hoop dis nie te koud in Bloem nie, kry maar genoeg OBS.

  9. ezile het gesê op Julie 10, 2008

    Jy’s reg, onse mense voel al amper soos familie. Baie dankie vir jou mooi woorde – wens ek het die tyd gehad om almal se skrywes te kan lees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.