by

n Dolk in sy hart.

Julie 4, 2008 in Sonder kategorie

n Tannie van my verjaar in die ouetehuis. Nege uur die oggend vat ons vir haar n bak soetigheid, want sy en haar klomp vriendinne gaan partytjie hou. Op n wit plastiekstoel na aan die hek onder n boom sit n netjies geklede ou oom. Swart hoed, ligblou hemp en n rooi das, kerkpak en blink gepoetse skoene. Hy groet skaars, want hy hou die hek angstig dop. Tien uur ry ons en die ou man sit nog daar. Binne het my tannie gesê hy wag vir sy kinders of kleinkinders, hulle kom hom haal vir die dag. Teen drie uur bel my tannie en sê ek kan die bak kom haal. Die ou oom sit nog op dieselfde plek. Sy hoed het effens teruggeskuif en ek sien sy silwerhare llê plat teen sy kop. Die rooi das is al effens losgewoel. As ek verbystap hoor ek hoe hy met sy skor oumensstem sit en praat.” Sal kom, is seker besig met iets belangriks daar. Sal verseker kom. Sal  nou-nou kom”.

Iemand van die tehuis het hom n bottel water gegee, ek sien hoe hy met sy benerige ou hande die prop afskroef en n paar slukke neem.

Tannie sê hulle het al met hom gaan praat maar hy wou nie eenuur gaan eet het nie. Sê nou net hulle kom en hy is nie by die hek nie.

As ek julle eendag raak kan loop, my seekoeisambok stilletjies uit my kar kan haal, sal ek vir julle stukkend slaan. Verskriklik en aanhoudend tot hulle my agter in die vangwa gooi.  Bliksems!

16 antwoorde op n Dolk in sy hart.

  1. hellokietie het gesê op Julie 4, 2008

    Agge nee..hoe sad is dit nie!

  2. ezile het gesê op Julie 4, 2008

    Eina, eina, eina. Dis so mooi geskryf maar ek dink ‘n sambok is te genadig vir sulke kinders.

  3. loudavisi het gesê op Julie 4, 2008

    Hoe absoluut tragies.
    Bliksem hard, vinnig en sterk!

  4. loudavisi het gesê op Julie 4, 2008

    Hoe absoluut tragies.
    Bliksem hard, vinnig en sterk!

  5. Adalante het gesê op Julie 4, 2008

    Die wiel draai en eendag is hulle ook oud!

  6. borrels het gesê op Julie 4, 2008

    Ek sal jou help!

  7. Magrietjie het gesê op Julie 4, 2008

    Dis so hartseer en tragies ek weet nie hoe iemand so iets kan doen nie.
    Blessings
    Magrietjie

  8. hellokietie het gesê op Julie 5, 2008

    hello…ek kom loer net in om te sien hoe dit gaan 🙂

    lekker dag
    xxx

  9. oester het gesê op Julie 5, 2008

    ou top
    ek weet daar is seker omstandighede, maar ouetehuise is in wese n onding. dit is n verskoning vir luigat, luilekker jappie designer kinders om van hul plig teenoor die oues ontslae te raak. die hemele weet, ek sou graag met daardie gespuis in die vangwa gegooi wil word, en klaar maak wat jy begin het! dit sal nogal aangenaam wees om te hoor hoe hul koppe teen die kante klap. bliksems, soos jy se! kan jy nie dalk die vanne in die hande kry en dit plaas sodat ons almal weet net naastenby wie dit is nie?

  10. Ou-Top het gesê op Julie 6, 2008

    En waar kom generaal de waal vandaan? En ons Vrystaters weet nie hoe lyk n nat veld nie, het hierdie jaar nog net een keer effens gedrup hier. Kom speel op ons harde velde tussen karkoere en dorings, ons al julle vermorsel hierbo!En nou sit ek met “gaut” vandag.

  11. Ou-Top het gesê op Julie 6, 2008

    Neil,my pille vir die jig begin nou werk en ek voel ietwat beter. Ek wou jou eers op jou eie blogblad gaan gelukwens,maar nou pla my gewete my. Mooi so WP en geluk. Mag julle groot ondersteuner Neil Kroese se asem na daai twee dosyn bokkoms vandag so stink dat die ouderlinge daar in die voorste gestoeltes van sy kerk met wasgoedpennetjies op hul neuse sit.

  12. Ou-Top het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie Oester, maar ek kan nie. Ek het n vriend wat dieselfde van het as daai Afrikaner wat in die Boere Oorlog met n bende van 200 het. Hulle taak was om plase af te brand en oorblewende vrouens in te bring. Meeste van daai vrouens was verkrag en vermoor. My arme vriend, wat glad nie familie van daai krimineel is nie, word vandag nog deur ou Afrikaners gevloek.Dis n eeu gelede.

  13. hellokietie het gesê op Julie 6, 2008

    more Ou Top

    Nee jong, ek was nie by die July nie, het alle bande met daai lewe verbreek…het wel gesien dit was ‘n DH gister. Lekker dag, ek en Luke gaan nou Kung Fu Panda kyk.
    xxx

  14. anskrige het gesê op Julie 6, 2008

    Ek sal hulle vashou dat jy die wheel spanner gebruik!!!!
    Dis maar een van die hartseer ouetehuis stories. Ek moet my gedagte afsluit van wat ek weet daar gebeur…Ouderdom is nie vir sissies nie.
    (Dankie vir jou mooi kommetaar oor my broer se talent op Hoender se blog… Dis nog nie eers ‘n maand nie en vandag het ek opgestaan met ‘n knop in my keel.)

  15. anskrige het gesê op Julie 6, 2008

    verstaan nie jou kommetaar op my blog nie?
    (Strip, ekke? Nie sommer nie….heheh)

  16. Ai, ai, ai. Hoe gooi jy jou eie oumens so weg?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.