


Ek wil graag my nuuste skootkitaar wys voordat Litnetblogs finaal uitmekaar spat.
Ek het ‘n hele paar fotos geneem van die bouproses soos wat ek aangegaan het, maar wys net ‘n paar wat toepaslik is.
Ek het die prentjie van die ’50s-model op die internet gesien, afgetrek en opgeskaal tot die grootte en veranderde vorm, wat ek wou hê.
Op foto een is die plan uitgeknip en vasgeplak op die Afrika Rooshout plank.
Dan volg die ander trapsgewys. Die kitaar het ‘n Phi ivoorinlegstuk in die kopstuk. Ek het nog die klein stukkie ivoor wat ek in 1987 by ‘n Bosveldboer gekry het.
Phi is die natuurkonstante van die vorm waarin sonneblomme en sterrestelsels gerangskik is. Ek het dit in die vorm ingebring by die lengte en breedte verhouding.
Die deksel is van Afrika Swarthout met perlemoen volume en toon knoppies. Die kam en bruggie het ek ook gemaak uit vlekvrye staal.
Die fretbord is sommer by ‘n drukplek op skaal gedruk.
Die rooi tassie uit afval laaghout met flennievoering het net R15 gekos. Ek het nog rooi klere kleursel gehad en die tassie daarmee gekleur en toe vernis.
My skildery heelbo, hang regs.
Op die laaste foto is my drie rooi instrumente by my outydse grammofoon wat nog goed werk.
Die skilderytjie regs is deur my ouma geskilder na ‘n boere-saamtrek by Rustenburg in 1923.
Die orkes seisoen is in volle swang tot die einde van die jaar en ek gaan die rooi frats binnekort uittoets.
Laat waai!
Onlangse kommentare