Meermin se Krale
September 14, 2020 in Uncategorized
July 8, 2020 in Uncategorized
So met die Covid-19 het ek besluit ek het nou weer tyd op hande, hoekom nie weer met woorde speel, en weer begin blog nie.
Het ons nie maar almal met hierdie Covid-19 wat die jaar 2020 vir ons almal tot stilstand geruk het nie, besef hoe kort die lewe regtig is? Hoe belangrik familie, vriende vir mens is?
Die wat my ken, weet my vriendekring is baie klein, maar elkeen het ‘n baie spesiale plekkie in my hart.
Nie een van ons, het ‘n jaar terug gedink ons gaan in ons eie huise vasgekeer sit nie, dat daar ‘n virus gaan wees, wat ons almal dwing om weer ‘n slag stil te staan, en te besef, GOD is in beheer, nie ons as mens nie.
Baie dae wens ek, ek kon die tyd terug draai na 2019, net om weer “normaal” te kan lewe, dinge “normaal” te kan doen, nou is mens amper te bang om jou neus by ‘n deur uit te steek, want oral om jou is, “dalk iemand” wat positief is, wat nog nie eers weet hy of sy het die virus nie.
Die virus het so baie tot dinge tot stilstand geruk, mense se lewens is op “HOLD” gesit.
Gaan jy winkel toe, lyk almal soos een of ander skelm wat die winkel wil beroof, moet jy probeer asemhaal met masker, nou kruip ons almal weg agter maskers. Nie omdat ons wil nie, maar omdat ons gedwing word.
Die jaar 2020 het ons almal laat besef hoe nederig en klein ons is.
October 30, 2019 in Uncategorized
Wie van ons, is nie skaam om te herken dat EK IS KIND VAN GOD. SY liggie skyn helder deur my, ek verblind alle demone. Geen demoon sal my pad kruis, of my ondergang beteken nie.
May 31, 2019 in Uncategorized
Vanoggend besluit dit is tyd om weer bietjie te blog, ek het soveel om oor te gesels.
July 6, 2017 in Uncategorized
Ons almal het drome, ons almal het begeertes, ons almal wil ons drome leef, en die enigste een wat JOU droom kan leef, is jyself!
June 30, 2017 in Uncategorized
Gun my om asseblief om namens hierdie mense en diere te “praat” ons het nou onlangs kos en komberse ingesamel en vir hulle gevat. Hierdie mense doen ongelooflike goeie werk vir alle woefies en katjies wat geen ander heenkome het nie. My plan is om te kyk of ons nie weer met ‘n kos \ kombers insamel mee kan begin nie. Is daar enige iemand wat sou belang stel?
Mobile 1: 083 339 1692
Mobile 2: 079 916 4602
Mobile 3: 061 605 0002
Email: [email protected]
Polisie Rondawel
101 Rooikat St
Pretoria-Noord
Gauteng, South Africa
Nuwe opmerkings