Ek is sommer hartseer vanoggend oor al die mislukte huwelike om my.Die swaarkry en die hartseer.Dis asof liefde ‘n kortverhaal geraak het met ‘n dramatiese einde…wat volg op nog ‘n kortverhaal.
Ek lees nou die dag in ‘n boek en dit is so waar….as jy dink jy is reg, sal jy altyd reg wees en die bewyse kry om dit te staaf.Selfregverdiging is ‘n kanker wat liefde teer.Ek is lief vir jou…..maar, jy verstaan my nie, of jy doen niks in die huis nie, of jy het ‘n afair gehad, of jy is nooit by die huis nie.As ons op die negatiewe fokus sal ons negatief beinvloed word en andersom.
My huwelik is alles behalwe volmaak, maar ek het al geleer om my man se frans te verstaan en hy het my italiaans begin verstaan. Ons is uiteenlopende persoonlikhede , maar het met tyd ‘n plek gevind waarin ons mekaar vind. Waarin ons nie probeer verstaan, of reg en verkeerd is, waar ons net ons kan wees en mekaar kan geniet in al ons andersheid. Hy verstaan glad nie my geloof nie en is ‘n baie feitlike realis, ek baie abstrak en simbolies….en tog leer ek sooo baie by hom en hy by my, dit vry af op mekaar.In die begin wou ons mekaar verander, en vir ‘n ruk wat altwee die heeltyd op verdediging.Nou het ons darem al ons gards laat sak en kan weer by mekaar uitkom en mekaar geniet.
Die huwelik is nie ‘n hofsaak waarin daar ‘n regter (jy) ‘n beskuldigde(jou man) en elkeen se advokate (julle vriende) is nie….’n huwelik is ‘n instelling, dis ‘n besluit en uit daardie besluit kom verantwoordelikhede wat hoort by daardie beluit.Jy het jou man gekies, jy was lief vir hom, jy het kinder gekry en hulle is lief vir mekaar….julle is een, ‘n gesin.Dit hoort so…dit is reg.As jy wonder daaroor…dink weer.Hoekom soek jy uitkoms, ‘n exit…omdat dinge moeilik raak, jy moet nou van jouself begin gee, jy moet nou opoffer, jy kan nie maak wat jy wil nie….
Ek oordeel nie mense wat skei nie, ek vra net dat die wat nog nie geskei is nie sal mooi dink.Die huwelik is reg…die kinders in die huwelik is reg…julle wat met alle mag probeer om saam te bly om ‘n gesin te vorm is reg. Ja dit is nie maklik nie maar om elke dag met daardie vraag rond te loop asof dit ‘n opsie is is egskeiding….jy looop met egskeiding in jou hart rond as dit vir jou ‘n opsie is.Egskeiding is nie ‘n keuse nie…dit is nie ‘n opsie nie…egskeiding is wanneer twee mense mekaar so gebreek het dat die huwelik verbrokkel.Dat val in stukke….dit breek….dit is nie aksie wat doelgerig plaasvind nie.
Maar mense wat die een aand nog kan lag en gesels oor kerslig en die volgende dag wonder of hulle moet skeid is net onstabiel en hulle moet daaraan werk, nie aan hulle huwelik nie.Vroue se hormone is hulle vyande. As dit eendag voel vir jou of jou man lief is vir jou en die ander dag nie, voel jy nie lekker nie en moet miskien dink daaraan dat liefde nie ‘n gevoel is nie, maar ‘n band wat versterk word met commitment.As jy twyfel sien dit vir die vyand wat dit is….liefde is sterker as enige mag op aarde. Dit ruk ‘n ander vrou uit jou man se arms, dit maak ‘n gebroke hart heel, dit troos die diepste seer, dit maak nuut, dit bring nuwe lewe dit is wat die huewelik in stand hou.Die wat jy dink en wat jy voel nie.Jou begeertes en jou drome moet nou plek maak vir ‘n huwelik. En as die huwelik gesond is sal daar nog plek wees vir jou begeertes en drome ook. Dit vat net meer eersteplek nie. Jou huwelik eerste….en en liefde sal jou begeertes en jou drome dan wees om vir jou man te gee wat hy begeer en wat hy droom. Liefde gaan altyd oor die ander persoon nie jouself nie. Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie, want dit is nie ‘n emosie nie….die teenoorgestelde van liefde is selfsug.Die oomblik as daar selfsug in julle huwelik is is dit ‘n te kort aan liefde….moenie wat daarvoor nie, gee dit.Liefde is ‘n diens….groter liefde as dit ken ons nie, om jou naaste lief te he soos jou self….Jesus het Homself aan die kruis gegee…..en almal wat hom gekruising het vergewe. Hy het geweet hulle weet nie wat hulle doen nie. Jou man is selfsugtig, en ja is verkeerd en ja hy verstaan jou nie….maar hy dink hy is reg.Laat los tog die reg wees….vergewe en vergeet en werk aan daardie droom van ‘n gelukkige huwelik en ‘n gelukkige gesin.
Sooos met alle dromme werk ons hart aan ….musikante en kunstenaar werk vir jare aan daardie droom van hulle om eendag die beste te kan wees. Hulle gee van hulle self, hulle dit ure in die moeite en opofferings ….hulle beeiwerk hulle daartoe om te groei en beter te word. As ons ons beeiwer in ons huwelik, sonder twyfel en ons sit alles in en ons is bereid om te werk en op te offer en nie te kyk wie is reg en wie is verkeerd nie , sal ons daardie droom kan waarmaak, nie net vir onsself nie, maar vir ons mans en ons kinders….ons sal daardie droom kan lewe van ‘n heel gesin, ‘n heel huwelik.Hard werk en opoffer….niks kom van self nie, behalwe dood.As ons niks doen nie….sal ons huwelike dood gaan.
God haat egskeidings….en Hy haat sonde!Hy het twee opdragte vir die huwelik gegee. Mans julle moet julle vroue lief he, en vroue julle moet julle mans eer.As jy jou man eer….sal hy vir jou lief wees.(lees liefde en respek)daar staan nie wie moet eerste begin nie, as jy sal ek of niks nie….as jy nie liefde het nie….vra vir jouself eer ek regtig my man, onvoorwaardelik of hy dit verdien en of hy nog die man is met wie jy getrou het, en of hy ‘n afair gehad het….eer jy regtig jou man. Indien nie. Begin daar.Kyk fireproof (die movie) en raak stil hieroor….haal die opsies en die afdraaistrate en die moontlikhede uit jou kop en berus by jou besluit….werk daar aan met alles in jou. Werk daaraan totdat jy op die vloer stukkend val en werk daaraan met elke asem in jou lyf….’n huwelik is nie ‘n keuse nie….dit is die begin van twee siele wat een lewe begin ly. Om nooit jou siel te verloor nie, maar ook nooit die eenheid van die gesin op te offer nie.Dis moeilik…vrek moeilik!Dit vat jare en jare is opoffering en ingee en die minste wees….met tye offer ons van onsself, anderkere ons drome en anderkere laat ons ons idee van ‘n huwelik vaar en maak plek vir God se idee vir ‘n huwelik vir julle.
Die idee van ‘n huwelik is om twee mense so te brei in liefde of buigsaam en verdraagsaam en vol liefde wees dat die ander persoon vir jou belangriker as jouself is, want hy is wat jy nie is nie.Hy het wat jy nie het nie….hy maak jou volledig.Hy maak jou heel en hy maak beter as wat jy is. Hy is jou wonderwerk….wat jy in God se genade bewerk het.
‘n Huwelik is nie ‘n sprokie nie….’n huwelik is ook nie ‘n avontuur nie…’n huwelik is nie ‘n gedig of ‘n monoloog nie….’n huwelik is ‘n instelling van God en dit wat Hy bymekaar voeg, sal geen mens skei nie.Ons moet Hom soek met gedagtes van egskeiding…met twyfel en moedeloosheid…ons moet Hom vra vir Sy wil.As ons eers leer om een te word met Hom, sal ons huwelik ook een word saam met Hom.
Onlangse kommentare