Die bos
Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie
Het jy al wakker geword met die gekap van ’n houtkapper
’n vasgevangde mot se geklap en geflapper
Takke wat breek en ’n olifant se trompetter
’n vroegoggend vuurtjie se vlammetjies wat kletter?
Jou eerste reuk van die canvas en bos
Die heel beste plek onder die hele kosmos
Die son wat deur die nag probeer breek
En ’n straaltjie by jou tent gaas insteek
Dan hoor jy die hardloop van hoewe
En wees bly jy het nie verval in groewe
Jy staan rustig op agter die koffie walm
En sug van lekkerte oor alles so kalm
Oor jou bekertjie koffie en stukkie beskuit
Kruip almal een een by hulle tente uit
En om daardie vuurtjie raak almal stil
As ons die leeu hoor en sy laaste brul
Die gepraat oor die gejag in die nag
En die geluide van die vreeslike geslag
Jakkalsse en haienas ook in die gehoor
En die bobbejane val toe ook in die koor
Die bos hoendertjies loop mak mak rond
En pik al die oorblyftseltjies op van die grond
Die visarend wat in die vêrte uit roep
En die seekoeie se geproes en gepoep
Soos die sonbesies begin om hulle op te warm
Skrik jy al weer vir die kwê alarm
Vandag moet ons weer huiswaarts keer …
en jy vee ’n traan af van ’n hart so seer
Maar volgende jaar kom ons weer….
Planeet.Stander het gesê op Januarie 26, 2011
Jy praat my taal – druk gereeld my bakkie se neus bosveld se rigting toe.
rolienv het gesê op Januarie 26, 2011
Julle is gelukkig, geniet dit!
TS het gesê op Januarie 26, 2011
in mens se gedagtes kan jy elke dag gaan?