My Bruidegom
September 23, 2010 in Sonder kategorie
U luister as ek praat
U troos my as ek huil
U stuur vir my liefdesgedigte uit hooglied
U sing vir my oor die radio
U maak my stil met U teenwoordigheid
U nooi my uit om net ek te wees
U vul al die leemtes in my hart
U weet van al die pyn en smart
U weet nog voordat ek vra
U gee nie om as ek kla
U is ‘n heerlike geur wat ek diep in asem
U is ‘n lus vir my oog
U omvou my en hou my sag
U fluister in my oor met die wind in die nag
U hou my hand vas waar ek gaan in die dag
Ek hoor hoe aanbid die skepping U
en ek weet…niemand sal my ooit so kan bemin.
Niemand sien my soos U nie
niemand verstaan my so mooi nie
niemand hoor as ek praat nie
niemand sien as ek huil nie
niemand kan sien in my hart nie
niemand kan hoor wat ek dink nie
niemand weet wat ek begeer nie
niemand ken my soos U nie
niemand …weet wie ek is nie.
wat meer wil ek he…
wat meer kan ek vra
wat meer kan nog pla
wat meer kan ek oor droom
wat meer kan ek begeer
wat meer kon U doen
om ons met U te versoen
wat meer wil ons sien
voordat ons U dien?
Hier is ek nou
neem my nou
maak vir my ‘n deugsame vrou
gebruik my om lief te wees vir my man
onvoorwaardelike liefde in strome
wees U vir hom lief deur my
nooi hom om sy hart oop te maak
sodat hy nie hoef te verdedig nie
sodat hy nie hoef te beskerm nie
sodat hy nie hoef weg te steek nie
nie slim te wees nie
nie al die antwoorde te he nie
nie volmaak hoef te wees nie
nie hoef te probeer nie
nie trots wees
nie jammer te wees
nie iemand anders te wees nie
Genees ons harte van mekaar
en laat die mooi weer skyn en alle oordeel verdwyn
was ons gedagtes en laat bewondering weer lewe
laat ons liefde ervaar, op aarde soos in die hemel
laat die skepping in ons huwelik volmaak word
laat U wil geskied deur ons vir mekaar
laat U geloof word deur wat ons openbaar
laat ons eer bring aan U wondersoete naam
laat ons lewe bring aan elke dooie ding
Ons leef net uit genade
en hoe sal ons ooit verstaan
die dinge van die hart so vol pyn en smart
laat ons mekaar net lief he
laat ons mekaar kan dien
om suiwer na mekaar kan kyk
en U Grootheid daarin sien.
Wees U vir ons ons liefde
wat ons nader aan U bring
en laat ons saam saam na U binnekamer kom
en laat ons in hierdie intieme oomblike saamsmelt
vir ewig in ‘n eenheid wat nooit sal breek nie
en dat ons sal oudword in U liefde
en neem ons kinders en vorm hulle
maak hulle net soos U wil
op U slegs wag ek
nederig en stil…
boempie het gesê op September 23, 2010
Ek dink dit is pragtig. Sal jy omgee as ek dit uitdruk sodat ek dit elke oggend kan lees voordat ek opstaan? Jy het ‘n wonderlike talent en ek is bly om te sien daar is nog mense met ‘n sagte hart.
rolienv het gesê op September 23, 2010
Jy kan dit met liefde doen, ‘n sagte hart kom net van soek na liefde.Die manne se hartjies is baie keer nog sagter as ons sin en die misverstand maak albei ewe seer.
rosiemetdorings het gesê op September 23, 2010
Dankie vir hierdie wonderlike woorde.
Sal dit graag wil druk as jy nie omgee
rolienv het gesê op September 23, 2010
Enige tyd…dankie vir die inloer!
rolienv het gesê op September 23, 2010
Dankie Natasha.Lekker naweek!