by

Net een bruidegom.

September 16, 2010 in Sonder kategorie

Daar is net een bruidegom!As ‘n mens die skrif mooi verstaan en die metafoor van die hele bruilof begin ons verstaan dat jy en jou man en jou kinders bruide is en ons begeerte is eintlik na Jesus. Daardie diep verlange wat ons nie in mekaar kan bevredig nie. Daardie verlange na intimiteit en identiteit  en daardie onrealistiese verwagting wat ons op ons mans sit.

Vir julle wat sl die boek “jy is bekoorlik” gelees het sal weet waarvan ek praat . Na die sondeval het God ‘n vloek op Eva gesit(die vrou) waar in sy vir die res van haar bestaan haar man sal begeer.M.a.w haar man sal haar nooit aan al haar behoeftes kan voldoen nie….sy sal smag na meer.Jesus het egter elke vloek gebreek aan daardie vloekhout aan die kruis.Hy het elke vloek in ‘n seen verander. Hy is die seen deur vir ons ‘n bruidegom te wees. Hy satureer elke begeerte en behoefte van ons as ons dit na Hom toe bring. Hy is ons alles…Hy is genoeg. Hy het dit volbring. ‘n Nuwe verbond. Die huwelik ook. Hy is die nuwe verbond , as ons Hom toelaat in ons huwelik sal hy aan die man en die vrou se begeertes voldoen…deur mekaar. Hy is die volmaakte vrou vir jou man en die volmaakte man vir jou.As ons vandag onself oorgee aan hom…sal julle die perfekte ouers vir julle kinders wees en julle kinders die perfekte kinders vir julle.Hy is volmaak en maak alles volmaak.Hy kompromeer nie en Hy hou nie op totdat julle gesin nie ‘n volmaakte instelling van Sy Vader se Wil is nie. Julle sal mekaar liefhe, soos Hy julle lief het en mekaar in liefde dien, soos Hy die Vader gedien het tot in Sy dood.

As daar leemtes in jou huwelik is…moenie ‘n verwagting sit op jou man of vrou nie.Sit jou verwagting in Jesus en wag in geloof vir Sy volmaakte seen in julle huwelik. Hy kom met sy gouedraad van liefde en bind alles weer wat gebreek het met tyd.Hy maak alles vol wat leeg is en maak alles toe wat oop is.Hy is liefde.Kom ons bring vandag alles na Jesus toe ….Hy weet wat ons begeer…Hy is opgewonde oor jou…Hy begeer jou. Hy wil jou heelmaak.Hy is lief vir jou…net soos jy is.Hy dink jy is bekoorlik en weet van elke seer , die alleenheid, die teleurstelling , die onvervulde drome en die lee beloftes en al die begeertes van jou hart. Hy wil dans met jou…Hy wil jou toemaak met sy liefde en jou lei in Sy intiemieteit.Hy wil jou Syne maak en een word met jou.Hy wil jou vul met sy liefde vir jou….Sy liefde vir vir jou spesifiek in elke unieke sel van jou wese.Net vir jou…Hy wil dans net met jou.

1 antwoord op Net een bruidegom.

  1. Lieflike post.

Los ’n antwoord vir rosegarden. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.