As jou kind jou teleur stel
September 30, 2010 in Sonder kategorie
Nou ek het nie gedink my kind is perfek nie, ek het ook nie verwag dat sy my nooit gaan teleurstel nie.Ek het net nie verwag dat ‘n teleurstelling my so gaan ruk nie. Gaan skud nie.Gaan omgooi en my uitdroog soos wasgoed nie.Op 16 het alle tieners al hulle ouers teleurgestel op een of ander manier.
Ek het geen verwagting in my kinders nie, en my ouerstyl is om vryheid te gee soos hulle verantwoordelikheid hanteer. Vertroue is die basis van ons verhouding en ek kies om hulle te glo totdat ek bewyse het dat ek nie kan nie.Wel vandag is my vermoede bevestig en ja ek is onkant gevang.
Nou ek praat nie eers van dwelms of sex nie, net rook. Ja ek se net rook, want ek het al op 14 begin rook so dis nie dat ek high en mighty is nie.Dis net dat ek ouerskap my eerste prioriteit maak en nee ek is nie perfek nie, het net gedink as ek ‘n goeie verhouding met my kinders het en ulle genoeg vryheid en verantwoordelikheid gee sal hulle goeie besluite maak (nie soos hulle ma nie) maar dit moet dan maar die gene wees.Ek is net nou bietjie platgeslaan en weet dit klink belaglik vir baie van julle, been there done that ouers , maar dit is my battle vannaand.
Hoe vertrou ek weer my engel kind?
Onlangse kommentare