by

Gesondheid

Oktober 9, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend wil ek net vra dat almal gou moet dink aan die wat mense wie vanoggend in die hospitaal  is,of dit nou is vir een of ander toets, of chemo of net ‘n roetine operasie.Dit ontwrig ‘n mens se lewe en bring alles wat vanselfsprekend geword het tot ‘n stilstand en laat jou dink oor gesondheid, oor finansies, voorsiening en die toekoms en jy word gekoinfronteer met ons almal se grootste vrees, ‘[n realiteit waaroor niemand wil dink of aanvaar as deel van jou bestaan nie.Die dood.

Kom ons wees vanoggend net dankbaar vir ns gesondheid, dankbaar dat ons vanoggend by die werk kan wees, ons kinders kan versorg, ons man kan gelukkig hou en sterk genoeg kan wees om hierdie dag aan te pak met elke uitdaging wat dit inhou en bid dat ons vanaand weer veilig en gesond by die huis kan aankom, moeg na ‘n dag se werk en gebeurtenisse en kom ons bid dat hierdie by die huis kom nie vir ons selfsprekend sal wees nie, maar hang ‘n lint of ‘n boom by jou deur wat jou sal herinner elke aand vir daardie gedagte van selfsprekenheid om plek te maak vir dankbaarheid.Noemdit jou dankbaarheids strik of boom.Daar is ‘n hele paar sisteme wat volmaak jou liggaam instandhou om te dink, praat, asem tehaal,beweeg,sien en gelukkig vir almal saam werk om jou te te laat funksionneer in een dag. Sisteme wat vanselfssprekend net werk?Niks is vanselfsrekend nie.Kom ons dink vandag daaroor.

1 antwoord op Gesondheid

  1. zephur het gesê op Oktober 9, 2009

    OK dankie ek maak so…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.