by

‘n Nuwe Seisoen

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Soos ‘n kaalgestroopte boom in die winter,kaal en bar en blootgestel aan die elemente om my staan ek vanoggend voor U en ek is bewus van die hoop…die herinnering aan vorige seisoene en die geloof dat ek hierdie lente weer sal bot.Nie omdat ek soet was of ek sterk of mooi is nie omdat dit U tyd is vir nuwe dinge.Ag Heer ek hou my hande in die lug soos ‘n boom se takke en roep uitmet alles wat ek het uit…U is my verwagting!~Heer dis U tyd, die verandering in die omstandigheid en die opgewondenheid in my oor hierdie hoop diep binne en ek weet met versekering ek gaan weer bot hierdie lente ek gaan die bewys dra van die hoop in my en die belofte van vrug.Ek weet Elke bloeisel sal  beskerm word deur U wonderlike teenwoordigheid en elke bloeisel sal ontwikkel in ‘n volmaakte vrug wat deel sal wees van die oes wat U belowe het.Heer help my dat ek geduldig sal wees en op U tyd sal wag vir elke bloeisel en in geloof sal uitsien na ‘n groot oes in die volgende seisoen.My wortels sal al hierdie takke  voed en stewig laat staan teen die storms daar buite.

Heer gebruik hierdie lappie grond in my hart  om vir U ‘n oes te dra,voed my en laat U Gees  in my ontwikkel dat ek ek my eerste vrugte skaamteloos vir U kan gee.Dat ek met blydskap my eerste vrugte sal uitdeel soos U wil.Aag Heer dat die sprinkane  nie U oes sal beskadig nie. Ek bid dat U hande oor hierdie ou boompie sal bly, U goedheid en U oorvloedigheid hierdie oes verdubbel.Heer ek bid dat hierdie boompie elke dag sal weet niks wat in my is kom uit my nie,maar dat ek elke dag groei en ontlwikkel in U lewe. U liefde en U krag wat my gereed maak vir nog ‘n seisoen.Hoop gee vir nog ‘n dag en ‘n verwagting vir nog ‘n seisoen.Dankie Hemelse Vader vir hierdie spesiale vrug,hierdie vrug waarna almal smag, dankie dat ons nu die draers van U ttenwoordigheid kan wees.Dankie dat ons hoop kan he, en hoop kan gee en elke dag dag te weet dat ons ‘n hoopvolle toekoms het.Heer leer ons om nie net vir oestyd te lewe nie, maar om stilt e raak in die winter tyd en U grootheid ervaar.Dankie Heer vir hierdie bietjies winters in ons hart waarin ons met soveel verwagting hoop op U genade en in geloof groei soda tons dit kan uitsort in die somer.Dankie Heer vir die nuwe lewe in ons in die winter en dankie vir die nuwe lewe uit ons in die somer.Dankie Heer dat U ons voed en die winter dat ons die wereld kan voed in die somer.Dankie Hemelse Vader vir U wonderlike volmaakte tyd en U volmaakte liefde. Leer ons Heer om altyd te vertrou en te weet vandag is is volmaak in U plan en vandag is volmaak in U tyd en dankie Heer dat ons in winter of somer kaalgestoop of in volle ons kan oorgee in U wil vir ons.Dankie Hemelse Vader dat ons U kinders is ,dat ons U vrugte dra en dat ons vandag soos more en altyd verseker kan wee tons hoef nie bloeisels te maak in die lente en vrugte in die somer nie ,dat ons nie hoef blare te maak of skadu te gooi nie, maar dit slegs ‘n bewys is van U liefde in ons,nie omdat ons wil nie, maar omdat U wil.

Vergewe asb ons eie pogings en ons hopeloosheid met tye en help ons om soos ‘n boom by waterstrome in U rust e gaan en toelaat dat U liefde oorvloeding sal  blom in ons.U liefde is ons vrug en U liefde is ons lewe en U liefde is ons lig.Skyn vandag in Jesus Naam deur ons  en help ons om boompies van liefde aan teplant in die harte wat op ons pad kom vandag!

1 antwoord op ‘n Nuwe Seisoen

  1. shlwanjan het gesê op Oktober 7, 2009

    Daar is altyd hoop om aan vas te hou, nê…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.