Ma
Januarie 30, 2009 in Sonder kategorie
Aag Ma,ek mis jou so vreeslik.
Die kinders mis jou .
Jean mis jou.
Ons mis.
JOU.
Ons mis jou omgee en skater lag
ons mis jou etes en blomme prag
ons mis jou gee sonder rede
ons mis jou kuiers in die verlede
Ons mis jou as jy ons kom haal by die deur
ons mis die geduld as die kinders steur
ons mis hulp wat altyd net daar is
en ons mis die liefde wat altyd waar is
Ons mis die stories van die outyd
en jou lewenservaring en wysheid
ons mis jou soentjies en jou drukkies
en die sakdoekies met die strikkies
Ons mis die uitstappies na die kwekery
Klere koop sommer vir lekkerkry
Die kaaskoek en die tyd verwyl
en Saterdae se carbootsale
Ons mis die high tees en die mooi tafels
die tafeldoeke met stiksels en rafels
ons mis jou moeite met alles so netjies
al pas,van koppies tot servetjies
En onthou ma nog toe ons gaan vliek
toe proe die popcorn soos plastiek
ons is toe alleen in die grote plek
giggel so dat ons maagspiere rek
Aag Ma,ek verlang my elke dag dood
die verlies is vir ons so ontsettend groot
Dankie vir die herinneringe so spesiaal
wat elke dag deur ons gedagtes dwaal
En Ma….as jy hierdie briefie lees
Al is dit net hier in my gees
Ek is so verskiklik lief vir jou
Jy was ‘n merkwaardige vrou.
Onlangse kommentare