by

Pak op

Augustus 19, 2008 in Sonder kategorie

En dan gaan die lewe weer aan,Mamma is nou net nie meer hier nie.Haar goedtjies is verdeel   en die res is verstrooi na instansies wat spesialiseer daarin om dooie mense se goed uit te deel.Weird.

So is die lewe en so is die dood.Jammer as ‘n mens daaraan dink hoe jammer mamma vir haar goed was,hoe innig jammer sy was vir haar huisie en hoe privaat sy gelewe het. En dan krap almal in haar diepste privaatse eiendom en kyk nie na hierdie aarste besittings met die dieselfde oe as Mamma nie.

My ma was ‘n versamelaar.Boeke,fein linne,poselein en silwer,meubels uit van voor die skepping en alles is met ‘n storie bymekaar gepak en haar verhaal vertel.Sy het so oog gehad vir fein dinge in die lewe.Sy was nie iemand wat baie sosiaal was en baie leeggele het nie,maar tog het sy aan die einde vir my gese.Wat is die lewe as ‘n mens dit nie geniet nie.

Sy het so baie gewerk en so min tyd regtig afgestaan vir plesier.Plesier was amper soos sonde vir haar.Ek kyk nou na hierdie goedtjies waaraan sy so baie waarde geheg het,ek sit dit in my kas en wonder…sou sy eder meer tyd wou gehad het.Tyd vir lekker lag goed en sinnelose gesprekke met vriendinne.Vakansies by die see en ‘n lekker huisie by die see,of sy sou weer haar lewe kies soos wat sy het?

Ek weet party mense is meer huislik as ander,maar ek wil vandag vir al die vroue wat so klou en tyd in ruil vir goed vra.Waar gaan dit eendag heen?Julle kan dit nie saam vat nie. Geniet die mooi in die lewe en heg waarde aan die feinere dinge in die lewe en werk hard,maar moet nooit vergeet om te lewe nie.Plesier is nie ‘n sonde nie.En ‘n paar ure saam met kinders is nie sinneloos nie.Bou herinneringe…bou vir hulle erfenis saam met jou in hulle gedagtes. Lag saam, huil saam en baklei lekker as dit klippe uit die pad uit rol.Maak vrede met die lewe.Dit is nie ‘n plig nie…dit is ‘n vooreg…geniet elke oomblik daarvan.

9 antwoorde op Pak op

  1. borrels het gesê op Augustus 19, 2008

    more thandi
    mooi dag vir jou

  2. Hierdie is ‘n ontsettende mooi post!

  3. Stunning Post Thandi
    Blessings
    Magrietjie

  4. Hallo Thandi. *drukkie*

    Dit was so vinnig!

    Maar jou posts praat van vrede en genade…ek weet dit is steeds nie maklik nie.

    Dink aan jou. Sterkte!

  5. Cosmos het gesê op September 1, 2008

    Ai Tandie, so jammer om te lees van jou verlies. Maar ek kan aflei dat jy vrede in jou hart het. Jy het die kans gehad om te groet en om dankbaarheid te ontdek. Sterkte.

  6. pilgrim het gesê op September 2, 2008

    Sjoe Thandi, dis ‘n diep, mooi post hierdie … Ek hoop dit gaan tree vir tree aan met julle daarso?

    Daar is die naweek van 12 en 13 September (volgende naweek) ‘n Hadassa Konferensie in Durbanville. Ek kan ongelukkig nie saamkom nie, maar wil jy en jou dogter/s en ‘n vriendin of wat nie dit bywoon nie? Ek is seker julle sal dit SO geseënd vind, veral in hierdie tyd. Laat weet maar as jy meer inligting wil hê. As jy nie meer my e-mail adres het nie, kan jy sommer na my 24.com adres stuur.

    BAIE seen vir julle!

  7. *hallo!*

  8. shlwanjan het gesê op Oktober 6, 2008

    nog ‘n *hallo* {-;

    Hoe gaan dit by die werk?

  9. Softoit het gesê op Oktober 27, 2008

    Hi jy hoe gaan dit

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.