by

Dankbaar

Augustus 9, 2008 in Sonder kategorie

Vanoggend het ek vir die eerste keer die onderskeid kon maak tussen wardering en dankbaarheid.Ek het altyd gedink as jy iets wardeer is jy dankbaar en dat dit eintlik die selfde ding is.Baie van julle sal nou seker ding duh!!Ja ek kan nou eerlikwaar onderskei.Ek het nog altyd die goed om my wardeer , die natuur, my familie en my werk….maar was nog nooit dankbaar daarvoor nie. Ek besef ook nou dat dankbaarheid ‘n vrug van die gees is en word ook net ervaar as ‘n mens in opregtheid kan gee.As ‘n mens gee uit werke sal iemand dit wardeer, maar as ‘n mens gee uit opregte liefde sal iemand dankbaar wees.Dankbaarheid in alle omstandighede is ook ‘n teken van geestelike volwassenheid en slegs as ons dankbaar is in ons omstandighede sal ons ware geluk ervaar.

Ek sit vanoggend soksiel alleen by my ma wat besig is om te sterf van kanker, en ek weet ek het haar altyd wardeer, maar was nog nooit dankbaar oor haar nie, dankbaar vir die verskille wat ons gehad het en dankbaar oor die tyd wat ek saam met haar gehad het ,goed en sleg.Dankbaar dat ek haar kon leer ken en dankbaar omdat ek vanoggend so dankbaar voel. Hierdie dankbaarheid bring nuwe liefde en nuwe lewe.Dit is ‘n dankbaarheid dat ons lewe, vir elke asemteug.

Ek is dankbaar vir hierdie dag en heirdie laaste tyd sam met haar en die vrede wat ek nou ervaar in dankbaarheid.Ek hoef nie meer te verstaan en enige iets te verwag nie.Ek is dankbaar vir die skeppershand in ons lewe en ek weet hierdie omstandigheid waarin my ma nou is, die lyding wat net nie wil stop nie…ek weet sy sal ook nog dankbaar wees daaroor.God laat alles ten goede meewerk.Vir my en haar.Ek vat hierdie beginsel en wag nie meer vir woorde van haar om my beter te laat voel nie, ek dink nie meer aan iets om te doen om haar beter te laat voel nie.Ek sit net en wag….ek is dankbaar ons wag vir God se tyd.

2 antwoorde op Dankbaar

  1. Hierdie post van jou het met my siel gepraat!! Dankie!
    Ek dink so baie aan jou en jou ma. Sterkte.

  2. STC het gesê op Augustus 12, 2008

    Thandi, ek stuur vir jou al my liefde. Vat haar hand en weet dat elke sekonde ‘n seen is. Sterkte ook vir jou.
    Die dankbaarheid, die waardering vir God wat jou toelaat om saam met jou ma die “trip” te loop.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.