Pak op
Augustus 19, 2008 in Sonder kategorie
En dan gaan die lewe weer aan,Mamma is nou net nie meer hier nie.Haar goedtjies is verdeel en die res is verstrooi na instansies wat spesialiseer daarin om dooie mense se goed uit te deel.Weird.
So is die lewe en so is die dood.Jammer as ‘n mens daaraan dink hoe jammer mamma vir haar goed was,hoe innig jammer sy was vir haar huisie en hoe privaat sy gelewe het. En dan krap almal in haar diepste privaatse eiendom en kyk nie na hierdie aarste besittings met die dieselfde oe as Mamma nie.
My ma was ‘n versamelaar.Boeke,fein linne,poselein en silwer,meubels uit van voor die skepping en alles is met ‘n storie bymekaar gepak en haar verhaal vertel.Sy het so oog gehad vir fein dinge in die lewe.Sy was nie iemand wat baie sosiaal was en baie leeggele het nie,maar tog het sy aan die einde vir my gese.Wat is die lewe as ‘n mens dit nie geniet nie.
Sy het so baie gewerk en so min tyd regtig afgestaan vir plesier.Plesier was amper soos sonde vir haar.Ek kyk nou na hierdie goedtjies waaraan sy so baie waarde geheg het,ek sit dit in my kas en wonder…sou sy eder meer tyd wou gehad het.Tyd vir lekker lag goed en sinnelose gesprekke met vriendinne.Vakansies by die see en ‘n lekker huisie by die see,of sy sou weer haar lewe kies soos wat sy het?
Ek weet party mense is meer huislik as ander,maar ek wil vandag vir al die vroue wat so klou en tyd in ruil vir goed vra.Waar gaan dit eendag heen?Julle kan dit nie saam vat nie. Geniet die mooi in die lewe en heg waarde aan die feinere dinge in die lewe en werk hard,maar moet nooit vergeet om te lewe nie.Plesier is nie ‘n sonde nie.En ‘n paar ure saam met kinders is nie sinneloos nie.Bou herinneringe…bou vir hulle erfenis saam met jou in hulle gedagtes. Lag saam, huil saam en baklei lekker as dit klippe uit die pad uit rol.Maak vrede met die lewe.Dit is nie ‘n plig nie…dit is ‘n vooreg…geniet elke oomblik daarvan.
Onlangse kommentare