by

Kanker.

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie


My ma is 3 weke gelede gediagnotiseer met kanker en het 3 maande om te lewe.Op die oomblik bly sy by my en ek sorg vir haar.Dit is vir haar baie moeilik om te aanvaar en ons albei sukkel om vrede te maak met die feite en realiteite rondom die dood.Ek dink op ‘n geestelike vlak aanvaar ons albei dit en daar is ‘n diepe aanvaarding waaroor ons nie praat nie, maar weet God is in beheer. Daar is ongelukkig nog sekere ander aspekte wat moeilik is en daarmee sukkel ons baie.Verlore tyd,losmaak van goed wat ons vashou en en onafgehandelde dinge wat afgelsuit moet word.

Haar kop is nog so gesond, maar haar liggaam is gedaan en verslaan.Enige iemand wat al ondervinding het van hierdie situasie kan asseblief vir my hulle getuie of ondervinding vertel,ek sal dit wardeer.
Ek is so platgeslaan en weet dit is net genade wat my deur elke dag dra.Bid asb saam met my.

6 antwoorde op Kanker.

  1. My heart goes out to both you and your Mom.
    You are in my prayers.

  2. rosegarden het gesê op Julie 24, 2008

    Dis baie sleg. Wens ek het raad gehad, maar kan maar net vir julle bid. Stuur vir jou ‘n drukkie!

  3. gingermary het gesê op Julie 24, 2008

    Liewe Thandi. Ek moes jou post ‘n paar keer oor lees om dit in te neem. Ek is sooo jammer oor die nuus wat julle gekry het. Ek bid vir jou ma, vir jou en die res van julle familie in hierdie baie baie sad tyd. Spandeer soveel tyd met jou ma as wat jy kan!

  4. pilgrim het gesê op Julie 26, 2008

    Hello Thandi!
    Ai jong, ek is so jammer om te lees van jou seer, en dit nadat ek so lanklaas hier was! Ons is ook daardeur, en dit wat jy sê, dat julle weet God is in beheer, is die ENIGSTE ding waaraan julle kan vashou! En weet jy, dit is ‘n AMAZING ding! In God is alles moontlik.
    Ek bid saam met jou, suster! Vir julle almal! Julle is in die palm van God se hand, en dis ‘n sagte Hand.

  5. shlwanjan het gesê op Julie 28, 2008

    Thandi: Ek bid ook saam. Soos G sê: Ons is ook daardeur. Dit is ‘n mallemeule, maar solank ons bly fokus op God wat lewe gee en ons ook vir ewig laat lewe, is die hartseer draaglik. Sterkte vir jou en vir jou kinders. Baie liefde, C.

  6. borrels het gesê op Julie 29, 2008

    sterkte … dink aan jou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.