by

Oorvloed.

April 4, 2008 in Sonder kategorie

Johannes  10:10

‘n Dief kom net steel en slag en verwoes; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan he, en dit in oorvloed.

Ek weet Jesus het  dit nie  net in ‘n materialistiese wyse bedoel  nie,maar in elke aspek van lewe,liggaam siel en gees.Om vry te wees, om gesond te wees,om vol vreugde te wees.Vanoggend weet ek ons oorvloed is in ons.Ons hoef niks te koop nie,ons kan opstaan met die wete dat ons alles klaar het wat ons harte begeer. Daar is niks op aarde wat ons kort kom nie.Ons het die volheid van die Godheid in ons.

Ons dra alles in ons wat ons nodig het vir ‘n oorvloedige lewe.Al wat ons moet doen is om te glo.Lewe in oorvloed.Begin kyk na die Godheid in jou en maak jou pakkies oop.Maak daardie talente, gawes en vermoens oop,en tel jou seeninge een vir een,en jy sal verbaas wees oor wat God jou gee.Ons hoef niks by te kry nie,ons moet net begin gebruik wat God ons gegee het.Ons moet begin om die Heilige Gees te vertrou om ons te ontgin,Hy weet wat God vir ons beplan het, Hy weet wie ons is,Hy weet wat ons nodig het,Hy weet wat in ons pad staan om oorvloedig te leef.

Hy weet,want Hy is God.

6 antwoorde op Oorvloed.

  1. rosegarden het gesê op April 4, 2008

    Jy moet ‘n baie geseënde dag hê!

  2. Magrietjie het gesê op April 4, 2008

    More Thandi so waar die beloftes is daar vir ons,die vraag is net wat belei ons oor ons.Wonderlike post.
    Jesus groete
    Magrietjie

  3. gingermary het gesê op April 4, 2008

    Pragtige post Thandi. Geseende naweek!

  4. shlwanjan het gesê op April 6, 2008

    Hiya! Amen op hierdie post. *grin* skrik jy vir kwaai shlwanjan? My blaf is erger as my byt! Wat my post betref: nie kwaad vir locals: sommer teleurgesteld in mensdom in algemeen. Myself ingesluit, dikwels. Dat die Ewige, Volmaakte God ons nog steeds liefhet bly ‘n bewys van Sy ewige genade. Onbegryplik.

  5. Magrietjie het gesê op April 6, 2008

    Wil net gou kom hallo se.Miskien moet jy ‘n roos op my blog vir jou kom haal.
    Jesus liefde en groete vir ‘n wonderlike week.
    Magrietjie

  6. shlwanjan het gesê op April 6, 2008

    Het vir jou reply gelos by my – of eintlik het P die tikwerk gedoen…

Los ’n antwoord vir Magrietjie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.