by

Jesus se liefde is wonderbaar.

April 3, 2008 in Sonder kategorie

Vanoggend was ek weer die ene vlees.Het opgestaan sonder vreugde en het besef my fokus is gesteel.Ek het my fokus weggedraai van Jesus en fokus op my eie omstandighede en kon dit nie hanteer.Te veel dinge,te min tyd.Geleidelik met die trekkery en die kunsklasse en die vakansie  het my fokus weggedraai van Jesus,en daar is ek vanoggend toegespin in my eie self.Dit voel soos ‘n vangnet.Ek kon nie verby my eie probleme sien nie…dis net ek en alles om my is te te veel.

Ek weet darm nou al teen die tyd, dat ek dan moet wegkruip.Ek vat toe die heel oggend om sommer by Jesus te gaan sit.Ons ontmoet mekaar altyd in ‘n spesiale tuin van liefde.Net ons twee weet daarvan.Ek kan dan met Hom praat sommer so op my manier.Vanoggend het Hy nie opgedaag nie,ek het gewag en gewag….maar Geen Jesus nie.Ek het toe sommer moedeloos omgedraai en gedink,miskien het ek iets verkeerd gedoen,en dadelik weer myself befin oordeel.

Nie lank nie of daar was ‘n beeld .Dit was Jesus ,maar Hy was stukkend,bloed het van Sy voorkop afgedrup en in Sy oe geloop.Groot soldate het Hom vasgedruk en gewldadig geruk en pluk en in ‘n agresiewe manier met Hom gepraat.Ek kon nie verstaan nie,ek kon net die pyn in Sy oe gesien.Hy het bo op ‘n groot hout kruis gele en hulle het sy arms uitgerek en met hulle kniee vasgedruk.Hy het Sy kop effens na my kant toe gedraai,ek kon tot in Sy oe sien.Ek was laer as Hy en ons gesigte was die selfde hoogte.Ek wou afkyk om nie die afgrysende gesig te sien nie.My hart het stilgestaan,maar my oe was vasgevang dit het Syne ontmoet.Hy het stip in my oe gekyk en dit het verander.Ek kon Sy oe sien sagter raak,ek het gesien hy raak weer rustig en dit het gelyk of die pyn weg raak.Hy het aanhou om na my te kyk en ek het net gehuil.Die woord ween het by my opgekom,dit was ‘n diep onwillekeurige proses van bewuswording was so diep was dat ek dit nie verstaan het nie.

Die beeld het so vasgebrand in my verstand dat dit lewe daar,dit het emosies en groei daar waar dit gebere is.Ek het vanoggend gewonder.Watter deel van Jesus se liefde verstaan ons nie,dit was nie die groot soldate se kniee of die spykers of toue wat Hom daar gehou het nie,dit was net liefde.Ek weet nou dat as ons op die liefde fokus ons die pyn sal kan verdra.Die liefde oorwin alles.Die liefde het daardie kruis oorwin.Vir jou en vir my.Die liefde het Hom daar vasgenael.

Ek weet nou dat as ek fokus op Sy liefde, ek ook elke kruis in my lewe sal oorwin.Nie in eie krag nie,maar uit liefde.Ek moet onderdanig wees aan liefde.

Ek wens ek kon hierdie beeld vir julle hier bysit,maar miskien eendag sal ek dit kan verf en dan sal ek dit vir julle stuur.

2 antwoorde op Jesus se liefde is wonderbaar.

  1. rosegarden het gesê op April 3, 2008

    Hi,
    Dan sal ek vir jou ‘n gebedjie doen dat jy Sy wonderlike liefde intens ervaar.
    Lekker dag vir jou!

  2. Dit is. As ons net nie so gou fokus verloor nie! Lekker dag

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.