Jy blaai in die argief vir 2008 Maart.

by rolienv

Tel op jou kruis.

Maart 17, 2008 in Sonder kategorie

Ek is nog steeds by die kruis.Dit bly in my gedagtes,is ek waardig om Jesus te volg. Hoe kan ek hom volg as ek my eie lewe lief het,as ek nie  my eie lewe sal afle vir Hom nie.Ek weet die woord se die een wie sy lewe lief het, sal dit verloor en ek weet dit is nie ligtelik bedoel nie.Ek lees toe vanoggend hierdie stukkie in ‘n boek.

Andrew het ook Jesus veloon,hy het weggeharloop. Hy het sy eie lewe gevrees en gevlug.Jesus het nog steeds nie opgehou om in hom te groei nie. Hy sou voltooi waarmee HY begin het, selfs na Sy dood en opstanding en hemelvaart het Hy aangegaan in Andrew,Hy het juis daardie swakheid gebruik om Andrew te versterk.

Toe Andrew gewaarsku is om nie in Rome verder te getuig nie, en dat hy sou gekruisig word as hy dit doen.Was hy nie bevrees nie, hy het sy vrees vir sy eie lewe oorkom en het Jesus bo hom gestel en steed getuig van die boodskap wat Jesus begin het.

Andrew is gevange geneem en sou gekruisig word.Soos hulle hom na die kruis gelei het, het hy nie gevrees nie… ek haal aan.

Andrew going toward the place of execution and seeing the cross waiting for him, never changed his expression.Neither did he fail in his speech.His body fainted not,nor did his reason fail him,as often happens to men about to die.He said,”O cross,most welcomed and longed for!With a willing mind,joyfull and disirously, I come to you,being the scholar of Him which did hang on you,because I always been your lover and yearned to embrace you.”

Dit is oorwinning.Dit was nie meer ‘n battle nie, dit was nou ‘n eer.Ek weet ek is nog nie daar nie, maar vind vrede in die feit dat God sal voltooi wat Hy begin het in my.Hy kom al my swakhede tegemoed,hy sal my leer om nie te vlug vir die kruis nie.Ek weet Hy sal my verander en versterk.Ek loof Hom daarvaaor.

Father, in the name of Jesus I ask You to strengthen me through your love and wisdom.Forgive me for drawing back in times of difficulty in order to preserve my own comfort and security.Lord Jesus,this day I choose to deny myself, take up my cross and follow You.I am Your servant;I receive Your grace that empowers so I might speak Your word and perform Your will with all boldness and love.

Breaking intimidation:John Bevere

by rolienv

Jy en jou pa.

Maart 16, 2008 in Sonder kategorie

Stel gou vir jou voor jy en jou pa stap rustig en gesels,jy kom agter daar is iets op jou vader se hart maar luister na sy stories en geniet sy geselskap,en wag maar om te kyk hoe te gesprek gaan uitloop.Na ‘n ruk vertel hy jou dat hy jou moet offer,dat jy sal moet sterf vir die sonde van jou broers en susters.Jy dink eers jy hoor verkeerd,maar omdat jy in so goeie verhouding is met jou vader weet jy hy sal nie so ligsinnig wees oor so iets nie en in gehoorsaamheid tot hom stem jy in.Jy gee jou lewe oor aan jou vader,want jy vertrou hom,jy weet hy sal nie jou lewe vat as dit anders kon nie en vertrou dat dit die enigste manier is om jou broers en susters te red.Jy besef hoe moeilik dit is vir hom om so iets van jou te vra en probeer moedig bly om dit nie nog moeiliker vir hom te maak nie.Jy kry hom jammer want jy sien hy sal eder self hierdie offer wou wees,maar dit is nie moontlik nie.Jy willig in gaan le op die offer tafel oorgegee aan die wil van jou vader.Aan sy plan vir jou en die res wat hom nodig het.Jy voel amper dankbaar om die oplossing te wees en nie die probleem nie.Jy kan sien hoe die probleem op sy hart is,jy weet dit gaan nie oor jou nie,maar oor liefde.Die wat verlore is.Daar op die offertafel voel jy bly…jy is gevind,jy is gered en jy weet hoe groot die liefde is.Sonder ‘n offer sal die liefde nie lewe nie.Jy weet jy moet jouself hier neerle,vir die liefde van jou vader,want sy liefde is groter as die ding wat vir hom die kosbaarste is in sy hele bestaan.Jy weet nou hoe groot sy liefde is.Sy liefde is groter as hyself,verby homself…sy liefde is vir die menigte was sy naam nie ken nie.

Kan ons,ons voorstel hoe moet dit vir Abraham gevoel het om sy seun daar op die offertafel te laat le,sy seun was nie geforseer nie,Abraham was ‘n ou man en sy seun was sterk en sou nie net daar gaan le het, as dit nie uit gehoorsaamheid uit was nie.

Kan ons ons voorstel hoe dit wat vir Ons Vader in die hemel,om Sy seun…sonder sonde,so te sien ly en swaarkry sonder om integryp en hom van die pyn te red…hom vas te hou en te troos,almal om Hom dood te slaan met ‘n bliksemstraal,of Hom van die kruisaf te red…Hy kon as Hy wou.Ons weet dit.Maar Hy het nie,want Hy het dit vir ons gedoen.Totdat dit volbring was.Todat die offer die volle prys betaal het.Alle skuld uitgedelg het en ‘n nuwe testament begin het nie.Todat alles voltii is nie…volmaak afgehandel.

Jesus was gehoorsaam aan Sy Vader tot die einde toe.Sy Wil tot die einde toe.Ek bid dat ek die begrip eendag ten volle in my hart sal verstaan.Ek bid dat ek Sy Wil sal gehoorsaam tot die einde toe.Ek bid dat ek sal glo ek kan dit doen deur Jesus,want net as ek dit kan glo sal ek in oorwinning stap.Oorwinning van vrees vir jou eie lewe.Sal ons in gehoorsaamheid op die offertafel ons wil oorgee aan ons Vader en te volle oorgawe in Sy wil sal rus vind.Ek ken die skrif,ek ken die waarheid…maar in my hart kan ek nie help om te wonder…is ek ‘n Petrus wat die haan sal hoor kraai,of ‘n Jesus.Net Jesus ken ons hart,ek bid dat hy my sal hoor.

Maar van hierdie Petrus ‘n Jesus o Heer,dat ek in U Wil sal lewe,dat ek ieder en elkeen van sonde sal vergewe.Dat ek my wil sal kruisig en die pad sal stap in die voetspore van Jesus.

Ek weet ek is nie eers amper by die gedagte,wat nog te se die daad van die volmaakte offer nie,ek is jammer as my sienings verskil met die van julle,maar ek is nou hier op my groeipad,ek kan dalk oor ‘n jaar saam met julle stem,of julle saam met my.Ons groei is verskillende aspekte van menswees om te verstaan hoe die dinge van geeswees werk.Hoe kan ons probeer om mekaar te vergelyk?

by rolienv

Ek trek uit!

Maart 14, 2008 in Sonder kategorie


Ek trek my uit voor U o Heer ek trek nou alles uit
ek wil nie meer in skaamte staan en wonder waar ek is
ek haal nou eerste af my hoed,kyk in my kop van wat ek my mis gis
was my kop met U heerlikheid,hernuwe my verstand
gee vir my U helderheid dat ek met wysheid in die hand.

Nou haal ek af my baadtjie ,want ek hoef nie meer voor te gee
U weet tog wie ek is,U het dan my hart in U hand
die baadtjie laat my nie meer belangrik voel nie,ek wil net soos U wees
gee my ook ‘n kleed soos Jesus  wat sonder sonde geuig en krag
stof my af van die verlede en trek my skouers op
in U is ek waardig of oral vir U te gaan

Ag Heer en vat tog hierdie hemp ook
laat ek so voor U staan,kyk net na my hart Heer
was my weer soos sneeu Heer, soos U was voor die kruis
maak my tog so dapper Heer dat ek ook kan regeer
dat ek sal gaan net waar U wil en dat niks voor my sal staan
dat ek niemand sal oordeel of met lang preke sal verveel
dat hulle weet verseker niemand kan U liefde steel

Hier is my broek ook Heer,ek wil dit nie meer dra
Ek sal nie meer my bene vou en net sit ek kyk
ek sal nie meer wag hier op my stoel tot dinge hier gebeur
ek trek uit heirdie broek dat U lewe deur my sal vloei
dat U hulle sal laat opstaan en nie langer teen U stoei
versterk hulle met U krag gedurende elke dag

Hierso is my skoene ook…ek trek nou die hakke uit
dat ek kaalvoet en nederig op U voetspore kan loop
dat ek nie sal wankel en dorings my nie beseer nie
U het reeds die pad gestap ek weet ek kan net trap
ek dankie dat U Gees my ook deel maak van U
dat ek ook op U weg na die hemeltroon kan bly

Ek sit nou U helm op wat my beskerm teen die pyle
U het my verlos  van my verlede en hernuwe in die Gees
Ek het ook nou ‘n uitrusting vir oorlog aan
‘n wapen teen die vyand en sy leer
my borsplaat maak U styf vas
want in U is ek geregtig en bevoeg
U beserm my hart en lewe met U eie hand

Hierdie stryd is reeds gewonne,ons herinner hom net daaraan
U is die oorwinnaar van die lewe en die dood
ek weet my voet sal nie wankel nie want ek het U skoene aan
Ek gordel my in waarheid dat ek uit U woord sal praat
dat elke woord uit my mond U krag sal dra
Dan tel ek op my swaart ek trek hom deur die lug,
elke ondier sal mos dadelik in U teenwoordigheid af vlug

U  is my skuld waaragter ek kan skuil
ek is nie meer arm nie en ook nie meer vuil
ek glo en elke woord wat ek van U ontvang
en niks kan my meer verhinder,vir niks is ek meer bang
U is my sterkte en my ere,U hou altyd wag oor my
U noem my U kind en ek is nou waarlik vry

by rolienv

In beheer?

Maart 12, 2008 in Sonder kategorie

 
  
  


Ek wil net vir julle hierdie storie vertel.

Ons was Desembermaand in Zimbabwe en het in die middel van ‘n wildpark  vasgesit in die modder.Ons het besluit om dinge te vat soos dit kom,en na vele gesukkel kon ons nie die bakkie uit die modder kry teen sononder nie,en het besluit ons gaan maar oornag daar in die middel van allles en niks.Die twee groter kinders het toe agter in die bakkie geslaap,die kleintjie agter by ons en ek en my man voor.Ons het al hoe stiller geword soos die donker nader gekruip het en niemand het enige iets  gese nie, maar daar was ‘n atmosfeer in die lug.

Dit was oujaarsaand en ons het eintlik ander planne gehad(nodeloos om te se)maar 8uur die aand was ons al gereed vir “bed” weens ‘n gebrek aan opsies.Stilte was nog nooit so tasbaar nie.Dit was asof ons vasgehou is deur die omstandighede en ons in ‘n rolprent was.Dit was asof iets jou verstand te bowe gegaan het. Asof jou logiese denke vervang is nik…niks gedagtes….niks emosies….niks.Ons het net geobserveer.Elke keer as vrees in my opgestyg het het dit submit aan iets ver bo my.

Ons het so in die stilte ,in die vreemde,sonder ons Muskiet spruitgoed en room tussen die muskiete aan die slaap geraak.Elkeeen met sy eie gedagtes.Alles ten volle in beheer.(Nie ons beheer)

Teen middernag het ek wakker geraak en kon nie glo die hoeveelheid vuurvliegies om ons nie,dit het soos vuurwerke gelyk en was die mees asemrowendste gesig wat ek ooit gesien het.Reg rondom die bakkie.Ek het net so doodstil gesit en gekyk.Ek kon nie help om aan die leeuspore langs die pad te dink nie, en die leeus was ‘n groot realiteit,omdat ons hulle gehoor brul het die vorige nag.Ek het so agteroor gele en dink aan Daniel en hoe hy moes voel toe hulle hom in daardie leeukuil in geneem het,ek het altyd die persepsie gehad dat hy moes spartel en baklei en vreesbevange daar tussende leeus geval het.Ek het daardie nag besef dat geloof sterker as vrees is.Daniel was ten volle in beheer van homself,hy het geen vrees gehad nie,want vrees is die teenoorgestelde van geloof.Hy het in volle geloof daar gesit en heelwaarskynlik die Here geloof en prys.Die beginsel van vlees het vir my begin sin maak. Ek het geweet dat die Heilige Gees in beheer is van ons situasie en dit is waarom ons vlees nie in vrees uitgebars het en histeries begin gil en skree nie.(want dit is wat my kop wou doen.)Ek het besef dat ons regtig tot enige iets instaat is as die Heilige Gees in beheer is.

Ek het gebid en met die Here gepraat en vir hom gevra om ons te help en iemand te stuur om ons te kom help.Dit was stil…ek het ‘n beeld gekry van ‘n bakkie met swartmans met gewere en ‘n witbakkie.Toe het vrees my oorval en ek het gebid dat die Here ons moet red teen die terroriste en ons moet spaar.Na ‘n langspartel met hierdie afskuwelike beeld en my eie verbeeldingtog wat hulle aan ons gaan doen,het ek weer rustig geraak in die arms van die Here en ervaar Hy sal ons help,maar ons moet stap.Hy sal ons beskerm soos Hy Daniel beskerm het.Ek het vrede daarmee gehad,maar daar het elke nou en dan  ‘n gedagte van “se nou maar net”op gespring,wat dan weer verdwyn het.

Die volgende oggend 5uur toe dit ligraak,het my man wakker geraak met die belaglike idee dat ons moet stap.9Km tot by die kamp,verby die leeus en krokkedille….en tog omdat dit bevestig het wat die Here vir my gese het, was ek gemaklik daarmee.Die kinders was ook heel genoe met die idee en ons het die bakkie besluit en begin stap.Ins die modder kon jy duidelik die leeuspore  en hainas spore sien.Elke keer het die vrees opgekom en weer afgegaan.Op ‘n stadium toe ek begin dink aan wat ek gaan maak met die kleintjie as daar ‘n leeu uit die bos kom het paniek om oorval,maar self toe het dit submit aan iets in my,hoer as ek.Die prentjie van Daniel wat so rustig tussen die leeus sit was vasgebrand in my verstand en ek het elke sekond weer terug gegaan daarna,dit was asof ek langs hom gesit het in daardie leeukuil.

In die einde van ons tog het ons daar aangekom …veilig.Ek het die kleintjie gestort en my ander dogter het vir ons lekker Milo gemaak,want ons het sommer lekker nagereen en was vol modder.My man en my seun het gaan hulp soek. Hulle het met die parkopsigtier gaan praat en hulle se hulle was reeds bewus van ons wat nie huis toe gekom het nie, en was van plan om ons te gaan soek.Hulle kon nie glo ons het deur die park gestap nie en het my man en seun opgelaai en nog gamerangers opgelaai en die bakkie gaan uittrek.Toe hulle terugkom met die bakkie het ons hulle vergoed en toe hulle daaraankom was dit die bakkie met die gamerangers op wat ek as terroriste afgemaak het,net so met hulle klere en AK47 gewere,net soos die beeld in my kop.Ek het besef,ek het die beeld vberkeerd geintreperteer en het geweet die Here het my swakheid tegemoed gekom.Hy sou vir ons hulp gesuur het.Maar wees oorlewerings en persepsies sou dit vrees by my uitlok en het ons op ‘n ander manier beskerm.Hy het inplaas van die AK47 gewere vir ons JAK4:7 gegee.

Hoeveel van God se boodskappe verwerp ons nie welke dag nie,omdat ons nie van die prentjie hou nie.Ek weet God is ons Almagtige Vader en as ons die Heilige Gees in beheer het, sal ons nie vrees nie,Hy gaan ons verstand en logiese denke en emosies ten bowe.Hy is so in beheer.Ons moet oefen om ons vlees te submit aan die Heilige Gees. Hy word so deel van ons dat dit later vanself kom.Ek weet Hy is soveel meer as ek,ek kan net buig in aanbidding.Wat is ek dat Hy aan my dink?Ons gees kan nie vrees nie,so alle twyfel,vrees,luste,en alles wat jou laat struikel,dit is Adam.Laat hy buig voor die die Here.Jesus is ons nuwe Adam,ons is nie meer slawe van ons vlees nie,nie meer slawe van sonde nie.Jesus is in beheer.Elke knie sal buig.

by rolienv

Sy liefde

Maart 11, 2008 in Sonder kategorie

As ons nooit so ontvang is in ons ouer huis nie, en as ons hierdie liefde nie ken nie.As ons nie die begrip vergifnis verstaan nie,hoe kan ons die offer aanvaar.Is jy ooit so vasgehou deur jou vader of moeder,ken jy die warm hart van liefde.Weet jy hoe dit voel as iemand onvoorwaardelik lief is vir jou,as iemand net goed in jou kan raak sien.Weet jy hoe dit voel as jy iets verkeerd gedoen het en jy word nog steeds in liefde ontvang,jy is reeds vergewe.Kan jy jouself indink dat jy niks hoef te doen nie…alles is reed gedoen,jy moet net oorgee…orgee aan die liefde.Maak jou oop vir liefde,laat dit toe om in te kom.Maak jou oop vir liefde.Ken jy liefde?Daar is geen vrees in liefde nie.Geen voorwaardes,geen oordeel,jy is goed genoeg net soos jy is,jy is bedoel vir liefde.Word stil vandag en laat Jesus jou hart ontvanklik maak vir Sy liefde.Laat Sy lig deur jou are vloei en al die duister verdryf,laat Sy liefde jou omvou en jou verseel en laat dit elke sel in jou liggaaam nuut maak.Laat Hy jou weer hoop gee op ‘n nuwe begin.Skoongevas en Heilig,sonder gebrek…volmaak .Laat Hy jou oe en jou ore oopmaak dat jy na jouself sal kyk soos Hy na jou kyk.Jy is Sy koningskind,Sy geliefde in wie Hy welbehae het.Laat Hom toe vandag om jou in Sy arm vas te hou. Moet niks se nie,bly net stil,Hy wil jou net vashou,laat Hom toe om daardie seer en daardie pyn te verteer met sy warm liefde.Sy liefde sal jou vul en jou verander.Sy liefde is volmaak,sonder oordeel,vol vergifnis,vol genesing,volhernuwing.In Sy volmaakte liefde kan ons oorgee,ons kan alles waaraan ons klou los,ons kan alles wat ons vrees laat gaan,in Sy liefde kan ons laat gaan,ons is veilig, heilig,verlos,gered,gevind,Hy weet alles,vergeet alles,begin alles,en gee alles…Hy is volmaak vir jou geoffer.

by rolienv

Selfmutilering

Maart 10, 2008 in Sonder kategorie

 mhttp://etd.unisa.ac.za/ETD-db/theses/available/etd-07032007-081545/unrestricted/dissertation.pdf

Die siekte van die tyd.Hoeveel kinders loop nie op die skoolgrond met snye en krappe om hulle liggame nie.Wonde wat hulle self veroorsaak .Herhaaldelike beserings net om van die emosionele doodsheid ontsla te raak. Kinders  emosioneel so gewond is dat die doodsheid van binne nou met fisiese pyn verruil word, net om daar gevoel te kry van “Ek lewe”Hierdie is die ergste vorm van “Die mensdom wat verkeerd gegaan het”Die kind ,gevaal deur gesag.(Uit onkunde)
Hoe lank wil ons nog in die voetspore van ons ouers loop,as dit vir ons net hartseer gebring het.Ons is almal intelligente wesens met ‘n wete van reg en verkeerd.Ons kinders kry swaar.Help hulle asseblief,indien joune nie hulp nodig het nie, wees dankbaar en help iemand anders s’n wat niemand het nie.Jy mag dalk jou gesigwegdaraai van die probleem,maar jou kind gaan nie.

Kennis is mag. Lees op oor heirdie siekte en help die kinders om jou.Jy het die mag.As niemand daar vir jou was nie, wees daar vir iemand.Dit wat jy saai sal jy maai.As jy groen koring op jou land het, moet nooit oordeel nie.As jou kind deel van ‘n skool is, is jy ook deel van daardie skool. Jy is dus deel van die goeie en die slegte.Jy het dus die verantwoordelikheid om ‘n gesonde omgewing vir jou kind te skep.Staan dan in eenheid en gebruik alles wat jy het om te help.Al maak jy net vandag ‘n verskil.Hou net op oordeel. Kinders tel oordeel in hulle gees op.As hulle net aanvaar word vir wie hulle is in hulle omstandighede sal hulle self wardering kry vir hulle lewe,en uitstyg.
 As jy dan met niks kan help nie, hou net op met oordeel.

by rolienv

Anargie

Maart 10, 2008 in Sonder kategorie

Ek weet nie hoeveel van julle is bewus van die bewustheid onder ons kinders van die die woord anargie nie. Hulle weet nie regtig wat dit beteken nie,maar dit is ‘n tedens onder die tieners om ‘n hoofletter A op hulle linker hand uit te krap met ‘n skerp voorwerp.Dit gaan ook baie gepaard met die herhaaldelike snye op dioe polse,nie baie diep nie,net diep genoeg om die vel te breek.Die twee hou glad nie verband met mekaar nie, maar die een ly tot die ander.

Die hartseer van die saak is, dat die ouers nie eers bewus is van die merke op die kinders se liggame nie,dit begin met tekenninge met pen.Die hoofletter A is die simbool van anargie en dit is belangrik dat ouers die betekennis van hierdie woord en simbool ken om hulle kinders te help.

Anargie is ‘n toestand waarin geen reels of gesag aanvaar word nie, die betrokkennes is teen alle sisteme,alle reels,alle gesag en orde.Die groep sukkel die heeltyd om van gesag ontsla te raak en isoleer hulle heeltemal van enige gesag.Hulle is dus vry van gesag en breek  weg van alle sisteme.Hoe neem nie deel aan enige iets by die skool nie, en vorm nooit deel van enige groep nie.

Kinders wat deel is van anargie word dus geissoleer van hulle gesin,hulle skool,hulle vriende en familie. Hulle dink hulle breek weg van die hoofstroom,en is baie “weird” en “wonderful”en probeer enige iets om hulle “andersheid” te beklemtoon.Hulle is stroom op die heeltyd en gebruik al hulle energie om uittestaan en weg tekom van outoriteit.Hulle vorm hulle eie “underword” waarin hulle maak en breek soos hulle wil.Tot harseer en fustrasie van die die wat lief is vir hulle en moet toekyk hoe hulle hulleself vernietig.

Die hartseer van dit alles is dat die eensaamheid hulle onderkry en en dan kom verwerping en vreet hulle op. Omdat hulle hulle self so issoleer van die ander is hulle op die ou end alleen en word nie aanvaar deur die mense om hulle nie, hulle kan nie meer terug kom nie en hulle kon ook nie langer so as “outsiders” lewe nie, die verlange om terug te kom raak vir hulle baie erg en min mense kan regtig hierdie groep help om weer terug na nie “realword”toe te kom.

Ek het baie oor hierdie onderwerp gelees en sien hoe ons kinders wegsink in die “underworld” sonder dat die ouers agterkom.Hierdie is ‘n baie ernstige toestand en is nie net ‘n modegier nie, dit is ‘n gat waarin ons tieners val.Help hulle asseblief,hulle kry baie swaar.Hulle is alleen en kan nie alleen hier uit kom nie.