by

Weet jy Wie na jou kyk?

Maart 31, 2008 in Sonder kategorie

 

Ek glo nie daaraan om ‘n beeld te he van hoe Jesus gelyk het nie, en probeer om so ver dit vir my moontlik is om geen persepsies te koester oor hoe Jesus gelyk het en hoe Hy was nie,maar hierdie gedagte wat hier uitgebeeld is gaan so baie deur my gedagtes.Wat moet Jesus dink,wat voel Hy wat gaan deur Sy Gees hier op aarde.Dis so volmaak geskep…tog is dit so stukkend…weet hulle dan nie wie Ek is nie.Ek is die Grooot Ek is…Ek is liefde.Ken Hulle my nie?Hoor hulle My nie?

Ek kan nie begin om te dink wat Hy moet dink nie.Tog weet ek Hy het ‘n siel,want die Bybel se so,Hy het ‘n intellek so ver bo ons dat ons nie eers kan begin om te verstaan nie die hoekoms en waaroms nie,Hy het ‘n DNA en  Hy het  ‘n Wil  van Sy eie en ‘n Wil vir Sy skepping,alles daarin.Alles  om jou,bo jou ,onder jou en in jou alles van jou en alles vir jou.Hy het ‘n wil vir jou.Wie is jy dan dat die grote God aan jou dink.Dat Hy gedagtes oor jou koester.Dat Hy verlang na jou.Wie is die mens dan?

Miskien is dit tyd dat ons weer vir Job gaan lees,daar is iets omtrent Job wat verstaan het,wat geglo het en wat tot die einde gehoop het.Wat is ons nou eintlik?

Weet jy dat Jesus jou lief het.Weet jy dat Hy altyd van jou hou.Weet jy dat jy vir Hom kosbaar is,net soos jy is.Jy is spesiaal vir HOM.

7 antwoorde op Weet jy Wie na jou kyk?

  1. rosegarden het gesê op April 1, 2008

    En om te dink ons gaan eendag vir ewig by Hom wees!
    Geseënde dag vir jou.

  2. gingermary het gesê op April 1, 2008

    Hey Thandi, baie dankie vir jou draai op my blog… Jou post is pragtig, dit sluit baie goed aan by my gunsteling DVD, Indescribable… Ons word partymaal vasgevang in die aardse reis, so dit is belangrik dat ons elke nou en dan herhinner word hoe insignificant en klein ons is, en hoe ongelooflik groot God is… Die beste van dit is : HY KEN ONS ELKEEN OP ONS NAAM!

  3. shlwanjan het gesê op April 1, 2008

    {-;

  4. shlwanjan het gesê op April 1, 2008

    Ek en Pilgrim gaan jou dalk nog opvat op daai koffie-uitnodiging…

  5. graansie het gesê op April 2, 2008

    Dis ‘n pragtige pos hierdie Thandi!
    Ek wonder ook soms wat moet die Liewe Vader dink as Hy sien wat maak Sy kinders hier.
    Baie blessings daar vandag 🙂

  6. Magrietjie het gesê op April 2, 2008

    Ja Thandi alles wat jy se is so waar.Ek het al baie dae as ek die dinge sien,gewonder wat ons Hemelse Vader dink as Hy meer sien as wat ons sien of van weet.Mag jy ‘n geseende dag geniet.

    Batty’s challenge: HUGS!vir jou vir die dag.
    Blessings
    Magrietjie

  7. shlwanjan het gesê op April 2, 2008

    Hallo! Ons is nog hier tot volgende week. Hoe lyk dit met ‘n koffie Maan- of Dins hier by die Harbour Island Boardwalk?

Los ’n antwoord vir graansie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.