by

‘n Sonstraal.

Maart 28, 2008 in Sonder kategorie

“Jesus roep my vir ‘n sonstraal,om elke dag te skyn.Om te behaag is my strewe,al is my liggie klein.”La la la la….

Ek kan so goed onthou hoe baie ons hierdie liedtjie  op skool gesing het..Vanoggend kan ek nie die woorde meer onthou nie,ek weet net dit is ons roeping.Om te skyn vir Jesus.Sy warmte te bring in die koue van iemand se hart.Om Sy lig te bring in die donker van iemand se verstand.Om Sy weg  te bring vir iemand se vedwaalde siel.Om so stukkie van Jesus se karakter vir iemand te wees.Om Hom te verteenwoordig waar Hy nie is nie.Om Jesus groot te maak in iemand klein.

Ai,wat ‘n roeping ,en hoe het ek dit gemis.Wat sal ‘n groter eer wees,as om Hom te verteenwoordig.Vir Hom te lewe.Wat ‘n roeping.Wat ‘n lewe.

Mag ek gehoorsaam wees aan God se roeping en,mag ek Hom regtig eendag kan behaag.Sal ek altyd daarna strewe,of sal ek ‘n ware sonstraal wees.?

O Vader maak my my ‘n sonstraal,om elke dag te skyn,om U te behaag is my strewe,al is my liggie klein.Amen.

3 antwoorde op ‘n Sonstraal.

  1. Magrietjie het gesê op Maart 28, 2008

    Ek onthou dit so goed.Dankie vir ‘n wonderlike blog.Daar is ‘n drukkie op my blog vir jou.Lekker naweek.
    Magrietjie

  2. rosegarden het gesê op Maart 31, 2008

    There’s not enough darkness in all the world to put out the light of one small candle.
    Blessings vir jou. Jou sonstraaltjie skyn hier in blogland!

  3. Magrietjie het gesê op Maart 31, 2008

    Haai Thandi ek mis jou jong,is alles ok met jou?Jy moet nie vergeet nie jy is baie spesiaal.
    Blessings
    Magrietjie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.