by

Jesus leef.

Maart 24, 2008 in Sonder kategorie


God is good…all the time!

Dis al waaraan ek kan dink,in elke situasie al lyk dinge nie goed nie,kan ons verseker weet.Al lyk dinge nie vandag goed nie hierdie swakheid sal jou sterkte word.Of dit nou jou huwelik of jou jou verhouding met jou kind ,of finansies is,en onthou voor elke stilte is daar ‘n storm.As dinge so chaoties deurmekaar is dat dit vir jou voel jy kan nie meer lewe nie,wag net nog ‘n dag.Later sal jy sien jy het gedink jy kan nie nog ‘n dag nie en nou is die dag verby.Dit raak makliker om te glo.Ons gaan verby ons eie krag en besef dit is nie ons eie krag nie ons leef in die moeilikste omstandighede in God se krag.Ons raak bewus daarvan.As ons konstand bewus is van die krag wat ons te bowe gaan sal ons vrede maak en makliker oorgee aan God.Ons sal dan later in vertroue begin wandel en weet God is daar.Dit is nie ‘n emosie nie,dit hoef nie so te voel nie,dit is ‘n feit.Hierdie feit raak dan die setel van jou bestaan.Die wete dat God in beheer is.Al die tyd.Hoemeer ons bewus raak van hierdie feit hoe meer gaan dit manifesteer in ons lewe.God se goedheid sal deur ons begin vloei,eers druppels,dan stroompies en fonteintjie en later sal dit met soveelkrag uit ons spuit dat niemand sal kan staan voor die krag waarmee God se goedheid deur jou spruit nie.

Maar ons begin om te weet in heidie chaos…is God in beheer,en na alle storms is daar stilte.Hoe jy net jou oog op Hom.As jy die ligtoring in die storm volg al sien jy niks wat bekend is of sin maak nie.Al het jy nie meer krag nie.Al kan jy nie meer nie,vrees het jou oorval en jy is moeg en seer.Hou jou oog op die ligtoring…Hy bly altyd die selfde …Hy is getrou.Dit is so.Brand hierdie prentjie vas in jou verstand.Kyk lank na hierdie man in die deur,stel jou voor dit is jy en die storm wat woed op die oomblik in jou lewe.Hy staan weg van die reelings af,hy weet as hy oor die reelings val is Hy in die storm.So moet ons ook in God se reels bly,nie op die grenslyn nie, maar naby aan hom.Ons is partykeer nuuskierig en bly langs die reelings,dit maak dit net makliker vir ‘n brande om ons mee te sleur.Bly by God,Hy is ons beskerming.Sy reels is daar om ons te beskerm.Wees lief daarvoor.Respekteer dit.Kyk hoe staan hy daar met sy hand in sy sak,hy le nie opgekrul op vloer en huil nie,hy staan en bewonder hom aan die storm buite en weet hy is veilig.Sit vir ‘n rukkie en dink oor hoe jy die storms in jou lewe hanteer.Staan nou stadig op in jou gees en gaan staan in die deur,sit jou hand in jou sak en kyk na jou storm,en weet jy is in die hande van God die Almagtige sy hande.Sy hande is om jou soos daardie ligtoring.Hy self sal hierdie storm uitsorteer. Erken Hom net vir wie Hy is.Vertrou Hom.Skuil by die Allerhoogste…sit jou hand in jou sak en bewonder jou aan hoe Hy hierdie storm gaan stil maak.

Ek weet verseker Jesus het vandag opgestaan…Hy het hierdie sorms in ons lewe een vir een oorwin.Hy het hierdie trane vir ons gehuil,Hy het klaar hierdie mense in ons lewe wat ons so verloon en seermaak vergewe…Hy weet ons weet nie een wat on doen nie.Hy het ons vergewe,kom ons vergewe maar vandag vir mekaar.Ons weet Hy het geweet wat Hy doen.Vader vergewe hulle,hulle weet nie wat hulle doen nie.Hy het geweet as ons die dag besef gaan dit te laat wees.Ons weet nou,is dit nie net die minste wat ons vandag vir Jesus kan doen nie,kan ons nie maar in hierdie lyding waardeur ons gaan soos HY gegaan het,vergewe nie.Namens die vyand vergifnis vra nie?

Hy het aan die einde van die lyding gedoen,dink jy nie vandag dit sal jou lyding verkort as jy vergifnis vra vir die wat jou seer maak nie.Kom vry van daardie bitter en haat.Laat nou gaan en staan saam met Jesus op in ‘n nuwe lewe.

Julle moet hierdie dag geniet en voel die Gees van Jesus lewe in jou.Dit is nie ‘n gevoel nie,dit is so,raak net bewus daarvan.Amen!

3 antwoorde op Jesus leef.

  1. More Thandi.

    Pragtige post – foto, boodskap en net die herinnering dat Paasfees nie oor eiers en hase gaan nie.

    Wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan of in ‘n moeilike situasie is, se ek vir myself: “God sal niks jou kant toe laat kom as Hy weet jy kan dit nie hanteer nie.” En natuurlik met God aan jou kant kan jy ALLES hanteer!

    ‘n Geseende week vir jou en die familie.

  2. pilgrim het gesê op Maart 24, 2008

    Hello daar! Dankie vir die inloer 🙂 Sjoe, lieflike foto hierdie! En ‘n stunning inskrywing … thanx!

  3. Cosmos het gesê op Maart 25, 2008

    Pragtige foto. Jou eerste paar sinne laat my nogals dink aan die post wat ek nou net gedoen het…is daar ‘iets’ in werking vandag?
    Lekker dag
    PS. Ou Esme moet maar liewer wegbly, hierdie vrou is nie een vir tierlantyntjies en fieterjasies nie ;-p

Los ’n antwoord vir pilgrim. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.